Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het

Jesus begin al hoe meer op die 12 fokus. En soos Hyself in hoofstuk 8 die koninkryk gaan verkondig het van een dorp en stad na die ander, stuur Hy hulle nou om met Sy gesag dieselfde te doen, siekes gesond te maak, bose geeste uit te dryf en so die koninkryk te verkondig.  Die opdrag sal in hoofstuk 10 verder uitgebrei word na ’n verdere 72 dissipels wat uitgestuur word op Sy pad na Jerusalem.  Na Sy Opstanding sal die opdrag na alle dissipels uitgebrei word wat oor die hele wêreld die koninkryk van God moet gaan verkondig.

Let op dat Jesus hulle opdrag gee om niks vir die reis saam te vat nie, nie eers brood nie. Hierdie opdrag dwing hulle dus om op twee goed te vertrou: 1) die gasvryheid van die mense en 2) God se getrouheid.

Dit plaas die wonder van die vermeerdering van die brood en vissies in ‘n heel ander lig (9:12-17). Die gawe van brood en visse wat hulle vir Jesus aanbied, ten spyte van hulle eie perspektief dat dit te min is, is in die eerste plek ’n getuienis van die gasvryheid van die mense.  En in die tweede plek is dié min in God se hand genoeg.  Die oorvloedige vermeerdering van die voedsel is op ’n ongelooflike beslissende manier ’n getuienis van God se getrouheid.  En let op dat daar ’n hele 12 mandjies oorbly, baie meer as waarmee hulle begin het, as’t ware een vir elke dissipel (!), met die implisiete boodskap: God sal voorsien op hulle pad met die evangelie.  Hulle kan Hom vertrou.

Die verhaaltjie tussen die uitstuur en broodvermeerdering, dié oor Herodes se onsekerheid is opvallend.  Aan die een kant eggo dit die twyfel van Johannes die Doper in hoofstuk 7, net van ’n ander ongelowige kant af.  Aan die ander kant staan dit in sterk kontras met die sekerheid van Jesus in sy optrede en die gesag waarmee Hy dit doen, en boonop die gesag wat Hy aan sy dissipels gee. Herodes, die sogenaamde heerser, is onseker.  Jesus, die ware heerser, is seker van wat Hy doen!

Daarmee het die tyd dan ook vir Jesus aangebreek om sy dissipels in te lei in die ware doel van Sy koms na die aarde.  Waarskynlik het Jesus besef met die sukses van die uitgebreide bediening deur die 12, en veral die belydenis van Petrus dat Hy die Gesalfde (Messias) van God is, dat die tyd ryp is vir hulle (en Hom) dat Hy Hom kan gee vir sy verwerping, kruisdood, en opstanding.  Daarom begin Hy met hulle daaroor gesels (9:18-22 en 44-45).

Let op hoe Jesus tussen dié twee aankondigings oor sy naderende dood hulle:

  • inlig oor die eise van dissipelskap (9:23-27),
  • blootstel aan die heerlikheid wat wag, geïllustreer deur Sy eie verheerliking op die berg (9:28-36),
  • ’n seun gesond maak waarmee hulle gesukkel het (9:37-43).

Daardeur beklemtoon Hy die noodsaak om te volhard, maar nie só dat hulle eintlik maar op hulle eie vermoëns moet staatmaak nie, maar op sy grootheid moet vertrou in hulle werk.  Moeilike genesings word hanteer deur ‘n vaste geloof in die grootheid van God, nie deur ’n vertroue op jouself nie.

Jesus vervolg met ‘n les in nederigheid (oor wie belangrik is – 9:46-48) en hoe diversiteit hanteer moet word (mense wat nie saam met die 12 is nie, maar tog die Here dien – 9:49-50), voordat ’n wending in die evangelie intree en Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin.

View all posts in this series

Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: