WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus

Bestekopname

Een ding wat ek baie spesifiek beklemtoon in die lees van die Bybel, is dat die Bybel nie net vir informasie gelees moet word nie, maar vir formasie.  Dit beteken, na ‘n mens alles gelees het oor ‘n teks, wat die woorde beteken, wat die situasie moontlik was … moet jy uiteindelik vra: Wat nou? of Wat beteken dit vandag vir my?

Dit is immers in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel vir my persoonlik, wat geestelike groei plaasvind. En dit is die doel van die Bybelskool. ‘n Mens kan in die vergelykende lees van tekste só vasval in die analisering van die tekste, dat jy kan vergeet om uit te kom by die betekenis vir jouself.

Om te illustreer hoe ek self die tekste lees, gee ek dit as vir jou as riglyn deur:

  • Ek bid gewoonlik ‘n gebed waar ek die vorige dag se gebeure met die Here deurgesels.  Deur die eeue was dit bekend as die daily examen.  John Ackerman het ‘n oulike proses daarvoor geskep: Stop, Look, Listen.  Die idee is dat ‘n mens tot stilstand kom, die gebeure van die vorige 24 uur deurdink en kyk waar jy spore van God se teenwoordigheid ervaar het.  En dan te luister na wat dit vir jou sê. (Terloops ‘n boekie van hom hieroor, Staying in Touch, is vertaal in Afrikaans met die titel Bly in Voeling.  Dit is by www.bmedia.co.za bestelbaar.)
  • Daarna lees ek eers die Markus teks met een van die 6 metodes wat ek op die webtuiste gegee het.  Elkeen van dié metodes sluit in dat ek vra na die betekenis vir myself.
  • Dit is verstommend hoe baie raakpunte dan kom tussen my gebed oor die vorige dag se gebeure en die teks wat ek die oggend lees.
  • Dan bid ek gewoonlik weer en antwoord die Here daarop.
  • Eers daarna begin ek die ander tekste uit Matteus en Lukas en Johannes vergelyk met Markus.
  • Ek lees ‘n paar kommentare vir meer inligting – sodat ek vir jou ‘n paar goed daaroor kan skrywe op die webtuiste!
  • En dan skryf ek die post(s) op die webtuiste.
  • En só word die teks en refleksie daaroor deel van my lewe vir daardie dag!

Ek wil voorstel dat jy ‘n soortgelyke patroon volg – kleur dit na jou behoefte in, maar onthou om altyd te vra na die betekenis vir jouself.
Geniet die verdere lees die week!

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d