Die drie Sinoptiese evangelies

Vir ons leeswerk gee ek ook die volgende baie kort oorsig van die drie Sinoptiese evangelies.

Markus is een van die drie Sinoptici (sinopties = oorsigtelike, samevattende hantering [van die Griekse “saam-kyk”]).

Uit ‘n vergelyking van die drie sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas, is dit opvallend dat bykans alle gedeeltes in Markus ook in die ander twee evangelies, Matteus en Lukas voorkom.  Slegs drie gedeeltes kom net in Markus voor: 1) 1:1 – die Inleiding tot sy evangelie; 2) 4:26-29 – Die gelykenis van die saad wat vanself groei en 3) 8:22-26 – Jesus wat ‘n blinde man in Betsaida genees.

Matteus en Lukas het egter verskeie gedeeltes wat nie by Markus voorkom nie, die Bergrede bv.  Dit dui volgens geleerdes daarop dat Matteus en Lukas die evangelie van Markus gebruik het as basis-dokument vir hulle eie evangelies.  Markus is dus die oudste evangelie wat ons het.

Matteus en Lukas het ook ‘n tweede bron gebruik, wat blyk uit dié gedeeltes waarin hulle met mekaar ooreenstem (en nie by Markus geleen het nie), ‘n totaal van 62 perikope, wat deur geleerdes die (hipotetiese) Q- bron genoem word (Q is die afkorting vir die Duitse woord Quelle wat bron beteken).  Dit bevat interessant genoeg meesal uitsprake van Jesus, en omtrent geen genesings en wonderdade van Jesus nie, sowel as niks van sy konfrontasie met die Joodse leiers en uiteindelike dood en opstanding nie (Wie was Jesus regtig?, p 56).  Dit is egter redelik sinloos om die bron op grond van aanhalings en weglatings in sekondêre bronne (Matteus en Lukas) nouer te probeer omskryf.  Omdat die ooreenstemmende gedeeltes in Matteus en Lukas egter byna woordeliks ooreenstem, en daarby in dieselfde volgorde in die twee evangelies geplaas is, word wel aanvaar dat dié bron skriftelik was.

Lees hier meer oor die ontstaan van die Bybel.

View all posts in this series

Bybel, Bybelskool, Markus, Sinoptiese evangelies


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (7)

  • Baie interressant dat Markus die oudste evangelie is. Ek het dit ook dat :
    Matteus meer vir die Jode geskryf is en
    Markus vir die Romeine
    Lukas vir die Grieke en Nie-Joodse lesers
    Johannes baie later en meer op alle Christene. Sê maar as dit dalk nie korrek is nie
    Groete Willem

  • Baie dankie
    Tegniese vraag – As ek hier 'n comment gee moet ek dit “Post as Guest” is dit korrek, maar dan vra dit my weer om te registreer?
    Hoe laai jy 'jou foto op?
    Groete

  • As jy kommentaar lewer, kan jy dit doen met een van vyf profiele: 1) Disqus, 2) Facebook, 3) Twitter, 4) Yahoo, 5) Guest. Dit is dus korrek om as Guest kommentaar te lewer, en jy hoef nie te registreer by Disqus nie. Gee net jou naam en e-pos en Post as Guest. Terloops, dit is 'n bonus om by http://www.disqus.com geregistreer te wees, want dan kan jy op een plek alle kommentaar sien wat jy op webtuistes lewer …

    Vir jou foto om te wys moet jy een van twee goed doen:
    1) registreer by een van die eerste vier profiele: Disqus, Facebook, Twitter, Yahoo. As jy met dié profiel inlog en kommentaar lewer, sal die foto/avatar wat jy daar gelaai het, ook hier wys.
    2) registreer jou e-pos adres by http://www.gravatar.com en laai 'n foto/avatar daar op. Klik op “Get your Gravatar today” en volg die instruksies óf log in met jou http://www.wordpress.com rekening. Dit sal dan oral vertoon waar jy jou e-pos adres gebruik om kommentaar te lewer.

  • Ek dink dis een ding om n hipotetiese aaname te maak dat daar dalk nog n bron (Q) was waarvan Lukas en Matteus hulle info gekry het, ek persoonlik het nie n probleem daarmee nie, aangesien dit slegs n hipotese is en nie noodwendig wesenlik nie.

    Volgens F Wessels, in Wie was Jesus regtig , vanaf p61, verander die prentjie egter en word daar meer in die hipotese ingelees as net nog n moontlike bron, die Q evangelie, nl dat dit verband hou met die sg Q gemeenskap (volgens sommige, die eerste Jesus volgelinge), wat Jesus blykbaar meer gesien het as n wysgeer in die sin dat Sy woorde belangrik was en nie o.a. die opstanding nie. Is dit nie meer Gnosties van aard nie, hoe aanvaar ons die moontlikheid van Q as n gesamentlike bron, maar verwerp dit as evangelie?

    Ek lees ook dat daar geen historiese bewys van n Q gemeenskap of bron is nie?

    Baie dankie
    Vince

  • Die enigste rede hoekom ek dit noem, is omdat daar waarskynlik 'n verdere skriftelike bron was wat deur Mattteus en Lukas gebruik is, en dit in die navorsing as die Q-bron bekend geraak het. Ek stem saam dat enige teologiese afleidings oor dié bron, oor wat daar verder in geskryf was of nie was nie, heeltemal spekulatief is. Daar was ook nog ander skriftelike bronne soos ons in Lukas 1 agterkom, sowel as mondelinge oorlewering. Agter elke evangelie is daar dus 'n komplekse onstaansgeskiedenis. Dit is nie direk “van Bo af” gedikteer soos baie keer in sekere verbale inspirasie teorieë aanvaar word nie – natuurlik sonder dat ek die Heilige Gees se werking in beide die ontstaansgeskiedenis as die uiteindelike neerskryf deur die skrywer van die evangelie wil minimaliseer. Vergelyk hoe ek oor die kanon se ontstaan elders op die webtuiste skryf.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d