Skip to main content

Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop

Die evangelie versprei na nog twee plekke, Tessalonika, die hoofstad van Masedonië en ’n baie invloedryke stad, en Berea, ’n klein dorpie daar naby.  Lukas het agter gebly in Filippi.

Let op hoe belangrik die ondersoek van die Skrifte is om die verband tussen Jesus en die beloofde Messias te trek, beide in Tessalonika en Berea.  Lukas gebruik hier vir die eerste keer die woord redeneer om Paulus se metodiek aan te dui, ’n woord wat hy hierna gereeld gebruik (17:17; 18:4–19; 19:8, 9; 20:7; 24:12), wat moontlik ‘n nuwe benadering aandui.  Sommige geleerdes dink dat daarmee na die Sokrates metodiek verwys word, waar mense deur vraag en antwoord begelei word tot insig, in hierdie geval aan die hand van die Skrifte (wat hy so vir hulle uitgelê of oopgemaak het).

Maar soos nou al die patroon geword het, is daar ook groot teenstand.  Paulus verwys daarna in sy latere briewe aan Tessalonika (1 Tes 2:14; 3:4; 2 Tes 2:1vv) wat hy waarskynlik in Korinte geskrywe het.  Die Jode kom in Tessalonika nie soseer in opstand teen die boodskap nie, maar teen die aanhang wat Paulus hulle skielik geniet.  Hulle tree dus uit jaloesie op.  Dit is ook die Jode uit Tessalonika wat vir hulle in Berea moeilikheid gaan veroorsaak, hoewel daar darem  ’n groot groep Jode is wat die boodskap van Jesus gunstig ontvang.

Die teenstand is egter so erg dat die gelowiges vir Paulus ver wegneem na Atene, 350 km daar vandaan.  Die jong Timoteus en Silas word agter gelaat om die gemeente verder te bearbei.  Timoteus sou later uit Korinte teruggestuur word deur Paulus om hulle te bemoedig en te hoor hoe dit gaan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Handelinge


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda