Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
Lukas het dus nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit en reis saam na Filippi,’n Romeinse kolonie in Masedonië. Dit is ongeveer 50 of 51 n.C. Daar was nie ‘n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by ‘n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.
En dan gebeur die wonder, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met ‘n eenvoudige verhaal van ‘n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo. Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is! Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.
Dit is interessant hoe God ongewone mense gebruik in die verspreiding van die evangelie na nuwe gebiede. In Afrika was dit ‘n Ethiopiese ontmande. In Europa was dit ‘n Grieks-Joodse vrou. Dit is asof God sulke mense kies om van die begin af te wys dat HÝ agter die diversiteit in mense staan en verandering bring van die periferie af om só ‘n sterk eenheid tussen diverse mense te smee.
Sy nooi Paulus-hulle onmiddellik na haar huis, en so word haar huis die eerste huisgemeente in Europa, een van die mooiste gemeentes waarvan ons lees in die Nuwe Testament. Daar is geen gemeente wat die apostel so hoog geroem het as dié van Filippi nie en geen gemeente van wie hy meer liefde ontvang het nie.
Ons lees regdeur die brief aan die Filippense hoe Paulus hierdie eerste Europese gemeente liefgehad het en dat hulle hom terug liefgehad het. Geen wonder dat die brief so vol van vreugde en blydskap is nie, en daarby ‘n oproep is aan almal is om dié vreugde oral te versprei.
Soos met die proseliete-doop vir heidene wat die Joodse geloof aanneem, word Lidia se huismense (oikos) ingesluit toe sy gedoop word as een wat in Jesus glo. Interessant is dat haar kinders waarskynlik ingesluit is en dat dit onmiddellik gebeur het.
Paulus mors dus nie tyd nie – wanneer jy met hou hele hart glo, is jy alreeds ‘n deel van die liggaam van Christus, en moet jy daarom gedoop word. Geen kategese nie, net geloof in Christus.
En soos in alle vorige plekke waar die evangelie verkondig is, bly die teenstand nie uit nie. Geen goeie ding gebeur immers ooit sonder dat die magte van die bose monster om dit te dwarsboom nie!
Die slavin met ‘n waarsêergees is die eerste teenstand. Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees. Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is. Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, d.w.s. sonder dat hulle lippe beweeg het.
Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy die tweede lidmaat van die gemeente was.
Die eerste hindernis, die slawemeisie, demonstreer op geen onseker wyse nie, dat God sterker is as die magte van die duisternis. Maar die oorlog het natuurlik nog net begin!
Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld ingebring nie, verskerp die teenstand en word hulle in die tronk gegooi.
Net om daar die derde lidmaat van die gemeente tot bekering te bring, die tronkbewaarder. Hy en sy huisgesin (oikos) word ook gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang. Interessant dat die Romeine Brutus en Cassius juis in Filippi selfmoord pleeg, soos ons lees dat die bewaarder wou doen om sy eer te red. Jesus red hom egter van homself en daarby ook sy huisgesin.
Die tweede hindernis, die stadsraad wat Paulus en Silas in die tronk gooi, word dus nie net oorkom deurdat die aardbewing die deure van die tronk oopforseer nie, maar die tronkbewaarder self kom tot bekering, hy en sy hele huis, en hulle word gedoop.
Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal weer bymekaar kom in Lidia se huis. En die grondslag vir die eerste gemeente is gelê.
Paulus sou hulle nog twee keer besoek (20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf uit die tronk in Rome. En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het. Die eerste lidmate van hierdie pragtige gemeente begin dus hulle lewe in die huis van Lidia en word die grootste ondersteunersgroep van Paulus in die res van sy bediening.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - Aug 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - Aug 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - Aug 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - Aug 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - Aug 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - Aug 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - Aug 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - Aug 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - Aug 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - Aug 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - Sep 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - Sep 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - Sep 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - Sep 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - Sep 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - Sep 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - Sep 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - Sep 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - Sep 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - Sep 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - Sep 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - Sep 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - Sep 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - Sep 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - Sep 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - Sep 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - Sep 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - Sep 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - Sep 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - Sep 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - Jun 20, 2016