Skip to main content

Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid

Soos Jesus aan die begin van die evangelie tyd in die tempel gespandeer het by die geleerdes (hfst. 2) neem Hy nou sy regmatige plek as leraar in, deur nie net die tempel van handelaars skoon te maak om die tempel se funksie as ’n huis van gebed te herstel nie, maar ook deur die mense op ’n omvattende wyse te leer en die evangelie aan hulle te verkondig.

Die lering neem veral die vorm aan van ’n strydgesprek tussen Jesus en die Joodse leiers waar Hy die vrae antwoord wat deur verskillende Joodse groepe aan Hom gestel word, met tussen-in leringe in die vorm van gelykenisse en geprekke met sy dissipels.

20:1-8

Let op hoe dit Jesus se gesag is wat met die eerste vraag uitgedaag word, en deur Hom getroef word met ’n weervraag – ’n baie bekende rabbynse metode van gesprekvoering – die vraag na die doop van Johannes.

20:9-19

Die gelykenis van die boere en die wingerd word hierna vertel wat duidelik die bose planne van die skrifgeleerdes en priesterhoofde ontbloot, maar ook die toorn van God voorspel.

20:20-26

Die tweede vraag word deur geheime agente van die leiers gestel om Jesus te probeer uitvang dat Hy burgerlike onrus sou stook teen die heersende Romeinse owerheid.  Jesus ontduik hulle strik met gemak en lê eintlik ’n reël daarmee neer wat in enige situasie waar daar ’n moontlike konflik van belange is, gebruik kan word.  Ek voel net so verwonderd as hulle oor nie net Sy groot intellek nie, maar ook Sy diep wysheid.

20:27-44

Die briljante antwoorde van Jesus bring die Sadduseërs in spel – self intellektueles wat op heel moderne wyse die geesteswêreld ontken het, bv. deur die opstanding uit die dode te ontken.  Daar is regtig niks nuuts onder die son nie. En onthou dat Annas en Kajafas, die twee hoëpriesters wat Jesus se lot in die skynverhoor bepaal, ook Sadduseërs was!

Jesus antwoord nie net hulle vraag nie – deur te wys op hulle onkunde oor wat in die lewe na die dood aangaan nie – maar Hy daag eintlik hulle hele verstaan van die lewe uit.  Daarom neem Hy hulle na die Skrif en wys hulle op feit dat die Skrif self die bestaan na die dood bevestig, dié Skrif wat vir hulle so kosbaar was.

Geen wonder dat van die skrifgeleerdes Jesus prys oor sy goeie antwoorde, want hulle het ’n groot waardering vir ’n groot intellek gehad.  As hulle maar net Hom as God ook kon raaksien, want Jesus sê eintlik eksplisiet vir hulle dat Hy die Christus is, die Seun van Dawid, die Here!

20:45-47

Jesus waarsku dan sy dissipels teen die skrifgeleerdes wat ingestel is op vertoon, nie net om hulle invloed te vermy nie, maar natuurlik ook om nie soos hulle te word nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…