Skip to main content

Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed

Hoofstuk 8 begin met ’n kernagtige opsomming van Jesus se bediening.  Hy het oral gegaan, die land deurkruis van een stad en dorp na die ander, en oral gepreek en die koninkryk van God verkondig.  Die 12 dissipels was ook daar, saam met ‘n hele paar vroue, wat ‘n groot rol gespeel het in die volhoubaarheid van die bediening.

En dit is juis dan wat Jesus die gelykenis van die saaier vertel, waarmee Lukas nie net iets sê oor die koms van die koninkryk nie, maar ook oor die wyse waarop Jesus dit uitgevoer het, want die wêreld was Jesus se saailand.

Die wyse waarop Jesus uitspel hoe ’n mens (100 voudige) vrug dra, tref my vandag besonderlik.  Wat dié gedeelte sê, is dat vrug gedra word deur 1) bewaring van Sy woorde en 2) volharding in die gehoorsaamheid daaraan.  Die geheim van ’n ryk en vol Christelike lewe lê in bewaring of koestering van God se woorde en die volharding daarin.

In kontras met dié wie se vrug verstik word, lyk dit vir, dat vrug-dra beteken om:

  • aan die een kant nee te sê vir die verleiding van die rykdom en die genietinge van die wêreld, sowel as vir die verleiding van sorge oor allerlei – beide voorspoed as teëspoed kan ons in ons toewyding laat verslap! – en
  • aan die ander kant voluit ja te sê vir God se wil deur die woord van God te bewaar, daarin te volhard, en so vrug te dra.

Soos Jesus dit in die Bergrede – volgens Matteus – gestel het: “beywer julle allereers vir die koninkryk en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (6:33).

En dit alles begin by hoe ons luister.

Let op hoe Jesus in die res van die hoofstuk sy eie gehoorsaamheid illustreer deur die goed te hanteer wat God oor Sy pad gebring het: die stilmaak van die storm, die genesing van Legio, die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, en die opwekking van Jaïrus se dogter.

Let weer op die progressie, soos in die vorige hoofstuk, die wonders neem toe in intensiteit, met die opwekking van die dogtertjie uit die dood, die klimaks.  Vir ’n tweede keer suggereer Lukas dus dat die opwekking uit die dood ’n hoogtepunt van Jesus se bediening verteenwoordig … waarvan Sy eie opwekking die finale klimaks sal wees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…