Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie
Markus
Hiervandaan is Jesus na Dalmanuta toe waar ‘n aantal Fariseërs met Hom begin redeneer oor ‘n wonderteken. Jesus sug (‘n ander tipe sug as met die dowe man!) oor hulle poging om Hom op die proef te stel. Hy het immers net tevore brood vermeerder, wat tog ‘n duidelike wonderteken is, en verklaar stellig dat hulle beslis nie ‘n teken sal kry nie. Hulle kies om nie te sien nie! “Hy het hulle daar laat staan” en weer na die oorkant na Betsaida vertrek.
Op pad oor die see draai die gesprek weer oor die tema van brood, met Jesus wat in beeldspraak verwys na die wyse waarop die suurdeeg van die Fariseërs mense kan verblind. Suurdeeg is deur die Jode as ‘n aanduiding van verderf. Hou ook in gedagte hoe suurdeeg by die Paasfees verwyder moes word uit die huise, om gereinig te word om die Paasfees te kan geniet. Interessant: Paulus sluit by dié gedagte aan in 1 Kor 5:6-8 waar hy verkondig dat Christene soos nuwe ongesuurde deeg moet wees, vol van reinheid en waarheid.
Die dissipels verstaan Hom egter verkeerd waarop Hy hulle skerp aanspreek oor die gevaar wat hulle bedreig; dat hulle wat in die binnekring is en van beter behoort te weet, eintlik net soos die buitestaanders en spesifiek die Fariseërs die wonder van God se teenwoordigheid kan mis, al sien hulle wat min ander ooit kon sien. Jesus wys dan na die twee wondertekens rondom die brood (anders as met die Fariseërs ) om hulle tot begrip te probeer lei.
Dit tref my hoe blind mense is wat nie wil sien nie, die Fariseërs, en teenoor hulle, hoe blind ander mense is wat sien, maar dit nie reg kan onderskei nie, die dissipels. Die enigste een wat dieper insig toon, is die heidense vrou van gister, wat eintlik dié voorbeeld raak van iemand wat Jesus se ware aard verstaan.
Matteus
Lukas vertel nie dié verhale nie.
Matteus gee ‘n heeltemal ander inhoud aan Jesus se gesprek met die Fariseërs – nie verrassend nie, omdat die gesprek nie verbatim weergegee word nie – en wys hulle versoek vir ‘n teken af met die voorbeeld van die tekens van die weer teenoor die tekens van die tye. Met die eerste is die Fariseërs goed, met die tweede glad nie. Daarom sal net een teken vir hulle gegee word, die teken van Jona, wat heel moontlik na die episode in die vis verwys, as beeld van die dood en opstanding van Jesus.
Matteus onthou anders as Markus dat daar glad nie brood in die skuit was nie (nie eers een nie!). Hy beskryf ook die dissipels as kleingelowiges en sluit af met ‘n verwysing na ‘n dieperwordende begrip, verder as die letterlike, by die dissipels dat hulle versigtig moet wees vir die leringe van die Fariseërs.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - Jan 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - Jan 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - Jan 22, 2010
- Die boodskap van Markus - Jan 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - Jan 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - Jan 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - Jan 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - Jan 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - Feb 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - Feb 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - Feb 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - Feb 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - Feb 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - Feb 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - Feb 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - Feb 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - Feb 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - Feb 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - Feb 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - Feb 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - Feb 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - Feb 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - Feb 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - Feb 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - Feb 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - Feb 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - Feb 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - Feb 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - Mar 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - Mar 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - Mar 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - Mar 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - Mar 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - Mar 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - Mar 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - Mar 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - Apr 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - Jan 8, 2018
blindheid, Jona, kleingelowig, suurdeeg, wonderteken
deonkellermann
Dankie Chris, Dis lekker om deel te wees al sit ek in Ierland
Chris van Wyk
Die Bybel is dié ding wat ons saambind! En dit bind ons oor alle grense saam. Dis heerlik om 'n “internasionale” gemeenskap te begin kry met die Bybelskool, met jou in Ierland en Stephan in Japan en nog 'n eie familielid Franci in Engeland!
Deon Els
Dis vir my opvallend dat die mense in die tyd van Jesus al die tekens van die tyd en Sy bestaan miskyk. Ons sien dit vandag in ons gemeenskappe en selfs in die kerk. Vandag word ons gedagtes oor kerk en oor God grootliks bepaal deur ons ervarings en wat in ons lewens gebeur. As ek dink aan my eie reis met God dan beleef ek 'n stukkie van daardie verdofde beeld van God. Ons verhouding met God is aanhoudend besig om te groei en ons lewe word aanhoudend getransformeer. Dis hartseer dat mense God nie kan sien nie, of kies om Hom nie te sien nie. Hoe “sien” die blindes God in ons, en in ons kerk? Die oorsteek van grense sal sentraal deel moet vorm van ons gedagtes…