27 Jun2011
Kulture
Ek gee ook enkele aantekeninge oor die 3 van die kulture wat jy in jou leeswerk sal teëkom:
Jode
- Twee groepe:
- Jode in Palestina
- Jode in die verstrooiing (diaspora)
- Sinagoges dikwels die aanknopingspunte vir die apostels.
- Uiteenlopende godsdienstige partye met verskillende politieke aksente:
- Fariseërs – godsdienstig konserwatief, vroom, eie stel wette (2 eeue v.C in tyd van Makkabeërs ontstaan).
- Sadduseërs – godsdienstig liberaal, aristokraties, meerderheid in Sanhedrin (Joodse Raad).
- Esseners – sterk moralisties, tog nie wetties, intense Skrifstudie by die Dooie See – 1948 Dooie See rolle!
- Selote – fanatieke opposisie-party teen die Romeine, ondergronds, gewelddadig: Simon, “die fanatikus” (Selotes) was ‘n dissipel (Luk 6:15); Judas, die Galileër (Hand 5:37 – genoem in die toespraak van Gamaliël in die verhoor van Petrus en Johannes voor die Joodse Raad) waarskynlik hul leier.
- Skrifgeleerdes – rabbi’s uit geledere van beide die Fariseërs en Sadduseër – intense studie van die Ou-Testamentiese wet (Tora = Pentateug).
- Herodiane – lojale ondersteuners van die Herodes konings in diens van die Romeinse ryk – in opposisie met die Fariseërs (Matt 22:16 – soms het hulle saamgesweer!).
Grieke
- Nie meer ‘n politieke mag nie, wel ‘n kulturele en filosofiese mag. Paulus se leringe in die Nuwe Testament (Handelinge 17:18):
- staan veral teenoor die idees van Epikuris (3de eeu v.C.) van die Epikureërs – wat glo dat die grootste goed was om eenvoudige plesier na te streef en pyn te vermy. Dit kon jy doen deur kennis, vriendskap en matigheid. Dit staan teenoor die radikaliteit van die offervaardigheid van Christus en die lewe van gehoorsaamheid aan God in dissipelskap.
- knoop aan by die idees van Zeno (ook 3de eeu v.C.) wat die Stoïsynse beweging begin het – wat klem gelê het op self-beheersing en die regte gedrag ten spyte van impulse van buite af – en transformeer dit in sy toespraak op die Areopagus, waar hy een van die Stoïsynse digters, Aratus, aanhaal: “Ons stam ook van Hom af.”
- Grieks is die amptelike wêreldtaal.
- Nuwe Testament is in koine-Grieks geskryf.
Romeine
- Wet en orde hoog op hulle prioriteitslys – daarom volkere met reg en billikheid behandel.
- Groot invloed, tot vandag toe nog, op regeringsvorme en die regstelsel.
- Nie regtig geïnteresseerd in ‘n komplekse godsdiens sisteem nie – roep die hulp van gode in wanneer hulle dit nodig gehad het.
View all posts in this series
- Lees Lukas-Handelinge deur saam met my
- Fokus op die betekenis van die Skrifgedeeltes
- Lukas-Handelinge se leesplan
- Die evangelies se unieke Jesus portrette
- Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies
- Oorsig van Lukas
- Riglyne vir die lees van Lukas
- Oorsig van Handelinge
- Riglyne vir die lees van Handelinge
- Inligting oor die streke waar die evangelie verkondig is
- Kulture
- Lukas-Handelinge: Twee boeke vir ons tyd – David J Bosch
- Lees die vier evangelies en Handelinge
Tags: Handelinge, Lukas
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/