Skip to main content

Oorsig van Lukas

Dit sal jou help in die deurlees van die evangelie van Lukas om eers ’n breë oorsig te kry oor die inhoud en temas wat Lukas aan die orde stel (ek gee ’n soortgelyke oorsig oor Handelinge) [1]:
Lukas vertel die storie van die redding van Israel wat deur Jesus en die Gees te weeg gebring word.
Hy beklemtoon:

 

  • Die Messias het na sy mense gekom, wat die belofte aan die heidene insluit.
  • Jesus het vir die verlorenes gekom, wat die gemarginaliseerdes insluit.
  • Jesus tree op in die krag van die Heilige Gees.
  • Jesus se dood en opstanding is noodsaaklik vir die vergifnis van sonde.

Hy plaas die storie van Jesus in die konteks van wêreldgeskiedenis (hoofstuk 2-3).

Hy sluit die Gees se voortgaande bediening in en deur die kerk in Handelinge in.

Interessant is Lukas 1:1-4, die begin van die evangelie, en Handelinge 28:30-31, die einde van sy verhaal, wat in perfek gestileerde Grieks geskryf is, met alles tussen-in in meer Joods-klinkende Grieks.

Indeling:

Hoofstuk 1-2 lei die verhaal in en antisipeer al die hooftemas:

  • Verwysings na Ou Testament beloftes
  • Jesus as die Dawidiese koning
  • Die Redding van Israel
  • Die insluiting van die heidene
  • God wat omgee vir die armes
  • Die rol van die Heilige Gees
  • Die verwagte teenstand
  • Die vreugde oor die evangelie van Jesus

Hoofstuk 3-4:13 verbind die bediening van Johannes die doper en Jesus.

  • Jesus word voorgestel aan Israel as ‘n gedoopte en ‘n getoetste.
  • Hy word deur sy geslagsregister, wat tot by Adam gegee word, aan die heidense sending gekoppel.

Hoofstuk 4:14-9:50 speel af in Galilea meesal in die platteland:

  • Jesus onderrig en genees in Galilea.
  • Die eerste optrede op ‘n Sabbat is ‘n prototipe van wat gaan volg:
  • Ou Testament beloftes word vervul
  • Die Gees rus op die Messias
  • Sy bediening is goeie nuus vir die armes
  • Die heidene word ingesluit
  • Sommige in Israel sal Hom verwerp

Hoofstuk 9:51-19:44 speel af “op pad na Jerusalem”.

  • Jesus begin die reis na Jerusalem “vasbeslote” (9:51; 10:38; 13:22; 17:11; 18:31)
  • Jesus versamel steeds dissipels om Hom, daag almal uit met sy onderrig, verwerp ‘n Farisese verstaan van God en word verwerp deur die religieuse en politiese leiers.

Hoofstuk 19:45-24:53 speel in die stad Jerusalem af.

  • Jesus word verwerp deur die Joodse leiers en gekruisig.
  • Die kruis en opstanding was egter die redding van Israel.
  • Dit eindig met Jesus se hemelvaart en die dissipels se vreugde.

[1] Vgl “The Gospels and Acts in the Biblical Story” in How to Read the Bible book by book deur Gordon Fee en Douglas Stuart (2002, Zondervan: Grand Rapids, Michigan, p 267 e.v.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Handelinge, Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar