Lees Lukas-Handelinge deur saam met my
Ek beplan om die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels oor ‘n tydperk van 10 weke in die derde kwartaal 2011 deur te lees en elke weeksdag iets daaroor te publiseer. Ek begin my bydraes daaroor op Donderdag 21 Julie. Ek hoop om dit DV vol te hou tot 28 September wanneer ons die laaste hoofstuk van Handelinge saam sal lees:
- Week 1: Lukas 1:1-4:13
- Week 2: Lukas 4:14-9:50
- Week 3: Lukas 9:51-19:44
- Week 4: Lukas 19:45-24:53
- Week 5: Handelinge 1:1-6:7
- Week 6: Handelinge 6:8-9:31
- Week 7: Handelinge 9:32-12:24
- Week 8: Handelinge 12:25-16:5
- Week 9: Handelinge 16:6-19:20
- Week 10: Handelinge 19:21-28:31
Ek plaas solank ‘n paar inleidende artikels wat jy kan voor die tyd kan deurlees. Dit sal baie help met die agtergrond vir die leeswerk. Jy kan dit by hierdie skakel bereik.
Hier is die bydraes oor Lukas.
View all posts in this series
- Lees Lukas-Handelinge deur saam met my - June 27, 2011
- Fokus op die betekenis van die Skrifgedeeltes
- Lukas-Handelinge se leesplan
- Die evangelies se unieke Jesus portrette
- Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies
- Oorsig van Lukas
- Riglyne vir die lees van Lukas
- Oorsig van Handelinge
- Riglyne vir die lees van Handelinge
- Inligting oor die streke waar die evangelie verkondig is
- Kulture
- Lukas-Handelinge: Twee boeke vir ons tyd – David J Bosch - June 6, 2014
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
magriet frey
Dankie vir die stukkie werk. Ek en my man Dietmar Frey vertrek na Israel en ons wil die boek Lukas leer en verstaan en die geografie veral. Ek weet nie of U my meer kan begelei hierin nie. of kan ek maar net die leesstukke volg en dan kom ek maar self by alles uit. Ek is nie ‘n lees persoon nie,daarom moet ek hard werk om alles mooi te verstaan voordat ons gaan in September. Dankie vir U harde werk ons gaan wel ‘n baie goeie Toerleier he in Israel.
Chris van Wyk
Hi Magriet, jy sal meer van die geografie kry in my bydraes Prontuit die Waarheid. Jy kan hier inskryf en die argief van vorige bydraes hier bereik. Maar, ‘n boek oor die geografie van Israel sal jou meer inligting gee. Julle toerleier sal ook voorstelle kan maak.