Skip to main content

BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150

Psalm107Die Psalms bly steeds die mees praktiese boek in die Bybel.  Dit leer ons hoe om na God te luister en insig te kry in sy wil vir ons lewe.  Dit leer ons hoe om te bid, beide wanneer dit sleg gaan en wanneer dit goed gaan.  Daarom is daar klaagpsalms sowel as lofpsalms.  Die wye verskeidenheid van Psalms leer ons dus hoe om God te loof en te aanbid in alle omstandighede.  En dit leer ons hoe om saam met ander vir Hom te leef.  Die Psalms spreek daarom ons hele menswees aan.

Die Psalms help ons om nie net “oor” God te praat nie, maar “met” Hom.  Dit is dan ook die fokus van die volgende Bybelskool oor die laaste en vyfde Psalmboek – Psalm 107-150.  Ek wil jou help om aan die hand van dié Psalms met God besig te raak.

Ons gaan die 43 Psalms van die vyfde Psalmboek elke weeksdag lees, behalwe Psalm 119 wat weens die lengte daarvan in 22 dele gelees gaan word.  Dit gee 64 “Psalms” wat in die derde en vierde kwartaal gelees gaan word.  Die bydraes begin 31 Augustus en eindig 7 Desember.  As jy dit nog nie gedoen het nie, skryf in by Bybelskool om dié bydraes elke weeksdag te ontvang.

EERSTE BYEENKOMS: 2 SEPTEMBER 18:00-19:00 IN DIE KONSISTORIE

Hier is ‘n visuele lusmaker van die belangrikste verse in dié reeks:

By Chris van Wyk

Die praktiese waarde van die Psalms

Psalm107Die Psalms bly steeds die mees praktiese boek in die Bybel.  Dit leer ons hoe om na God te luister en insig te kry in sy wil vir ons lewe.  Dit leer ons hoe om te bid, beide wanneer dit sleg gaan en wanneer dit goed gaan.  Daarom is daar klaagpsalms sowel as lofpsalms.  Die wye verskeidenheid van Psalms leer ons dus hoe om God te loof en te aanbid in alle omstandighede.  En dit leer ons hoe om saam met ander vir Hom te leef.

Die Psalms spreek daarom ons hele menswees aan.  Dit spreek ons intellek aan deur nie net God se betroubaarheid in die verlede in spel te bring nie, maar ook sy beloftes vir die toekoms (kognitief).  Dit leer ons hoe om van harte gehoorsaam te wees veral in hoe die wet as God se riglyne vir die lewe ons tot liefde vir mekaar en ons naaste kan inspireer (konatief).  Dit help ons ook om emosioneel gesond voor God te lewe deur vir ‘n wye reeks emosies plek te maak en maniere te gee om daaraan in ons verhouding voor God uiting te gee (affektief).

Continue reading

Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)

Psalm107Psalmboek 5 (Ps. 107-150) werk met die veronderstelling dat die terugkeer uit ballingskap al plaas gevind het (Ps. 107:2-3: “2So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het 3en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.”), en loof God vir sy heerskappy oor die nasies (Ps. 108) en fokus op die toekoms wat deur Hom moontlik word vir die volk.

  • Psalm 107 funksioneer dus as ’n inleiding vir hierdie deel en loof die Here vir sy goedheid en liefde waaraan daar geen einde is nie. Dit is ook ‘n dankpsalm.
  • Psalm 146-150 sluit die vyfde Psalmboek, trouens die hele boek van die Psalms, af met vyf Halleluja-lofliedere.
  • Die hart van dié Psalmboek vind ons in Psalm 119 wat op uitgebreide manier die geluk uitspel van een wat sy vreugde in die wet van die Here vind. Dit funksioneer dus as ‘n uitgebreide uitleg van Psalm 1.  Psalm 119 is ‘n alfabetiese akrostiese Psalm waarvan elke opeenvolgende groep van agt verse elke keer met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Ons gaan dit dan ook oor 22 dae lees om reg te laat geskied aan elke eenheid.

Drie ander reekse Psalms fokus die aandag op omgekeerde wyse op die toekoms, hede en verlede van Israel.

Continue reading

Hoe om die Psalms te lees

Psalm107Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.

’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):

Continue reading

Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie

Psalm107Die eerste drie Psalms funksioneer gesamentlik as ‘n inleiding vir die vyfde Psalmboek.  In die breë handel dié drie Psalms oor vryheid, veiligheid en verhoring.

  • Psalm 107 handel oor die vryheid wat God in ‘n verskeidenheid van kontekste gegee het, veral ná die ballingskap.
  • Psalm 108 handel oor die veiligheid wat die Godsvolk ervaar in die oorwinning wat God gee, al is daar nog talle dinge wat nie reg is nie.
  • Psalm 109 handel daarom oor die gebed om verhoring te midde van vele uitdagings om die redding van die Here voluit te kan ervaar.

Daarom begin die Psalms dan ook met ‘n  refrein wat gelowiges as lewensmotto kan gebruik. Dit sluit mense in wat reeds bewus is van die vryheid en veiligheid wat die Here bring.  Dit sluit egter ook mense in wat maar al te bewus is van die uitdagings wat daar steeds bestaan. Dinge waarvoor die Here nog uitkoms moet bewerk.  Dinge waarvoor Hy nog hulle gebede moet verhoor.

Die refrein is dan ook die inleiding van die hele vyfde Psalmboek:

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.