Skip to main content

Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening

Saulus se bekering is radikaal en absoluut.  En die ontmoeting met Jesus het ’n passie in hom aangesteek wat nooit weer sou verflou nie.  Let op hoe hy onmiddellik dieselfde sisteem wat hy so hart en siel ondersteun het – die Joodse teenstand teen die evangelie – met passie aanvat en bedien met die evangelie soos die Skrifte dit uitgelê het.  Omdat hy ’n skrifgeleerde van formaat was, kon hy dit met baie groot oortuiging doen.

Die teenstand van die Jode bly natuurlik nie lank onder die oppervlakte nie, en hulle beplan om hom dood te maak, en hy moet self vlug uit die stad.  Letterlik staan dit in die Griekse teks, dat sy “dissipels” dws sy bekeerlinge hom help ontsnap.

Sonder Barnabas sou dié geskiedenis waarskynlik nooit gebeur het nie. Saulus se wrede poging om die kerk uit te roei (Hand 8:3) het steeds te veel teen hom getel.  Barnabas, wat ons in sy primêre rol as bemoediger aan die werk sien, verskyn egter op die toneel. Hy ontferm hom oor Saulus as niemand iets met hom te doen wil hê in Jerusalem kort na sy bekering nie. Barnabas se aanvaarding van Saulus was dus die poort waardeur die bediening van Saulus ’n kans gekry het om te ontwikkel, en dit sou uiteindelik die hele Christelike bediening transformeer.

Let op hoe Lukas dit vertel: Barnabas dra Saulus se verhaal oor deur eerstens op twee dinge klem te lê wat God gedoen het: Saulus het Jesus gesien, en die Here het met hom gepraat – albei dinge wat baie belangrik vir sy uiteindelike status en aanvaarding as apostel sou wees. En daarby lê hy klem op wat Saulus direk na sy bekering gedoen het: hy het openlik in Damaskus in die Naam van Jesus gepreek, presies die teenoorgestelde as waarvoor hy daarheen deur die hoëpriester gestuur is.

Dit lei uiteindelik tot ’n openbare erkenning van sy bediening – letterlik staan daar, hy kon “in en uit Jerusalem gaan saam met hulle” – hoewel daar steeds Grieksprekende Jode was wat hierdie verraaier vyandig gesind gebly het en hom wou vermoor. Dit noop die gelowiges om hom weg te stuur na Sesarea en daarvandaan na Tarsus toe, sy tuisdorp, ter wille van sy eie veiligheid.

Uit die verdere verloop van die verhaal weet ons dat dit nie ’n uitskuif-en-vergeet aksie was nie. Saulus gaan in dié tyd deur ’n intense voorbereiding. Presies wat dit behels het, word ons nooit vertel nie, maar hy word uiteindelik deur dieselfde Barnabas na die aktiewe bediening in die eerste gemengde gemeente, Antiogië, genooi.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms