Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie?
Markus
Die eerste twee perikope vandag is baie bekend. 1) Die mosterdsaadjie is spreekwoordelik die kleinste groentesaad, maar word ‘n boom wat tot 3 meter hoog groei (vgl Eseg 31:6 wat ‘n soortgelyke beeld gebruik vir die koninkryk van die Assiriërs). Só is die koninkryk van God – dit begin klein, maar word ‘n groot gemeenskap wat baie mense insluit. 2) Die mededeling oor die gebruik van die gelykenisse maak die punt dat persoonlike onderrig noodsaaklik was vir ware begrip. Daarom dat Jesus soveel tyd alleen met die dissipels spandeer het.
Die volgende perikoop is die eerste van vier wonderverhale van Jesus: die stilmaak van die storm, die genesing van die besetene, die genesing van die vrou, en die genesing van Jaïrus se dogtertjie.
Wat my aanspreek in die verhaal van die storm op die see, is die vraag van Jesus aan die dissipels, wanneer Hy die storm stilmaak: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” (vers 40). Dit wil voorkom asof die dissipels, ten spyte van al die wonderwerke wat Jesus al gedoen het, nog steeds vir Jesus onderskat het, en nie rekening gehou het met Wie Hy is, en wat Hy kan doen nie. Hoe ironies! Hy is immers die God waarvan die Psalms sê, dat Hy die golwe van die see kan laat bedaar (Ps 65:8; 89:10).
Dit laat my wonder oor myself – of ek nie baie keer aan dieselfde onderskattingsindroom ly nie! In Jesus is ek immers in die teenwoordigheid van God self! Dit is die basis waarop my gebede moet berus. En dit is die basis vanwaar ek my roeping moet uitvoer. God is aan die werk in die lewe, selfs in die wind en die weer.
Let op hoe die dissipels se vrees (in Grieks deilos) vir die storm verander in ‘n vrees (in Grieks phobeô – ontsag) vir Jesus, Hy vir wie selfs die wind en die see moet luister. Daarmee roep Jesus ons almal op om (paradoksaal) vreesloos op Hom te vertrou, vanuit ons ontsag vir Hom.
Ekstra inligting: Die See van Galilea is 18 x 9 km groot, en omdat dit 210 m laer as seevlak lê, en daar heelwat berge en klowe daar rondom is, bekend vir sy winde wat skielik opsteek en sterk kan waai.
Ekstra leeswerk: Lees Jona 1 en vergelyk Jona se slapery (1:5) met Jesus s’n. Wat is die ooreenkomste en wat die verskille? Jesus slaap in vertroue en sekerheid en Jona in ontvlugting en vertwyfeling. Jesus word ook verwyt soos Jona vir hulle slapery, maar waar Jona gevra word om te bid, bestraf Jesus egter self die wind en die see (in dieselfde taal as wat hy met die duiwels gehandel het – bv. 1:25). Die parallel wys dat Jesus groter is as Jona (vgl Matt 12:41), dat Hy God self is.
Ander evangelies
Matteus en Lukas verkort Markus se weergawe van die gelykenis van die mosterdsaadjie, maar voeg daaraan toe die gelykenis van die suurdeeg. Lukas laat die mededeling oor die gebruik van die gelykenisse weg, terwyl Matteus interessant genoeg Psalm 78:2 van Asaf (hy noem hom ‘n profeet) aanhaal om die punt van die mededeling nog verder te onderstreep, dat God gelykenisse gebruik as Hy praat, en dat Hy geheime op die manier bekend maak.
Beide Matteus en Lukas gee die verhaal van die storm wat stilgemaak word in hulle eie woorde weer. Die dissipels se vrees word bv. nie as verwyte vertel, soos Markus se weergawe nie, maar die breë lyne van die verhaal bly dieselfde: die vaart op die see, die storm, Jesus wat slaap, hulle vrees, Jesus wat wakker gemaak word en die storm stilmaak, sy vraag na hulle geloof en hulle verbasing en verwondering oor Wie Hy is.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - Jan 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - Jan 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - Jan 22, 2010
- Die boodskap van Markus - Jan 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - Jan 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - Jan 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - Jan 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - Jan 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - Feb 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - Feb 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - Feb 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - Feb 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - Feb 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - Feb 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - Feb 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - Feb 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - Feb 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - Feb 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - Feb 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - Feb 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - Feb 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - Feb 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - Feb 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - Feb 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - Feb 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - Feb 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - Feb 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - Feb 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - Mar 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - Mar 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - Mar 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - Mar 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - Mar 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - Mar 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - Mar 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - Mar 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - Apr 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - Jan 8, 2018
Geloof, koninkryk, Markus, Vertroue
Vince Aslett
Ek moet dankie sê, ek geniet hierdie Bybelstudie baie. Dis vir my so ongelooflik dat daar op so baie plekke en maniere in hierdie twee weke se lees bewys is dat Jesus God is, dat dit verstommend vir my is dat iemand enigsins daaraan kan twyfel. Meskien deur wat ek (hopelik reg) besef het toe ek vandag se stukkies lees, is dat kennis, geleerdheid en selfs beroepe nie noodwendig die nodige insig aan jou gaan gee nie, jy kry dit slegs waneer jy deel van Jesus se binnekring is. Dit wil sê. in n verhouding met Hom staan. Dan word dit ge-openbaar deur die Heilige Gees – Dis net genade!!
Chris van Wyk
Jesus se Goddelikheid word so helder in Markus geteken, en in die res van die Nuwe Testament, dat 'n mens wonder hoe mense enigsins Dan Brown se wanvoorstelling van die kerk se aanvaarding van Jesus se Goddelikheid ernstig kan neem. Jy kan die getuienis van die NT verwerp – tot jou ewige skade, bygesê – maar jy kan nie met enige intellektuele integriteit sê dat die kerk eers 400 jaar later Jesus se Goddelikheid aanvaar het nie. Maar, interessant, die binnekring in Markus se verhaal tree baie keer op soos die buitestaanders! Kyk maar later in die week wat ek vir Vrydag geskryf het oor wat gebeur met die vermeerdering van die brood en Jesus wat loop op die see …