Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed
En dit is juis dan wat Jesus die gelykenis van die saaier vertel, waarmee Lukas nie net iets sê oor die koms van die koninkryk nie, maar ook oor die wyse waarop Jesus dit uitgevoer het, want die wêreld was Jesus se saailand.
Die wyse waarop Jesus uitspel hoe ’n mens (100 voudige) vrug dra, tref my vandag besonderlik. Wat dié gedeelte sê, is dat vrug gedra word deur 1) bewaring van Sy woorde en 2) volharding in die gehoorsaamheid daaraan. Die geheim van ’n ryk en vol Christelike lewe lê in bewaring of koestering van God se woorde en die volharding daarin.
In kontras met dié wie se vrug verstik word, lyk dit vir, dat vrug-dra beteken om:
- aan die een kant nee te sê vir die verleiding van die rykdom en die genietinge van die wêreld, sowel as vir die verleiding van sorge oor allerlei – beide voorspoed as teëspoed kan ons in ons toewyding laat verslap! – en
- aan die ander kant voluit ja te sê vir God se wil deur die woord van God te bewaar, daarin te volhard, en so vrug te dra.
Soos Jesus dit in die Bergrede – volgens Matteus – gestel het: “beywer julle allereers vir die koninkryk en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (6:33).
En dit alles begin by hoe ons luister.
Let op hoe Jesus in die res van die hoofstuk sy eie gehoorsaamheid illustreer deur die goed te hanteer wat God oor Sy pad gebring het: die stilmaak van die storm, die genesing van Legio, die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, en die opwekking van Jaïrus se dogter.
Let weer op die progressie, soos in die vorige hoofstuk, die wonders neem toe in intensiteit, met die opwekking van die dogtertjie uit die dood, die klimaks. Vir ’n tweede keer suggereer Lukas dus dat die opwekking uit die dood ’n hoogtepunt van Jesus se bediening verteenwoordig … waarvan Sy eie opwekking die finale klimaks sal wees.
View all posts in this series
- WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 - July 21, 2011
- Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe
- Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede - July 22, 2011
- Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here - July 25, 2011
- Lukas 3:1-38 – Jesus is familie van alle mense - July 26, 2011
- Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets - July 27, 2011
- WEEK 2: Lukas 4:14-9:50 - July 28, 2011
- Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes
- Lukas 6:1-49 – Luister en Leef - July 29, 2011
- Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief - August 1, 2011
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed - August 2, 2011
- Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het - August 3, 2011
- WEEK 3: Lukas 9:51-19:44 - August 4, 2011
- Lukas 9:51-11:54 – Gefokus op God en die naaste
- Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar - August 5, 2011
- Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes - August 8, 2011
- Lukas 16:1-17:37 – Dissipels leef met integriteit en genade - August 9, 2011
- Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord - August 10, 2011
- WEEK 4: Lukas 19:45-24:53 - August 11, 2011
- Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid
- Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed - August 12, 2011
- Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons - August 15, 2011
- Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges - August 16, 2011
- Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan - August 17, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het - March 21, 2017
- Die koninkryk van God is soos suurdeeg - February 27, 2019
- Droom – Doel – Doen - April 3, 2019