Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars
Dit laat my net weereens besef, die Christelike godsdiens gaan oor ‘n verhouding met die lewende God deur die bemiddelende werk van Jesus en die Gees, en nie oor die nakom van ‘n stel reëls nie. En ons sal goed doen om hierdie boodskap ter harte te neem. In die voortslepende gesprek oor die doop (deur die eeue) en die nagmaal (versus die Roomse mis) – om maar net twee voorbeelde te noem – moet die sentrale figuur van Christus raakgesien word. Ons eenheid lê in Hom en nie in die verskillende praktyke wat in ons kerklike sisteme vir ons belangrik geword het nie. En ons moet mekaar nie so aanvat oor ons verskille dat die eenheid in Christus nie meer raakgesien word nie.
Die uitbreiding van die evangelie na Asië word met twee verhale afgesluit.
Die een het te make met die konflik wat daar tussen Barnabas en Paulus ontstaan toe hulle op die “tweede sendingreis” wil gaan. Barnabas kies om sy tyd aan Johannes Markus te spandeer, en Paulus om die pad van die evangelie na die wêreld te neem. En hoewel ‘n mens met reg ontsteld kan wees oor die geweldige konflik tussen hulle twee, was albei se keuse tot heil van die kerk.
- Barnabas kry dit reg om Markus só te begelei dat hy uiteindelik nie net met Paulus versoen word nie (Kol 4:10; 2 Tim 4:11; Filemon 24), maar ook die evangelie van Markus te skrywe (volgens die tradisie het hy die woorde van Petrus neergepen, met wie hy ‘n goeie verhouding gehad het volgens 1 Pet 5:13). Barnabas en Paulus het ook versoen, hoewel die detail daarvan nie vir ons vertel word nie (vgl Paulus se waarderende woord oor Barnabas na hierdie gebeure in 1 Kor 9:6).
- En Paulus word deur die Here gebruik om die evangelie tot in Rome te neem, waaroor die res van die verhaal van Handelinge handel. En Paulus se briewe aan die gemeentes wat in die proses gestig word, word in baie opsigte die hart van die teologiese verwoording van die Christelike godsdiens.
Die ander verhaal het te make met die bemagtiging van ‘n ander jong leier, Timoteus, wat deur Paulus ingetrek word in die bediening en wat uiteindelik gebruik sou word om die ontwikkeling van die kerk in die tweede geslag te bevorder.
Beide Paulus en Barnabas fokus dus ook op die opkomende geslag van bedienaars, terwyl hulle voortgaan om self die evangelie te verkondig, ‘n fokus wat ons gerus ook ter harte kan neem in ons eie bedienings.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - Aug 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - Aug 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - Aug 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - Aug 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - Aug 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - Aug 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - Aug 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - Aug 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - Aug 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - Aug 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - Sep 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - Sep 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - Sep 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - Sep 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - Sep 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - Sep 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - Sep 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - Sep 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - Sep 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - Sep 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - Sep 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - Sep 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - Sep 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - Sep 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - Sep 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - Sep 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - Sep 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - Sep 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - Sep 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - Sep 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016