Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord
- volharding in gebed (18:1-8 – gelykenis van die weduwee en die regter),
- nederigheid teenoor God (18:9-14 – gelykenis van die Fariseër en die tollenaar),
- kinders wat welkom is by Hom en in die koninkryk (18:15-17) en oor
- die ewige lewe wat ’n geskenk van God is vir elkeen wat Jesus navolg (18:18-30 – die verhaal van die ryk jongman).
’n Bietjie meer oor die gelykenis van die weduwee en die regter
Waar Jesus in hoofstuk 16 die gelykenis van die oneerlike bestuurder vertel het, vertel Hy hier in hoofstuk 18 die gelykenis van die onregverdige regter. In beide gevalle word dieselfde byvoeglike naamwoord gebruik – adikia – om die persone te beskrywe, wat onderskeidelik die betekenis dra van oneerlik (bestuurder) en onregverdig (regter).
Waar Jesus die vreemde gelykenis van die oneerlike bestuurder gebruik het om die dissipels tot integriteit en betroubaarheid aan te spoor, gebruik Hy hierdie gelykenis van die onregverdige regter om die dissipels tot volhardende gebed aan te spoor en nie moedeloos te word nie. Wat die interpretasie hier makliker maak, is dat Jesus sy dissipels aanspoor om soos die weduwee aan te hou vra, teenoor die vorige gelykenis waar Jesus hulle aanspoor om die bestuurder se voorbeeld na te streef, maar net nie ter wille van hulleself nie, maar ter wille van die koninkryk.
Die Godsbeeld wat Jesus hier teken is van ‘n God wat nie slaap nie, en sy uitverkorenes se gebede om verlossing hoor en inderdaad verhoor. Hy sal reg laat geskied – die Griekse frase beteken letterlik: Hy sal regstel (of wraak neem, of herstel bring – in Engels revenge, retribution).
Die vraag is dus nie of God sal optree nie – Hy sal. Die vraag is of die dissipels (en ons) met dié geloof sal lewe en sal volhard, dag en nag, in gebed tot God.
Jesus word met juiging in Jerusalem verwelkom
Jesus kondig vir die derde keer sy naderende dood aan vir die twaalf, hoewel hulle dit steeds nie begryp het nie (18:31-34). Jesus se genesing van die blinde man by Jerigo (18:35-43) staan dus skerp in kontras met hulle geestelike blindheid.
Let op hoe die blinde man Jesus se identiteit bevestig met sy uitroep: “Jesus, Seun van Dawid”. En Jesus ontferm Hom oor die blinde, en doen dan presies wat die blinde oor Hom bely het. Let ook op hoe die blinde Jesus onmiddellik begin volg, anders as die ryk jongman van 18:18-30.
Die innemende verhaal van Saggeus (19:1-10), die hooftollenaar wat tot bekering kom en met oorvloed restitusie doen – vierdubbel teruggee wat hy afgepers het – en die helfte van sy goed met die armes deel, staan ook in skerp kontras met die verhaal van die ryk jongman. Hy ontvang Jesus met blydskap en reageer met dieselfde tipe vrygewigheid waarmee God in die gelykenis van die weduwee en die regter geteken word.
Die tema van besittings wat ’n deurlopende motief in die verhaal op pad na Jerusalem is (hfst. 9-19) word voortgesit met die gelykenis van die goue muntstukke (19:11-27) wat aan die een kant die belang van betroubaarheid illustreer, en aan die ander kant ’n veroordeling van die Fariseërs en die Joodse leiers is wat Hom nie as Koning erken het nie. Let ook op dat Jesus aan die begin uitspel dat Hy ook die mense se spoedige verwagting van die koms van die koninkryk wou inperk, waarskynlik aangesien Hy geweet het dat die evangelie die hele wêreld nog moes in.
Uiteindelik bereik Jesus dan Jerusalem en ry met ’n donkie die stad binne, in vervulling van die profesie in Sagaria 9:9 met die hele skare juigende volgelinge wat God uit volle bors prys oor al die wonderwerke wat hulle al gesien het (Ps 118:26).
View all posts in this series
- WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 - July 21, 2011
- Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe
- Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede - July 22, 2011
- Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here - July 25, 2011
- Lukas 3:1-38 – Jesus is familie van alle mense - July 26, 2011
- Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets - July 27, 2011
- WEEK 2: Lukas 4:14-9:50 - July 28, 2011
- Lukas 4:14-5:39 – Jesus het gekom vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes
- Lukas 6:1-49 – Luister en Leef - July 29, 2011
- Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief - August 1, 2011
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed - August 2, 2011
- Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het - August 3, 2011
- WEEK 3: Lukas 9:51-19:44 - August 4, 2011
- Lukas 9:51-11:54 – Gefokus op God en die naaste
- Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar - August 5, 2011
- Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes - August 8, 2011
- Lukas 16:1-17:37 – Dissipels leef met integriteit en genade - August 9, 2011
- Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord - August 10, 2011
- WEEK 4: Lukas 19:45-24:53 - August 11, 2011
- Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid
- Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed - August 12, 2011
- Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons - August 15, 2011
- Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges - August 16, 2011
- Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan - August 17, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
- Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het - March 21, 2017
- Die koninkryk van God is soos suurdeeg - February 27, 2019
- Droom – Doel – Doen - April 3, 2019
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Alta Knoetze
Ek wil net deur hierdie weg vir u baie dankie se vir die inligtig wat ek ontvang ek leer geweldig baie daaruit.
Chris van Wyk
My voorreg!