Skip to main content

Matteus 5:22 – Jy mag nie “karakter-moord” pleeg nie

Ek het ‘n navraag gekry oor Matt. 5:22 en wat dit vir ons beteken vandag.

The Sermon on the Mount Carl Bloch, 1890
The Sermon on the Mount
Carl Bloch, 1890

Jesus fokus in die Bergrede op geregtigheid – die stryd daarvoor (Matt. 5), die lewe daarvan (Matt. 6), en die vrug daarvan (Matt. 7).

In hoofstuk 5 praat hy van dié wat stry vir geregtigheid as God se geseëndes (Matt. 5:1-12). Hulle is die sout vir die aarde en maak God sigbaar in die wêreld (Matt. 5:13-16). Hulle is volmaak soos hulle Vader in die hemel volmaak is en maak van vyande vriende (Matt. 5:17-48).

In laasgenoemde gedeelte, Matt. 5:17-48, sluit Jesus aan by die Tien Gebooie en herinterpreteer veral die tweede tafel van die wet radikaal. Hy praat oor moord pleeg (5:21-26), owerspel (5:27-30), egbreuk (5:31-32), eedswering (5:34-37), vergelding (5:38-42), en vyande (5:43-47) met ‘n afsluitende oproep dat ons volmaak moet wees soos sy Vader volmaak is (5:48).

In Matteus 5:21-26 lê Jesus die sesde gebod van die Tien Gebooie uit: “Jy mag nie moord pleeg nie.” (Eks. 20:13).

Vers 22 lui as volg: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat kwaad is vir sy broer, strafbaar voor die reg is.  En wie vir sy broer sê, Raka!’, is strafbaar voor die Sanhedrin.  En wie sê, ‘Jou dwaas!’ is strafbaar in Gehenna met sy vuur.”

Jesus wys in vers 22 dat dit nie net die fisiese daad van moord is wat deur die wet verbied word nie, maar ook ‘n mens se innerlike gesindheid van haat teenoor ander mense. Om kwaad te bly vir iemand (“wat kwaad is”) of die uitskel van iemand as ‘n gek (die Griekse woord “Raka” kan ook “domkop” of “nikswerd” beteken) of as ‘n dwaas (die Griekse woord “more” kan ook “idioot”, “rebel”, “ketter”, of “onnosel” beteken) is alreeds oortredings van die wet.

Dit is strafbaar “voor die reg” (plaaslike hof), “voor die Sanhedrin” (hoogste hof in Jerusalem met 71 lede), en uiteindelik “in Gehenna met sy vuur” (voor God met die laaste eskatologiese oordeel).  Let op hoe die implikasies daarvan eskaleer.  Soos die apostel Johannes ook later in 1 Joh. 3:15 skrywe: “Elkeen wat sy broer haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie.”

Dit beteken dat enige onvanpaste etikettering van iemand op “karakter-moord” neerkom, soos ons al ‘n paar keer dié jaar in die pers en op Facebook gesien het in terme van “rassistiese” en ander etiketterende skeldtaal. Dit is benede standaard vir volgelinge van Jesus. Dit kan ook ewige gevolge vir ons hê.  “Karakter-moord” verdien in beginsel presies dieselfde straf as fisiese “moord”.  Ons word geroep om so volmaak “soos God” in ons verhoudinge teenoor ons naaste op te tree, soos die wet inderdaad van ons gevra het in die OT.  Die NT vra eintlik nog meer van ons as wat die wet in die OT gevra het.

Jesus wys met vers 22 dat alle sondes uit die hart kom (Matt. 15:19) en dat die geregtigheid wat God van ons vra nie net oor uiterlike dade gaan nie, maar ook oor innerlike gesindhede. Ons het Hom nodig om ons van binne af te transformeer dat ons vanuit ‘n rein hart geregtigheid kan nastreef beide in innerlike gesindheid as in uiterlike gedrag.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.