Tag: Psalms
Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat

As ‘n bonus gee ek vandag ook ‘n ekstra Psalm vir jou, Psalm 151. Dit is ‘n Psalm wat in die meeste van die Griekse vertalings van die OT voorkom (die LXX) wat beteken dat Jesus en die eerste gelowiges dié Psalm geken het. Daar is met die ontdekking van die Dooie See rolle ook twee Hebreeuse fragmente gekry wat waarskynlik die boustene van dié Psalm uitgemaak het.
Ek plaas die Psalm hier in die NRSV se weergawe daarvan[1]:
This psalm is ascribed to David as his own composition (though it is outside the number), after he had fought in single combat with Goliath.
1I was small among my brothers,
and the youngest in my father’s house;
I tended my father’s sheep.
2My hands made a harp;
my fingers fashioned a lyre.
3And who will tell my Lord?
The Lord himself; it is he who hears.
4It was he who sent his messenger
and took me from my father’s sheep,
and anointed me with his anointing oil.
5My brothers were handsome and tall,
but the Lord was not pleased with them.
6I went out to meet the Philistine,
and he cursed me by his idols.
7But I drew his own sword;
I beheaded him, and took away disgrace from the people of Israel.
Dit is ‘n Psalm wat eintlik nie ‘n nommer het nie, soos die opskrif aandui, maar ter wille van die plek wat dit baie keer inneem aan die einde van die Psalmboek die nommer 151 gekry het in die vertalings daarvan.
Let op hoe Dawid die Here loof dat Hy na hom luister, dat Hy hom geroep het (Samuel), en dat God hom gebruik het om oorwinning vir die volk te bewerk in die geveg teen Goliat.
Mag die Here jou ook die ervaring gee dat Hy na jou luister, jou roep en jou gebruik in sy koninkryk!
ONTHOU DAAR IS MÔRE … NOG ‘N VERRASSING …
[1] Anon, 1989. The Holy Bible: New Revised Standard Version, Nashville: Thomas Nelson Publishers.
Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof!
Psalm 150 roep alles wat asem het op om God te loof: “na die omvang van sy grootheid.” Dit is die laaste van die Psalms wat ingesluit is in die kanon en sluit die vyfde Psalmboek met lof af. Waar elkeen van die ander vier Psalmboeke egter afgesluit is met ‘n vers van lof (41:14; 72:18-19; 89:53 en 106:48), word die hele Psalmboek hiermee met ‘n volle loflied afgesluit.
Die Psalm bevat tien reëls wat op dieselfde patroon die lof van God besing, amper soos ‘n Tien Gebooie van lof, wat afsluit met ‘n elfde oproep: “Alles wat asem het, moet die Here loof”.
Die Psalm is eintlik baie eenvoudig saamgestel.
Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld
Psalm 149 roep die hele geloofsgemeenskap op om God te loof in hulle byeenkomste. Die redes vir die lof lê in God se goedgesindheid aan sy getroue volgelinge veral in die beskerming teen nasies wat hulle probeer verdruk: “want die Here is sy volk goedgesind; Hy vereer verdruktes met oorwinning.” (vers 4).
Let op hoe dié beskrywing van God aan die een kant tot lofprysing aanleiding gee in die byeenkomste van die geloofsgemeenskap: nuwe liedere wat gesing word, koordanse op die maat van tamboeryne en liere wat uitgevoer word. Hulle moet oor God se goedgesindheid van die verlede jubel selfs in die nag wanneer hulle gaan slaap. God se goedgesindheid is ‘n eer wat Hy hulle verleen en wat in sy volle konsekwensies beleef en besing moet word.
Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde
Psalm 148 brei die oproep tot lof uit tot die hele heelal – die hemel en die aarde, die skepsels en die skeppings. Die redes vir die lof lê in God se betroubare bevestiging van alles wat leef.
Dié lof word in die eerste plek gevra – vers 1-6 – van alles wat in die hemel gemaak is. Dit sluit die lewende skepsels in: engele en hemelse magte. Dit sluit ook die gepersonifieerde skeppings in: son, maan, sterre, selfs die water wat uit die hemelkoepel op die aarde reën verskaf.
Onlangse kommentaar