Skip to main content

Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid

Jesus sluit sy toespraak oor die koms van die koninkryk af met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipels aanspoor tot waaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).

Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid  met die gelykenis van die tien meisies – 25:1-13

Jesus sluit aan by ’n ou gebruik in Israel – dit gebeur soms vandag nog – waar jong meisies die bruidegom tegemoetgaan om hom tot by die bruid te begelei.  Hy gebruik die bekende gebruik om sy boodskap in die vorm van ’n gelykenis oor te dra wat die verwagting wat Hy het dat sy dissipels waaksaam sal wees, onderstreep.

Let op dat die gelykenis in die toekomstige tyd geformuleer is: “Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos …” wat duidelik op die gereedheid en waaksaamheid vir die wederkoms, die koms van die bruidegom, Jesus, dui.  Die waaksaamheid van die meisies word aan hulle dwaasheid – om nie voorsorg te tref vir hoe lank die wag gaan duur nie – of hulle verstandigheid – om wel voorsorg te tref – gemeet.

Die boodskap is dat jy die wederkoms – of dan ten minste die gemeenskap met die Here Jesus – kan mis as jy nie voorsorg tref en jou gereed hou om uit te hou en aan te hou vir sy koms, al vat dit lank.

Jesus spoor sy dissipels aan tot getrouheid met die gelykenis van die muntstukke – 25:14-30

Die tweede gelykenis het met getrouheid te make, die nougesette uitvoering van die verantwoordelikhede wat die Here aan sy dissipels uitdeel, hier gesimboliseer met die talente wat die slawe ontvang.  ’n Talent was ’n groot bedrag geld in daardie tyd, gelykstaande aan 6 000 denarii.  Een denarius was gelykstaande aan die gebruiklike dagloon vir ’n gewone arbeider.  As die dagloon dus R100 sou wees – by wyse van spreke – sou een talent R600 000 werd in vandag se terme gewees het.  Die eerste slaaf het dus R3 miljoen gekry, die tweede R1.2 miljoen en die laaste een R600 000.

Die eerste twee slawe het hulle geld verdubbel, die derde een het dit weggesteek en niks daarmee gedoen nie.  Die eerste twee word dan aangeprys deur die eienaar met sy terugkoms, die laaste een uitgewerp weens sy slegheid en luiheid wat nie eers net rente op die geld laat verdien het nie.

Die punt van die gelykenis is dat die dissipels wat hulle verantwoordelikhede nakom – die talente kan natuurlik ook dui op gawes – die Here se guns sal geniet en dié wat dit nie doen nie, sy gramskap sal ontvang.

Jesus spoor sy dissipels aan tot barmhartigheid met die gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46

Die laaste gelykenis spoor die dissipels tot barmhartigheid aan deur die gelykenis as ’n beskrywing van die laaste oordeel te gebruik.  Die onderskeiding tussen die skape en die bokke wentel om hulle hart vir dissipels – die geringste broers (en susters) – wat nood het: hongeriges, dorstiges, vreemdelinge, mense sonder klere, siekes, en mense in die tronk.

Die skape ontvang die ewige lewe.  Die bokke die ewige straf.

Die interessante is dat Jesus hulle barmhartigheid al dan nie reken asof dit iets is wat aan Hom en vir Hom gedoen is.  En dit maak sin.  Jesus identifiseer met sy dissipels en eer dié wat dit ook soos Hy doen.  En dit is goeie nuus vir die dissipels wat met Jesus se Hemelvaart die opdrag gaan kry om die nasies te gaan bereik met die evangelie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Matteus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!