Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
Ek gaan voort om te lees, maar hierdie keer soos ‘n kunstenaar:
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
Markus
Let op dat die son al onder was, dws dat die sabbat verby was, voordat die skare mense die siekes en dié wat in die mag van duiwels was, na Jesus gebring het. Hulle wou die teenstand van die Fariseërs vermy wat binnekort sou uitbars weens Jesus se genesings op die sabbat (2:23-3:6). Siekte word duidelik van duiwelbesetenheid (unieke uitdrukking wat net verder in 5:15-18 voorkom) onderskei.
Reg van die begin van Jesus se bediening word die duiwels (1:25, 34) stilgemaak en ook mense wat genees is (1:44) verbied om publiek daaroor te praat (selfs die dissipels word op ‘n punt belet om te praat – 8:30). Die rede word in 1:45 gegee – die oomblik toe Jesus se bediening te bekend geraak het, was dit moeiliker om openlik in ‘n dorp te bedien, veral omdat die skare Hom eerder volg weens die wonderwerke as weens sy prediking en boodskap. Die teoloog Wrede het dit die Markus Messiaanse geheim genoem.
Jesus se bediening was ingebed in sy gebedsverhouding met God (vgl. ook 6:46 – op die berg; 14:32-42 – in Getsemane). Let op hoe dit juis na sy gebed is, wat Hy weier om verdere genesings in Kapernaum te doen, want sy missie is om te preek: “want daarvoor het Ek gekom”. Die wonders is afhanklik van die prediking, en nie andersom nie.
Dit tref my – die bediening is nie ‘n selfvervullende beroep nie. Dit het net sin as dit ingebed is in ‘n (gebeds)-verhouding met God. Die bekende gesegde spreek my net weer aan: Besig met die dinge van God, maar nie besig met die God van die dinge nie. Ek wil vandag tyd spandeer met God, my bediening deurbid, en herfokus op wat Hy op my hart lê.
Ander evangelies
Nog genesings en voortgaande prediking
Matteus (8:16-17; 4:23) voeg ‘n aanhaling uit Jesaja 53:4 by in sy weergawe as verduideliking waarom Jesus die siekes genees en die duiwels uitdryf: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.” Hy plaas die bediening ook in ‘n wyer prentjie as ‘n bediening wat vanuit sinagoges sy impak gehad het regdeur Galilea. Lukas (4:40-44) verwoord dit op sy eie manier, deur bv. die individuele hantering van elke sieke te beklemtoon. Interessant dat die duiwels weet wie Jesus is, en dat mense dit so moeilik, ten spyte van sy prediking en wonderwerke, agterkom!
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus - Jan 12, 2010
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette - Jan 21, 2010
- Die drie Sinoptiese evangelies - Jan 22, 2010
- Die boodskap van Markus - Jan 25, 2010
- Markus in vergelyking met die ander evangelies - Jan 26, 2010
- Bybelstudie metodiek - Jan 27, 2010
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling - Jan 28, 2010
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees - Jan 29, 2010
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. - Feb 1, 2010
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” - Feb 2, 2010
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers - Feb 3, 2010
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus - Feb 4, 2010
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie - Feb 5, 2010
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe - Feb 8, 2010
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? - Feb 9, 2010
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? - Feb 10, 2010
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool - Feb 11, 2010
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere - Feb 12, 2010
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make - Feb 15, 2010
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense - Feb 16, 2010
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie - Feb 17, 2010
- WEEK 5 van die Bybelskool - Feb 18, 2010
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles - Feb 19, 2010
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees - Feb 22, 2010
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar - Feb 23, 2010
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen - Feb 24, 2010
- WEEK 6 van die Bybelskool - Feb 25, 2010
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad - Feb 26, 2010
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe - Mar 1, 2010
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking - Mar 2, 2010
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens - Mar 3, 2010
- WEEK 7 van die Bybelskool - Mar 4, 2010
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam - Mar 5, 2010
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte - Mar 8, 2010
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe - Mar 9, 2010
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan - Mar 10, 2010
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar - Apr 11, 2017
- Jesus is die hart van die evangelie - Jan 8, 2018
Stephan van der Watt
Chris, dankie vir die nadruk van die belang van gebed – soos asemhaling vir die siel. Jesus se gebedsruimte is in afsondering, in 'n stil tyd van die nag … skerp in kontras met die begin van Markus se vertelling van aksie-belaaide, dringende gebeure wat die isolasie voorafgaan.