Ons lees die 4de kwartaal 2011 die eerste Psalmboek saam deur. Dit is veral Dawidiese Psalms wat daarin voorkom. Ons lees van Psalm 1 tot Psalm 41.
Ek begin 13 Oktober met die eerste bydraes om ’n inleiding op die Psalms te gee. In die gemeente Somerstrand sal ek dit die 19de Oktober bespreek by ons byeenkoms in die ARK om 18:30.
Van die 20ste Oktober begin ek met Psalm 1 en ons maak DV klaar die 28ste November met Psalm 41, waarna ek ’n terugblik gaan gee op die 29ste November veral met verwysing na Psalm 1 (en 2), die inleiding op die hele Psalmboek.
Onthou om te registreer om die bydraes per e-pos te ontvang.
Ek plaas hierdie week ‘n paar inleidende bydraes in voorbereiding vir ons leeswerk in die Psalms:
(vandag) Donderdag 13 Oktober – Indrukwekkende versameling geestelike liedere
Vrydag 14 Oktober – Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke
Maandag 17 Oktober – Historiese raamwerk
Dinsdag 18 Oktober – Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus in die Psalms
Woensdag 19 Oktober – Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina
Geniet!
Indrukwekkende versameling geestelike liedere
Die Psalms is ’n indrukwekkende versameling van geestelike liedere. Dit is ‘n “boek van lofliedere” soos die Hebreeuse titel Tehillîm dit stel (in Grieks Psalmoi). Dit sing in Psalm 1 van die vreugde om in God se teenwoordigheid soos ’n boom te floreer, en eindig met ’n oproep in Psalm 150 dat alles wat asem haal die Here moet prys. Die mens en die skepping vind sy doel en bestemming in die lewe saam met God. Aan die een kant beleef ons sin in gehoorsaamheid aan God (Ps 1) en aan die ander kant in die uitbundige lof aan God (Ps 150). Dit is ook net die gehoorsame wat God regtig kan loof!
Elke Psalm is aanvanklik onafhanklik geskrywe om uitdrukking te gee aan die Godsbelewenis van individue sowel as die gemeenskap van gelowiges, soos bv. nodig was in die tempel liturgie (1 Kron 25). Meesal word God self aangespreek, hoewel die gemeenskap van gelowiges ook soms aangespreek word (Psalm 33, 37), selfs onderrig word (Psalm 1), en sommige liedere dele bevat wat ook as selfgesprek bedoel is (Psalm 42:6,12; 43:5). Elke Psalm het dus ’n eie betekenis en perspektief op die ervarings met en van God.
Die Psalms het oor ’n baie lang tydperk – waarskynlik meer as 8 eeue – tot stand gekom. Die eerste Psalms kom uit die tyd van die konings, veral Dawid (73 Psalms word aan hom toegeskryf) – 1040-970 vC. Daar is ook ’n Psalm van Moses, Psalm 90, wat, as sy outeurskap aanvaar word, die vroegste Psalm is (ongeveer 14 de eeu vC). Daar is ook Psalms wat na die ballingskap van 597/6-520 vC gedateer word (bv Psalms 85 en 126), waarvan sommige moontlik selfs so laat as die Makkabeër tyd van 167-63 vC gedateer kan word (bv Psalms 44, 74, 79), hoewel die argumente daarvoor nie baie oortuigend is nie, en dit meer waarskynlik is dat die Psalmboek in sy huidige formaat reeds vroeër gefinaliseer is (Nahum Sarna).
Interessant genoeg is die individuele Psalms nie lukraak opgeneem in die Psalmboek nie. Die Psalms is versamel en in 5 boeke of bundels ingedeel: 1-41; 42-72; 73-89; 90-106; 107-150.
’n Mens kan egter agter die huidige indeling van die 5 boeke of bundels waarskynlik ’n historiese raamwerk raaksien[1].
Boek 1-2 (Psalms 1-72) is opgebou uit veral die Dawidiese Psalms wat uit die tyd van die konings kom tot en met die ballingskap – ongeveer die 11de tot 6de eeue vC, met Psalm 1 as inleiding. Die inhoud reflekteer dus die temas van lof en (veral) klag, soos dit verband gehou het met die wel en weë van die volk in daardie tyd, altyd geskets teen die agtergrond van God se oneindige goedheid en sorg vir die volk.
Boek 3 (Psalms 73-89) veronderstel meesal die ballingskap en val van Jerusalem – 6de eeu vC – met die vrae en dreigende wanhoop wat dit in die lewe van die volk opgeroep het. Dit is diep en donker wroeginge oor die toekoms, waarin die voorspoed van die onregverdiges en goddeloses tot baie vrae en worstelinge aanleiding gee. Ons vind hier dus meesal Klaagpsalms met Psalm 73 die inleiding wat die tema van twyfel eerlik op die tafel sit, weliswaar met die uiteindelike boodskap dat twyfel wel in die nabye teenwoordigheid van God tot rus kom.
Boek 4 (Psalms 90-106) fokus op Jahwe se koningskap ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis, met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem (Ps 106:47). Psalm 90, die Psalm van Moses, kan natuurlik baie vroeër wees en lei die tema van God as toevlug van geslag tot geslag in. Hier is dus veral Lofpsalms.
Boek 5 (Psalms 107-150) werk met die veronderstelling dat die terugkeer uit ballingskap al plaas gevind het (Ps 107:2-3), en loof God vir sy heerskappy oor die nasies (Ps 108) en fokus op die toekoms wat deur Hom moontlik word vir die volk. Psalm 107 funksioneer as ’n inleiding vir hierdie deel en loof die Here vir sy goedheid en liefde waaraan daar geen einde is nie. Die meeste Lofpsalms kom dus in hierdie deel voor.
Benewens bogenoemde narratiewe benadering tot die Psalms, wat ons help om van ons eie storie in die lig van die storie van Israel te kan sin maak, is daar natuurlik ook teologiese temas wat ons help om God se karakter en betrokkenheid by ons beter te kan verstaan. Die volgende twee temas staan vir my uit in die Psalms:
Gemeenskap met God – die Psalms werk met die veronderstelling dat gemeenskap met God die begin en die sin van die lewe is. Enigiets wat die kwaliteit en ervaring van die gemeenskap met God bedreig of in gevaar stel, bedreig die lewe self. God – Jahwe – is die sentrum van die lewe, die sentrum van alles wat bestaan. Om Hom die sentrum van jou eie lewe en dié van jou mense te maak, is daarom die enigste pad na ware geluk, soos Psalm 1 dit so treffend beskrywe, en wat ’n inleiding is vir die hele Psalmboek. God se wese word daarom in vele Psalms in gloeiende en oortreffende trappe van vergelyking beskrywe, waarin veral sy liefde en getrouheid, sy barmhartigheid en goedheid, en sy regverdigheid en betroubaarheid uitstaan. Selfs wanneer daar twyfel is, en die donker dele van die lewe in die oë gestaar moet word, word sin gevind in die nabye teenwoordigheid van God (Psalm 73).
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar