Ons lees die 4de kwartaal 2011 die eerste Psalmboek saam deur. Dit is veral Dawidiese Psalms wat daarin voorkom. Ons lees van Psalm 1 tot Psalm 41.
Ek begin 13 Oktober met die eerste bydraes om ’n inleiding op die Psalms te gee. In die gemeente Somerstrand sal ek dit die 19de Oktober bespreek by ons byeenkoms in die ARK om 18:30.
Van die 20ste Oktober begin ek met Psalm 1 en ons maak DV klaar die 28ste November met Psalm 41, waarna ek ’n terugblik gaan gee op die 29ste November veral met verwysing na Psalm 1 (en 2), die inleiding op die hele Psalmboek.
Onthou om te registreer om die bydraes per e-pos te ontvang.
Ek plaas hierdie week ‘n paar inleidende bydraes in voorbereiding vir ons leeswerk in die Psalms:
(vandag) Donderdag 13 Oktober – Indrukwekkende versameling geestelike liedere
Vrydag 14 Oktober – Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke
Maandag 17 Oktober – Historiese raamwerk
Dinsdag 18 Oktober – Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus in die Psalms
Woensdag 19 Oktober – Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina
Geniet!
Indrukwekkende versameling geestelike liedere
Die Psalms is ’n indrukwekkende versameling van geestelike liedere. Dit is ‘n “boek van lofliedere” soos die Hebreeuse titel Tehillîm dit stel (in Grieks Psalmoi). Dit sing in Psalm 1 van die vreugde om in God se teenwoordigheid soos ’n boom te floreer, en eindig met ’n oproep in Psalm 150 dat alles wat asem haal die Here moet prys. Die mens en die skepping vind sy doel en bestemming in die lewe saam met God. Aan die een kant beleef ons sin in gehoorsaamheid aan God (Ps 1) en aan die ander kant in die uitbundige lof aan God (Ps 150). Dit is ook net die gehoorsame wat God regtig kan loof!
Elke Psalm is aanvanklik onafhanklik geskrywe om uitdrukking te gee aan die Godsbelewenis van individue sowel as die gemeenskap van gelowiges, soos bv. nodig was in die tempel liturgie (1 Kron 25). Meesal word God self aangespreek, hoewel die gemeenskap van gelowiges ook soms aangespreek word (Psalm 33, 37), selfs onderrig word (Psalm 1), en sommige liedere dele bevat wat ook as selfgesprek bedoel is (Psalm 42:6,12; 43:5). Elke Psalm het dus ’n eie betekenis en perspektief op die ervarings met en van God.
Die Psalms het oor ’n baie lang tydperk – waarskynlik meer as 8 eeue – tot stand gekom. Die eerste Psalms kom uit die tyd van die konings, veral Dawid (73 Psalms word aan hom toegeskryf) – 1040-970 vC. Daar is ook ’n Psalm van Moses, Psalm 90, wat, as sy outeurskap aanvaar word, die vroegste Psalm is (ongeveer 14 de eeu vC). Daar is ook Psalms wat na die ballingskap van 597/6-520 vC gedateer word (bv Psalms 85 en 126), waarvan sommige moontlik selfs so laat as die Makkabeër tyd van 167-63 vC gedateer kan word (bv Psalms 44, 74, 79), hoewel die argumente daarvoor nie baie oortuigend is nie, en dit meer waarskynlik is dat die Psalmboek in sy huidige formaat reeds vroeër gefinaliseer is (Nahum Sarna).
Interessant genoeg is die individuele Psalms nie lukraak opgeneem in die Psalmboek nie. Die Psalms is versamel en in 5 boeke of bundels ingedeel: 1-41; 42-72; 73-89; 90-106; 107-150.
Chris van WykonGenesis 25:19-34Ek sal navraag doen by die eienaars van die plugin wat ek gebruik om die bydraes outomaties te stuur. Is daar nog mense wat dieselfde probleem het?
DavidonGenesis 25:19-34Ek ontvan nie meer my daaglikse stukke nie?
Jemima du PreezonGenesis 23Ek het Genesis so geniet, soveel by geller, wie kon raai dat die altare wat Abraham opgerig ook betekenis het in die Bybelse Tyd. Leer geweldig met hi…
Carel SmithonGenesis 22Wat 'n awesome boodskap Chris, oor Abraham en ware dissipelskap. Dit is inderdaad op ons elkeen van toepassing. Dankie.
Chris van WykonGenesis 21Mohammed word gereken as uit die nageslag van Ismael, maar het sy eie tradisie rondom Allah geskep in die 6de eeu nC. Uit Mohammed se nalatenskap het…
ArinaonGenesis 21Ismael lei tot die Islamitiese geloof. Genesis 21:18 wil God Ismael tot n groot nasie maak - mens veronderstel dat God bedoel het n nasie wat Hom aanb…
Hannes TerblancheonWie is God? nou in kursusformaat beskikbaarGoeie middag Dr van Wyk, Ek wil bitter graag registreer vir, Wie is God? wat nou in kursusformaat beskikbaar is. Die skakel in die epos wat ek vanogge…
Sakkie BothaonWie is God? nou in kursusformaat beskikbaarChris, Baie dankie vir die reeks oor Job. Dit het vir my persoonlik geweldig baie beteken. Groete en sterkte met komende Bybelstudies.
Chris van WykonJob 38-39Daar is redelike konsensus dat die verhaal uit die tyd vóór die wet in die tydvak van die patriarge plaasvind, maar moontlik eers later in boekvorm ge…