Skip to main content

Matteus 22 – Jesus is te uitgeslape vir die onbetroubare Fariseërs

Jesus vervolg sy gesprek met die Fariseërs met ’n derde gelykenis oor die reaksie van genooide gaste na ’n bruilofsfees met die implisiete betekenis dat die Fariseërs optree soos die eerste genooides wat die uitnodiging geweier het (22:1-14).  Daarmee onderstreep Jesus finaal hulle onbetroubaarheid.  Die gelykenis word opgevolg met drie vrae wat die Fariseërs in reaksie daarop aan Jesus vra: oor belasting aan die keiser (22:15-22), oor die opstanding van die dooies (22:23-33) en die groot gebod in die wet (22:34-40).  Dit is almal vrae wat Hom polities, godsdienstig en eties probeer vastrek, hoewel Jesus net te uitgeslape is vir hulle met sy deeglike praktiese antwoorde.  Jesus sluit sy wedersydse gesprek met hulle af met ’n eie vraag wat Hy aan hulle rig oor Sy identiteit  waarop hulle geen antwoord gehad het nie (22:41-46).  In hoofstuk 23 sal Hy ’n omvattende oordeel oor hulle uitspreek.

Die gelykenis van die bruilofsfees – 22:1-14

Die gelykenis van die bruilofsfees wentel om die feit dat die eerste genooides – implisiet geïdentifiseer met die Fariseërs en die Jode – die uitnodiging weier en dat die ander genooides, slegtes en goeies, die uitnodiging aangeneem het as gaste by die bruilof.

Die betekenis hiervan lê op verskillende vlakke:

  • Die opsommende sin aan die einde verklaar die gelykenis as ’n prentjie van hoe die uitverkiesing werk.  Die verkiesing gaan dus hiervolgens oor ’n uitnodiging na ’n bruilofsfees.  Almal is genooi, ook die Jode.  Dit sluit uiteindelik ook die slegtes en die goeies van oral af in.  Sommige neem die uitnodiging aan.  Ander weier dit.  In die aanvaarding en weiering word die verkiesing verwerklik.  Dit is hoe die misterie van die uitverkiesing prakties werk.  Die uitverkiesing werk met die ontvanklikheid van die genooides – presies soos die gelykenis van die grond dit uitgespel het – nie daarteen of ten spyte daarvan nie.
  • Die gelykenis het effektief die geskiedenis beskryf wat hierna in Jerusalem voltrek sou word.  Jesus is doodgemaak (Evangelies), soos ook van sy dissipels (Handelinge) en die stad Jerusalem is uiteindelik in 70 n.C. verower en afgebrand.

Die vreemde uitsluiting van die man sonder ’n bruilofskleed kan miskien verklaar word deurdat hy nie respek getoon het vir die bruilof deur die regte klere aan te trek nie (vgl. Openb. 19:8 waar klere as die “regverdige dade van die gelowiges” aangedui word).  Die gewoonte van konings om klere aan die gaste te verskaf, word miskien veronderstel, omdat al hierdie gaste van die straat af geneem is en kwalik self die klere kon verskaf het.

Die Fariseërs se vraag oor belasting aan die keiser – 22:15-22

Die Fariseërs het desperaat geraak met Jesus en wou Hom ten alle koste vastrek en beraam ’n plan wat in die vorm van drie vrae aan Jesus gerig word.

Die eerste vraag handel oor belasting aan die keiser.  Hulle vra die vraag in die teenwoordigheid van Herodiane wat aan die koning sou kon terugrapporteer.  Let op die vleitaal: “Ons weet dat U opreg is …” en dat hulle net sy “opinie” vra.

Maar, omdat Jesus hulle bose bedoelings geken het en geweet het van die voetangels wat in die vroom vraag opgesluit lê, spreek Hy hulle as skynheiliges aan en gebruik ’n munt waarop die keiser se afbeelding en inskripsie aangebring is, om die etiese beginsel te onderstreep dat ’n mens gehoor moet gee aan die ekonomiese stelsel waarbinne jy leef.  Dit is die wyse ding om te doen.

Net so behoort jy natuurlik ook aan God, aan wie die hele aarde behoort en moet jy Hom gee wat Hom toekom.  Dit is ook die wyse ding om te doen.  Jesus weier dus om vasgevang te word in ’n opgestelde konflik tussen die politiek en die godsdiens en leer eenvoudig dat albei hulle plek het.  Hiermee formuleer Jesus ’n beginsel wat uiteindelik in die Lutherse twee-ryke leer sou uitmond.

Die Fariseërs se vraag oor die opstanding van die dooies – 22:23-33

Die tweede vraag word deur die Sadduseërs gevra in skreiende konflik met hulle eie standpunt dat daar nie ’n opstanding van die dooies is nie: “Wie se vrou sal iemand in die hemel wees wat op aarde met sewe broers ná mekaar getroud was?”  Hulle ontkenning van die opstanding was gegrond op die feit dat hulle net die eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug, erken het as kanon en volgens hulle lees van die Bybel nie die opstanding daarin kon naspeur nie.

Jesus ontbloot egter hulle dwaling omdat hulle nie die Bybel of vir God ken nie.  Die opstanding – waarin hulle nie glo nie – is anders as wat hulle hul ingedink het.  Daar trou mense nie.  En die dooies lewe in ’n ander staat, soos die Bybel reeds leer dat God die God van Abraham, Isak en Jakob is, alles gestel in die teenswoordige tyd.  En Jesus haal aan uit dieselfde boeke van die Pentateug wat hulle erken het!  Hy troef dus hulle opvattings in terme van ’n noukeurige lees van dieselfde deel van die Bybel as wat hulle lees.

Paulus sou later dié opvattings van die Sadduseërs tot sy eie voordeel gebruik (Hand. 23:8).

Die Fariseërs se vraag oor die groot gebod – 22:34-40

Die Fariseërs was miskien heimlik bly daaroor dat die Sadduseërs, hulle opponente op vele gebiede, die swye opgelê is, maar dié situasie bring hulle by die derde vraag.  Hulle probeer Jesus vastrek op sy interpretasie van die wet.  Op hulle vraag oor die groot gebod van die wet, antwoord Jesus op uitnemende wyse met die bekende samevatting van die wet.

Die vertikale verhouding met God is uiteraard die primêre een, maar word gesien in die horisontale verhouding met die naaste, juis omdat dit eintlik gelyk is aan mekaar.  Dit is die somtotaal van die OT boodskap

Jesus se vraag oor sy identiteit as die Christus – 22:41-46

Jesus neem die inisiatief en vra op sy beurt vir die Fariseërs ’n vraag, ’n vraag waarop hulle nie kan antwoord nie.  Dit handel oor die identiteit van die Christus waarin die verskil tussen die Fariseërs se lering en Jesus s’n duidelik na vore kom.  Hulle hou nie rekening met ’n goddelike dimensie in die beskrywing van die Christus (Messias), die Seun van Dawid nie, wat ook Here is – en Jesus hou wel volledig daarmee rekening.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Matteus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.