Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges
Dit bly darem ongelooflik dat die Joodse leiers dit regkry om ten spyte van Jesus se onskuld, die doodstraf vir Jesus te bewerkstellig.
- In die eerste verhoor deur die Joodse Raad self, vind hulle Hom skuldig aan iets wat hulleself nie glo nie, dat Hy sê dat Hy die Christus is (22:66-71).
- In die tweede verhoor deur Pilatus, die Romeinse goewerneur, kla die Jode Hom aan dat Hy beweer dat Hy ook die Koning is – ook iets waarin hulle nie glo nie – en bevind Pilatus Hom onskuldig (23:1-5), maar tog word Hy ook na ’n derde verhoor gestuur, dié deur Herodes.
- In die derde verhoor deur die Joodse koning Herodes, maar ook onderdaan van die Romeinse ryk, verander Herodes se blydskap in veragting, toe Jesus nie vir hom wonderwerke wil doen nie, en dryf Herodes met Jesus die spot en stuur Hom terug na Pilatus (23:6-12). Let op dat ook Herodes dié bewering dat Hy Koning is verwerp, en daarom eintlik nie ’n rede het om Hom sleg te behandel nie.
- In die vierde verhoor (in wese ’n voorsetting van die tweede verhoor) is Pilatus eksplisiet in sy onskuldigbevinding (“geen grond vir die aanklag”) en tog swig hy onder die druk van die moordlustigheid van die Joodse leiers en gee Jesus in die teenwoordigheid van al die Jode, ook die skare wat so graag na Hom geluister het, oor om gekruisig te word (23:13-25).
Dat Jesus onskuldig gekruisig word, staan dus onbestrede, in die eerste plek deur die getuienis van Pilatus, maar ironies genoeg, ook in die tweede plek juis deur die optrede van die aanklaers, die Jode. Hy, die Onskuldige, sterf vir ons, die skuldiges.
In drie verdere tonele beskryf Lukas:
- Jesus se pad na die kruis (23:26-43), waar Jesus deur Simon van Sirene gehelp word (moontlik dieselfde persoon as Simeon wat later ’n leraar in Antiogië is – Hand 13:1), en Jesus ’n laaste lering gee vir dié wat oor sy naderende dood treur, en tot die redding kom van die een moordenaar wat langs Hom gekruisig word;
- Jesus se dood aan die kruis (23:44-49) waar veral die heidense offisier wat die onskuld van Jesus bely, terwyl Jesus se vriende en die vroue toekyk, my tref;
- Jesus se begrafnis na die gebeure van die kruis (23:50-56) waarmee sy fisiese dood onomwonde betuig word. Nie net het Jesus gesterwe terwyl almal dit gesien het nie, sy dooie liggaam is regtig begrawe. Let op hoe Lukas praat van die vroue wat gesien en gekyk het en dus daarvan kon getuig het.
Lukas sluit die lydenspad van Jesus af met die frase: “Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.” Ironies genoeg was dit ook die tyd van God se herskeppingsproses, waar Hy op die sabbatdag die verlossing van die mensdom bewerk sodat op die Sondagmôre ’n nuwe bedeling kon begin met die opstanding van Jesus uit die dode.
View all posts in this series
- WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 - July 21, 2011
- Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe
- Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede - July 22, 2011
- Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here - July 25, 2011
- Lukas 3:1-38 – Jesus is familie van alle mense - July 26, 2011
- Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets - July 27, 2011
- WEEK 2: Lukas 4:14-9:50 - July 28, 2011
- Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes
- Lukas 6:1-49 – Luister en Leef - July 29, 2011
- Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief - August 1, 2011
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed - August 2, 2011
- Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het - August 3, 2011
- WEEK 3: Lukas 9:51-19:44 - August 4, 2011
- Lukas 9:51-11:54 – Gefokus op God en die naaste
- Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar - August 5, 2011
- Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes - August 8, 2011
- Lukas 16:1-17:37 – Dissipels leef met integriteit en genade - August 9, 2011
- Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord - August 10, 2011
- WEEK 4: Lukas 19:45-24:53 - August 11, 2011
- Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid
- Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed - August 12, 2011
- Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons - August 15, 2011
- Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges - August 16, 2011
- Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan - August 17, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het - March 21, 2017
- Die koninkryk van God is soos suurdeeg - February 27, 2019
- Droom – Doel – Doen - April 3, 2019
Minnie Louw
Goeiemôre,
Kan u asb vir my Luk 23:31 verduidelik.
Baie dankie.
Minnie Louw
Chris van Wyk
Dit is ‘n spreekwoord wat gewoonlik uitgelê word dat as hierdie oordeel die onskuldige Jesus tref (groen hout), hoeveel swaarder sal die oordeel nie wees oor die Joodse volk (droë hout) nie, soos dit in 70 n.C. gebeur het met die Romeinse vernietiging van Jerusalem deur Titus.
Anna
Kan u asb Lukas 23 v 34 verduidelik? Die Interliniêre boek se dit blykbaar sò ;
Vergeef hul NIE want hul weet wat hul doen!?
My Bybel en al die Bybels wat ek kon vind engels en afrikaans sê dit anders!!
Volgens my is dit dan valse lering?
Chris van Wyk
Die Grieks lui só: ⸂ὁ δὲ Ἰησοῦς ἔλεγεν· Πάτερ, ἄφες αὐτοῖς, οὐ γὰρ οἴδασιν τί ποιοῦσιν. Dit lui letterlik so (maar onthou die Griekse woordorde en die Afrikaans-Engelse woordorde verskil radikaal): “the but Jesus said Father, forgive them, not for they know what they do.” Dit moet só vertaal word om in Engels sin te maak (die eerste “the” word weggelaat, want ons praat nie so nie): “But Jesus said: Father, forgive them, for they know not what they do.” Die “not” wat voor die “for” kom, beheer die volgende werkwoord, “know”, wat daarom vertaal word soos ek dit hier bo het. Onthou ‘n Interliniêr Bybel gee jou net ‘n idee wat elke woord beteken, maar jy moet nog steeds die Grieks en veral die Griekse woordorde ken, om daarvan sin te maak om dit te kan vertaal. So, alle Afrikaanse en Engelse (en alle ander vertalings in die wêreld) vertaal dit dieselfde, want hulle verstaan die woordorde van die Grieks.