Skip to main content

Bybelskool oor die evangelie volgens Matteus – begin 16 Januarie

Die evangelie volgens Matteus word nie om dowe neute aan die begin van die NT geplaas nie.  Dit is die evangelie wat die verhaal van Jesus Christus op die mees direkte wyse aan die OT verbind.  Daarom plaas Matteus bv. Jesus se Joodse geslagsregister reg aan die begin van sy evangelie, anders as wat Lukas dit doen (Luk. 3), en doen hy baie moeite regdeur sy evangelie om Jesus se lewe en bediening aan die vervulling van OT beloftes en profesieë te koppel (meer as 60 verwysings).

Jesus is volgens Matteus die hoogtepunt en vervulling van die Messiaanse verwagting van die hele OT verhaal.  Jesus se lewensveranderende woorde (aangebied in vyf toesprake), sy magtige dade (geïllustreer onder andere deur agtien wonderwerke) en sy simboolryke optredes (bv. die reiniging van die tempel en die vervloeking van die vyeboom) wys onomwonde dat Hy die langverwagte Messias van die profetiese tradisie is.

Hy is ook beide die “Seun van Dawid” (Matt. 1:1 en nog agt ander kere só genoem) as die “Seun van God” (Matt. 14:33 en nog sewe ander kere só genoem, onder andere deur die duiwel, die dissipels en die Romeinse offisier en sy soldate by die kruisiging), titels wat beide sy menslike as sy Goddelike kant beklemtoon.  Dié Jesus, sê Matteus, Hý is Koning beide as nakomeling van Dawid sowel as nakomeling van God.

Geen wonder dus dat dié evangelie die mees-gebruikte evangelie van die vroeë kerk was nie, soos ons aflei uit die feit dat die vroeë kerkvaders twee keer meer keer uit dié evangelie aanhaal in hulle geskrifte as uit die ander drie evangelies saam (Gordon Fee).

Indeling van die leeswerk

Ons begin die 16de Januarie met die eerste inleidende bydrae, en gaan dan die evangelie volgens Matteus  (byeenkomste ingekleur) oor die volgende ses weke lees, min of meer ’n hoofstuk ’n dag.  Hier volg die skedule:

Continue reading

Inleiding op die evangelie volgens Matteus

Die evangelie volgens Matteus word nie om dowe neute aan die begin van die NT geplaas nie.  Dit is die evangelie wat die verhaal van Jesus Christus op die mees direkte wyse aan die OT verbind.  Daarom plaas Matteus bv. Jesus se Joodse geslagsregister reg aan die begin van sy evangelie, anders as wat Lukas dit doen (Luk. 3), en doen hy baie moeite regdeur sy evangelie om Jesus se lewe en bediening aan die vervulling van OT beloftes en profesieë te koppel (meer as 60 verwysings).

Jesus is volgens Matteus die hoogtepunt en vervulling van die Messiaanse verwagting van die hele OT verhaal.  Jesus se lewensveranderende woorde (aangebied in vyf toesprake), sy magtige dade (geïllustreer onder andere deur agtien wonderwerke) en sy simboolryke optredes (bv. die reiniging van die tempel en die vervloeking van die vyeboom) wys onomwonde dat Hy die langverwagte Messias van die profetiese tradisie is.

Hy is ook beide die “Seun van Dawid” (Matt. 1:1 en nog agt ander kere só genoem) as die “Seun van God” (Matt. 14:33 en nog sewe ander kere só genoem, onder andere deur die duiwel, die dissipels en die Romeinse offisier en sy soldate by die kruisiging), titels wat beide sy menslike as sy Goddelike kant beklemtoon.  Dié Jesus, sê Matteus, Hý is Koning beide as nakomeling van Dawid sowel as nakomeling van God.

Geen wonder dus dat dié evangelie die mees-gebruikte evangelie van die vroeë kerk was nie, soos ons aflei uit die feit dat die vroeë kerkvaders twee keer meer keer uit dié evangelie aanhaal in hulle geskrifte as uit die ander drie evangelies saam (Gordon Fee).

Continue reading

Matteus 1 – Die historisiteit en teologiese betekenis van Jesus se geboorte

Matteus begin sy evangelie met die geslagsregister van Jesus Christus – Matt. 1:1-17 – en sy geboorte waarin gefokus word op beide die rol van Josef, sy aardse pa en die vervulling van die profesieë en beloftes van die OT – Matt. 1:18-25.  Dit gee ons antwoorde op die wat en die hoe vrae oor Jesus se historisiteit en uiteraard die teologiese betekenis daarvan, soos hfst. 2 ons antwoorde gaan gee op die verdere waar en hoekom vrae (Hagner) as voorbereidende begronding van Jesus se bediening waaroor hfst. 3-4 gaan handel.

Continue reading

Matteus 2 – God stel sy herderleier, Jesus, bekend en beskerm Hom

Matteus vervolg die geboorte verhaal van Jesus deur te fokus op die reaksies van ’n wye reeks mense op God se bekendstelling van sy herderleier, Jesus, in vervulling van die OT beloftes.  Die hele hoofstuk kom uit sy eie versameling van Jesusverhale.  Die verhale van die volkstelling en die geboorte in die krip, met die herders wat die eerste menslike getuies daarvan word, word weer net in Lukas gevind.

Die reaksies op Jesus sluit in die eerste plek verteenwoordigers van die nasies in (sterrekenners) en in die tweede plek verteenwoordigers van die Joodse volk (koning Herodes, die hele Jerusalem, die leierpriesters en skrifkenners).  Die nasies bewys aan Hom eer en bring vir Hom geskenke.  Die volk is egter ontsteld oor die nuus en Herodes só briesend dat hy ’n tragiese kindermoord pleeg in ’n poging om Jesus uit die weg te ruim.

Continue reading

Matteus 3 – Jesus doop met die Heilige Gees en met vuur

Matteus spring van Jesus se geboorte en uiteindelike verblyf in Nasaret direk na die voorbereidingswerk van Johannes die Doper (3:1-12) en die publieke aankondiging van Jesus as God se geliefde Seun, soos deur sy doop met water en deur die neerdaal van die Gees in die vorm van ‘n duif op Hom bevestig word (3:13-17).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders