Soek jy ‘n planmatige deurlees van die evangelies van Jesus Christus?
Die vier evangeliste verteenwoordig met vier simbole: Matteus, ‘n gevleuelde mens, Markus, ‘n gevleuelde leeu, Lukas, ‘n gevleuelde bul, en Johannes, ‘n arend – https://ancientwordtour.wordpress.com/2013/06/
Begin by Markus wat ‘n vergelykende lees van Markus, Matteus, en Lukas is, met twee gedeeltes uit Johannes wat met Markus verband hou. E-pos my vir ‘n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat ‘n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!).
Arnau van Wyngaard het in 1988 die streeksinode van Noord-Transvaal van die NGKA in Mamelodi bygewoon. Die hoogtepunt (min of meer die enigste, sê hy!) van die week was Bybelstudies oor Lukas & Handelinge wat elke oggend deur David Bosch gelei is. Dit was ‘n belewenis! Hy het destyds ‘n kopie daarvan in die hande gekry.
Met die toestemming van Annemie Bosch het hydit nou in ‘n elektroniese formaat verwerk vir gebruik op ‘n Kindle, of een van die baie ander e-lesers asook in PDF-formaat vir diegene wat dit wil uitdruk.
Jy is welkom om dit gratis af te laai en om dit gratis te versprei.
Vir my was dit ‘n belewenis om deur hierdie materiaal te werk. Ek het dit ook nou in ‘n preek oor Lukas 4 gebruik.
Paulus kom terug na Efese na sy reis na Masedonië, Griekeland, waar hy vir drie maande bly terwyl hy die gelowiges oral bemoedig. Dit is opvallend hoe baie gelowiges uit die verskillende stede waar hy die evangelie verkondig het saam met hom reis, ’n hele gevolg, wat die krag van die evangelie demonstreer.
Paulus reis dan weer terug na Troas (Turkye), waar hy – soos Petrus Dorkas uit die dood opgewek het – ook vir Eutigus uit die dood opwek, wat die gelowiges, ten spyte van hulle vaak lywe, buitengewoon bemoedig het.
Terwyl hy reeds begin het met die reis na Jerusalem, wil hy nog vir oulaas met die ouderlinge van die gemeente in Efese praat en hy reël dat hulle mekaar ontmoet in Milete, so 60 km van Efese aan die kus.
Paulus skryf sy brief aan die gemeente in Efese tydens sy gevangenskap in Rome, net na hy ‘n soortgelyke brief aan die gemeente in Kolosse geskryf het. Ons gaan egter eers die volgende twee dae aandag gee aan die verhaal wat Lukas ons vertel van hulle verskillende besoeke aan Efese, voor ons aan die brief self aandag gee.
Handelinge 18:18-19:40 – God doen wonderbaarlike dinge in Efese
Voor jy die gedeelte lees, is dit goed om net weer te dink aan hoe Lukas hierdie tweede boek van hom skrywe.
Hy vertel met die boek Handelinge die storie van die redding van hierdie wêreld, soos dit ontvou van Jerusalem – die hart van die Joodse volk – tot in Rome – die hart van die wêreldryk en –bevolking.
Hy doen dit in ses groot hoofstukke(elke keer afgesluit met min of meer dieselfde opsommende opmerking oor die verspreiding van die evangelie):
Die verspreiding van die evangelie na Jode in Jerusalem (1:1-6:7);
Die verspreiding van die evangelie na Jode in Judea, Galilea, Samaria en Afrika (6:8-9:31);
Die verspreiding van die evangelie na heidene in Seserea (Noord-Palestina) met Saulus (Paulus) wat tot bekering kom (9:32-12:24);
Die verspreiding van die evangelie na Asië (12:25-16:5) wat alle mense insluit, Jode en Grieke;
Die verspreiding van die evangelie na Europa (16:6-19:20) wat alle mense insluit, Jode en Grieke;
Die verspreiding van die evanglie na Rome via die gevangeniskap van Paulus (19:21-28:31) wat alle mense insluit, Jode en Grieke.
Die verhale van die gemeente van Efese val aan die einde van hoofstuk 5 en die begin van hoofstuk 6, waarin die evangelie nou die grense na die hart van die politieke sisteme van daardie tyd oorsteek.
die normale verloop van omstandighede (skeepsroetes, reisskedules op grond van weertoestande, die stormwind Eurakilon) en die keuses van leiers (die keuses van die Julius en die kaptein en eienaar van die skip)
asook in die insette van God self (engel).
Die impak van verkeerde keuses word deur God ingespan en oorkom om sy wil te laat geskied. Dit is ook opmerklik dat Paulus tree-vir-tree deur God gelei word,
aanvanklik met sy eie insig dat daar lewensverlies kan wees (ek sien) wat doodgewone “common sense” is,
en later met God se insig, dat daar geen lewensverlies sal wees nie, aan die hand van die gesig wat hy van die engel kry.
God gebruik beide normale maniere as abnormale maniere om sy wil ten uitvoer te bring.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar