Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here
2:1-7
Lukas verbind die verhale van die Verlosser aan die gebeure op die wêreldfront ter wille van die konteks daarvan. Hy noem keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië, eersgenoemde omdat Palestina deel van die Romeinse ryk was, en laasgenoemde omdat hy waarskynlik die hele Palestynse gebied se volkstelling gereël het (volgens sommige historici was Quirenius Varus toe goewerneur, met Sirenius waarskynlik ’n militêre veldheer wat Varus bygestaan het) . Die volkstelling het ongeveer in 7-6 vC plaasgevind, wat dan ook Jesus se geboortedatum moes wees.
Hierdie volkstelling, sê Lukas, was die eerste van sy soort. Daar was ook ‘n 2de volkstelling (Hand 5:37) toe daar ‘n volksopstand was deur Judas, die sogenaamde Galileër.
Bethlehem – 85 km van Nasaret af – is die stad van Dawid. Die naam is nogal betekenisvol. Die naam beteken letterlik: “huis van brood” en is die plek waar Rut en Naomi (in die Rigtertyd) nie net fisiese brood gekry het nie, maar Rut, die Moabiet, ook met haar troue met Boas Jesus se voorouer geword het.
Let op dat Jesus gebore word in nederige omstandighede in ‘n krip in ‘n stal.
2:8-20
Die boodskap van Jesus kring uit na die skaapwagters – nie gerekende mense in daardie tyd nie – wat met die boodskap – “goeie tyding” vertaal die Griekse woord “evangelie” – van die engele hulle na Maria en Josef haas. Die engele noem Jesus met drie name wat sy hele bediening stempel:
- Verlosser – dit is ’n sinoniem vir die naam Jesus wat ook Verlosser of Redder beteken en wat dui op die doel van sy koms,
- Christus – Gesalfde of Messias waarmee by die verwagting van Israel soos deur die profete aangekondig, aangesluit word,
- Here – kurios – die Griekse woord wat Jode gebruik het om die Hebreeuse naam vir God in die OT, JAHWE, te vertaal, en waarmee Jesus se Goddelike status aangedui word.
Let op dat Lukas eers Maria, die vrou, en dan eers die man, Josef, noem. Interessant dat hierdie boodskap almal verwonder, maar dan spesifiek verdere (en voortdurende) nadenke by Maria ontlok. Dit is hoe dit met die boodskap of visies van die Here werk. Daar is altyd verdere en voortdurende nadenke nodig, en die Here werk ook daarin saam deur die bevestigings wat Hy gee.
2:21-40
Dit tref my hoe Jesus by die tempel aankom omdat die wet – die Woord van God – dit voorskryf, en Simeon daar aankom omdat die Heilige Gees hom daarheen gelei het. Twee primêre maniere waarop God in mense se lewens werk. Dit geld hulle tyd sowel as ons eie tyd.
Simeon verklaar ook dat Jesus nie net van betekenis vir die Jode gaan wees nie, maar ook vir die nasies, waarmee Lukas die universele impak van Jesus se bediening aandui. En dié Jesus sal mense voor ’n keuse stel, wat hulle val of opstaan sal beteken.
2:41-52
Dit tref my dat Jesus se verbintenis aan die Paasfees, en die feit dat Hy uiteindelik as die Paaslam op Paasfees geslag (gekruisig) sou word, begin het by sy ouers se gereelde bywoning daarvan van sy jeug af.
Tog kon sy ouers nie die kloutjie by die oor kry toe Hy agterbly in die tempel, in die huis van sy Vader, om met die geleerdes te praat nie. Let op hoe Hy beide na die geleerdes luister en hulle uitvra, as vir hulle antwoorde met insig gee. En let ook op dat Hy nou al God sy Vader noem, en nie sy pa, Josef nie!
Tog eer Hy hulle en gaan saam met hulle terug. Geen wonder dat Hy in guns by God en die mense toegeneem het nie.
View all posts in this series
- WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 - July 21, 2011
- Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe
- Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede - July 22, 2011
- Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here - July 25, 2011
- Lukas 3:1-38 – Jesus is familie van alle mense - July 26, 2011
- Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets - July 27, 2011
- WEEK 2: Lukas 4:14-9:50 - July 28, 2011
- Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes
- Lukas 6:1-49 – Luister en Leef - July 29, 2011
- Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief - August 1, 2011
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed - August 2, 2011
- Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het - August 3, 2011
- WEEK 3: Lukas 9:51-19:44 - August 4, 2011
- Lukas 9:51-11:54 – Gefokus op God en die naaste
- Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar - August 5, 2011
- Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes - August 8, 2011
- Lukas 16:1-17:37 – Dissipels leef met integriteit en genade - August 9, 2011
- Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord - August 10, 2011
- WEEK 4: Lukas 19:45-24:53 - August 11, 2011
- Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid
- Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed - August 12, 2011
- Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons - August 15, 2011
- Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges - August 16, 2011
- Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan - August 17, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het - March 21, 2017
- Die koninkryk van God is soos suurdeeg - February 27, 2019
- Droom – Doel – Doen - April 3, 2019
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar