Ek beplan om die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels oor ‘n tydperk van 10 weke in die derde kwartaal 2011 deur te lees en elke weeksdag iets daaroor te publiseer. Ek begin my bydraes daaroor op Donderdag 21 Julie. Ek hoop om dit DV vol te hou tot 28 September wanneer ons die laaste hoofstuk van Handelinge saam sal lees:
Week 1: Lukas 1:1-4:13
Week 2: Lukas 4:14-9:50
Week 3: Lukas 9:51-19:44
Week 4: Lukas 19:45-24:53
Week 5: Handelinge 1:1-6:7
Week 6: Handelinge 6:8-9:31
Week 7: Handelinge 9:32-12:24
Week 8: Handelinge 12:25-16:5
Week 9: Handelinge 16:6-19:20
Week 10: Handelinge 19:21-28:31
Ek plaas solank ‘n paar inleidende artikels wat jy kan voor die tyd kan deurlees. Dit sal baie help met die agtergrond vir die leeswerk. Jy kan dit by hierdie skakel bereik.
Die doel van ons reis deur Lukas se verhaal in sy evangelie en Handelinge, is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg.
Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal. Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel:
Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
Daar is vier evangelies wat in die Nuwe Testament ingesluit is. Hierdie vier evangelies gee aan ons ‘n verskeidenheid ryk perspektiewe op die wonder van God se verskyning in Jesus Christus aan die mensdom. Die skakeringe van die een verhaal oor Hom – wat met ‘n verskeidenheid van nuanses en foci en beklemtonings deur die verskillende skrywers vertel word – nooi ons uit om saam te dink en saam te gesels oor die betekenis daarvan vir die lewe.
Dit is natuurlik die doel van enige besigwees met die Woord – om só te lees dat die betekenis daarvan vir jou oopgaan en dit jou lewe kan verryk en verander. En dit is wat my doel met hierdie Bybelskool is – dat die Woord ‘n huis word waarin ons woon.
Lukas is een van die drie Sinoptici (sinopties = oorsigtelike, samevattende hantering [van die Griekse “saam-kyk”]).
Uit ‘n vergelyking van die drie sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas, is dit opvallend dat bykans alle gedeeltes in Markus ook in die ander twee evangelies, Matteus en Lukas voorkom. Slegs drie gedeeltes kom net in Markus voor: 1) 1:1 – die Inleiding tot sy evangelie; 2) 4:26-29 – Die gelykenis van die saad wat vanself groei en 3) 8:22-26 – Jesus wat ‘n blinde man in Betsaida genees.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar