Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe
Markus
Jesus se retoriese vraag aan die dissipels en gevolglike verduideliking van die gelykenis van die Saad is belangrik om twee redes:
- Dit gebruik die dissipels se onbegrip as ‘n voorbeeld vir die lesers van die evangelie (ook ons!) om hulle aan te moedig om regtig te luister, soos net hierna met die voorbeeld van die lamp verder geïllustreer gaan word; en
- Dit identifiseer hierdie gelykenis as ‘n sleutel om ook die ander gelykenisse te verstaan wat oor die koninkryk handel.
Dit tref my dat hierdie deel van Markus se evangelie van 3:20 af tot 4:25 met die regte manier van luister te make het. Luister is die primêre houding of ingesteldheid van ‘n dissipel van Jesus:
“Gee aandag aan wat julle hoor!” (vers 24)
Let op hoe die gelykenis beweeg van:
- Die mense by wie daar soos op ‘n pad gesaai word en nooit die Woord regtig hoor nie, na
- Dié wat die Woord wel hoor, maar swig onder eksterne druk, en die Woord nie laat wortelskiet nie, na
- Dié wat ook die Woord hoor, maar swig onder interne druk, begeertes wat hulle harte gevange hou, en die Woord verstik.
Goeie grond (volgelinge van Jesus) luister EN aanvaar egter die Woord (logos) voortdurend (die teenwoordige tyd van die werkwoord word gebruik wat ‘n konstante voortgaande luister impliseer) , kies doelbewus om nie sporadies of oppervlakkig te hoor nie, maar gereeld en diep, sodat die Woord wortel skiet; waak daarteen dat die interne sorge (angstigheid) van die lewe en die verleiding (misleiding!) van die rykdom en die begeertes na allerhande dinge die Woord verstik en die vrug belemmer.
Maar die krag wat die dissipels, en ook my, verander lê steeds in die saad – die Woord – en die saaier – Jesus. Die voorbeeld van die lamp (simbool van die teenwoordigheid van die koninkryk in Jesus) op die staander in 4:21-25, sowel as die gelykenis van die saad wat vanself groei en vrug dra (die sekel insteek by die oestyd laat ‘n mens in hierdie koninkrykskonteks dink aan die oordeelsdag – Joël 3:13) in 4:26-29 (wat net in Markus vertel word) onderstreep dit. ‘n Ontvanklike luister laat net toe dat die Woord wortelskiet en Jesus sy vrugdraende werk doen.
Die klem op die saad wat vanself groei, is vir my in die bediening ‘n groot stuk troos: die krag lê nie in my werk opgesluit nie, maar in die Een wat my stuur!
Die belang van luister word daarmee saam egter ook onderstreep met die interessante verduideliking: “met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word” (vers 24). As die dissipels (en ons) met ‘n groot maat luister, sal ‘n groot maat vrug die gevolg wees. En dié wat het, sal meer kry (vgl Spr 1:5; 9:9), en dié wat nie het nie, van hulle sal selfs die bietjie wat hulle het, weggeneem word (vgl ook Matt 25:29; Luk 19:26 vir dieselfde gedagterigting).
Die ander evangelies
Matteus maak die gelykenis meer persoonlik (man in plaas van mense), wyt die nie-hoor van die Woord aan ‘n gebrek aan begrip (“dit nie verstaan nie”) waarna die Bose dit wegneem, laat die begeertes na allerhande dinge weg as tekening van die interne druk wat die Woord verstik, en koppel die regte hoor van die Woord aan die regte begrip, eerder as aan die aanvaarding daarvan soos die geval is in Markus. Die vrug word ook in omgekeerde volgorde genoem: 100-voudig, 60-voudig en 30-voudig. Hy gebruik ook nie die voorbeeld van die lamp nie, maar behou die uitdrukking van Jesus oor dié wat het en dié wat nie het nie.
Lukas weer verklaar hoekom die duiwel (Satan in Markus en Bose in Matteus) die Woord wegneem, “sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie,” (wat nogal ooreenkom met God se bedoeling soos in Jesaja 6 uitgespel word – die duiwel tree dus as instrument op?), wyt die gebrek aan wortel skiet aan ‘n korstondige geloof, wat as dit op die proef gestel word, moed opgee (terloops: dit is darem ‘n baie belangrike insig!), en brei uit op die goeie grond se vrugbaarheid deur dit te wyt aan die luister met ‘n goeie en opregte hart, die bewaring van die Woord en volharding in die luister en vrugdra.
Die onderlinge verskille kan waarskynlik aan die mondelinge tradisie toegeskryf word, sowel as aan die unieke perspektiewe wat die onderskeie skrywers wou uitlig.
Interessant is dat die Evangelie van Tomas 33 ook die voorbeeld van die lamp vertel, maar dit verbind aan die innerlike oor se luister, anders as die kanonieke evangelies.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - January 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - January 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - January 22, 2010
- Die boodskap van Markus - January 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - January 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - January 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - January 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - January 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - February 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - February 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - February 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - February 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - February 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - February 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - February 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - February 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - February 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - February 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - February 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - February 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - February 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - February 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - February 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - February 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - February 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - February 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - February 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - February 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - March 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - March 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - March 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - March 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - March 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - March 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - March 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - March 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - April 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - January 8, 2018
Stephan van der Watt
Chris, ek deel die troos wat jy hierin gevind het, en weet ook verseker: net deur Sy krag kan ek ander dien met oorgawe en laat Christus deur Sy Gees die saad wortel skiet…