Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette
Soos ek vroeër geskrywe het, gaan ons die evangelie van Markus deurlees in samehang met die ooreenstemmende gedeeltes in die ander evangelies.
Ek doen dit, omdat die vier evangelies van die NT aan ons ‘n verskeidenheid ryk perspektiewe gee op die wonder van God se verskyning in Jesus Christus aan die mensdom. In die skakeringe van die een verhaal wat met ‘n verskeidenheid van nuanses en foci en beklemtonings deur die verskillende skrywers vertel word, nooi dit ons uit om saam te dink en saam te gesels oor die betekenis daarvan vir die lewe.
Want dit is natuurlik die doel van enige besigwees met die Woord – om só te lees dat die betekenis daarvan vir jou oopgaan en dit jou lewe kan verryk en verander.
Impak
Die impak hiervan is verreikend. In die eerste plek verander dit ons eie lewe en bring dit ons in ‘n persoonlike verhouding met God en raak Hy ‘n daaglikse metgesel op ons pad. Maar in die tweede plek het dit ‘n deurslaggewende impak op ons gemeenskapslewe met mekaar. Soos Francois Wessels in sy lekkerlees akademies-verantwoorde en Andrew Murray-bekroonde boek sê:
Dit is juis in die saamdink wat die geheel saamhang, waarin die onderlinge verskille verduur word deur die “vashou-aan-mekaar, deur die hoog-ag-van-ander, deur saam-dra-aan-mekaar-se-laste, deur onderlinge vergifnis en versoening, deur eenheid as band van vrede te bewaar, en voortdurend afhanklik te bly bid en wag op die wyse leiding van die Heilige Gees – wat aan almal sáám gegee is” (2006, Wie was Jesus regtig? In gesprek … Oor die historiese Jesus. Lux Verbi.BM: Wellington, p 8).
Só ‘n lees van die Woord keer ook dat ons ‘n Jesus in die evangelies probeer soek, gestroop van enige dogma, die sogenaamde “historiese Jesus”, soos deur sommige geleerdes sedert die Verligting van die 16de eeu probeer is (Reimarus, Lessing, Strauss, von Harnack) of om die evangelies ten minste te probeer stroop tot net Jesus se outentieke woorde oorbly (Jesus Seminar).
Elke evangelie gee ‘n eie Jesus-portret
Die Evangelies gee immers elkeen sy eie Jesus-portret (a.w. p 16) soos ons alreeds uit die unieke ordening van die beskikbare verhale en die nuanse verskille in die oorvertel van dié verhale in die 4 evangelies kan sien. Die bergrede in Lukas en Matteus is bv. eerder ‘n opsomming van wat Jesus gesê het, as ‘n verbatim verslag van wat Hy gesê het. Daarby beklemtoon Lukas bv. doelbewus die fisiese implikasie van wat Jesus gesê het: “Geseënd is julle wat arm is …” en Matteus die geestelike implikasie: “Geseënd is die arm van gees is …” wat saamhang met elkeen se onderskeie teologiese doelwit met die skryf van hulle evangelie.
Die evangelie van Johannes verskil die meeste van die ander drie sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas. Waar die Sinoptici die gebeure rondom Jesus in die geskiedenis vasanker met datums en OT verwysings, vertel Johannes eerder die geestelike betekenis van Jesus se woorde en dade, om daarmee duidelik te maak dat dit God self is wat in Jesus mens geword het. Omdat hy sy evangelie ook ruim 20 jaar na die ander skrywe, bevat dit meer teologiese refleksie oor die betekenis van Jesus as die ander evangelies.
Maar, en dit is die wonder hiervan, dit is in die saamlees van al die verskillende perspektiewe en nuanses dat ‘n veelkleurige prentjie vorm aanneem, ‘n beeld van Jesus waarmee ons in gesprek kan tree, en met Wie ons op reis kan gaan.
En my hoop en wens en gebed vir die volgende paar weke, is dat dié Jesus in ons saamlees en saamgesels ons almal se reisgenoot sal word.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - Jan 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - Jan 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - Jan 22, 2010
- Die boodskap van Markus - Jan 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - Jan 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - Jan 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - Jan 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - Jan 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - Feb 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - Feb 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - Feb 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - Feb 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - Feb 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - Feb 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - Feb 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - Feb 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - Feb 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - Feb 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - Feb 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - Feb 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - Feb 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - Feb 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - Feb 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - Feb 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - Feb 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - Feb 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - Feb 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - Feb 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - Mar 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - Mar 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - Mar 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - Mar 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - Mar 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - Mar 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - Mar 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - Mar 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - Apr 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - Jan 8, 2018
Bybel, Bybelskool, Evangelies, Markus
Vince Aslett
Sien uit daarna, ons gaan as n mannegroep saamstap en elke Woensdag oggend saam geseld (NGK Piet Retief)
Fanie Barnard
Wat is die verskil van die Johannes en die ander drie Evangelies,,,Matthews,,Lukas,,Markus.
Chris van Wyk
Om die verskille tussen die vier evangelies te kan begryp sal 'n mens maar die Bybelskool daaroor moet bywoon. In kort:
<ul>
<li>Matteus vertel die storie van Jesus aan Joodse Christene wat ‘n verbintenis het aan die Groot Opdrag aan die heidene. Heel moontlik is dit geskrywe in Antiochië in die 70’s n.C. Die storie van Jesus van geboorte tot Groot Opdrag sluit groot blokke van sy leringe in en stel Jesus voor as die Seun van God, die Messiaanse Koning van die Jode, wie se boodskap vir alle mense bedoel is. Die kerk is vir hom die familie van God.</li>
<li>Markus (waarskynlik Johannes Markus, 'n metgesel van Paulus [Kol 4:10] en later van Petrus [1 Pet 5:13]) vertel die storie van Jesus van sy doop tot sy opstanding. Dit is heel moontlik geskrywe in Rome aan die gemeente in Rome (volgens die kerkvader Papias). Geleerdes stem vandag saam dat dit die eerste evangelie (65 n.C.) is, wat o. a. deur Matteus en Lukas as ‘n bron gebruik is. Jesus vervul die Messiaanse verwagting deurdat God se koninkryk in Jesus aanbreek. Die kerk is vir Markus die plek waar grense oorgesteek word na gemarginaliseerdes.</li>
<li>Lukas (‘n dokter wat Paulus soms vergesel het – Kol 4:14 – die enigste “heidense” outeur in die Bybel) vertel die storie van die redding vir Israel wat Jesus (en die Gees in Handelinge) bring. Dit is heel moontlik na die val van Jerusalem in 70 n.C. geskrywe aan Christene uit die heidense nasies. Dit word gerig aan Teofilus, andersins onbekend, wat heel moontlik die publikasie onderskryf en finansier het. Lukas plaas die verhaal in die konteks van die wêreldgeskiedenis en sluit die voortgaande bediening van die Gees in die kerk van die begin af in. Die kerk is vir hom die plek waar alle Jode welkom is, daarom word bv. spesifiek aandag gegee aan die stories van vroue.</li>
<li>Johannes (die geliefde dissipel [21:24] – heel waarskynlik die apostel en een van die seuns van Sebedeus, wat saam met iemand anders die evangelie geskrywe het [vgl. die “ons” in 21:24]) vertel die storie van Jesus, die Messias en Seun van God, vanuit die perspektief wat die opstanding bring. Jesus het God deur sy geboorte aan ons bekend kom stel en Sy lewe deur die kruis aan ons beskikbaar gestel. Die boek is heel mooontlik aan die einde van die eerste eeu geskrywe. Die kerk is vir hom die gemeenskap van die volgelinge van Jesus wat in Hom bly en vrug dra, veral die vrug van die liefde.</li>
</ul>