BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150

Psalm107Die Psalms bly steeds die mees praktiese boek in die Bybel.  Dit leer ons hoe om na God te luister en insig te kry in sy wil vir ons lewe.  Dit leer ons hoe om te bid, beide wanneer dit sleg gaan en wanneer dit goed gaan.  Daarom is daar klaagpsalms sowel as lofpsalms.  Die wye verskeidenheid van Psalms leer ons dus hoe om God te loof en te aanbid in alle omstandighede.  En dit leer ons hoe om saam met ander vir Hom te leef.  Die Psalms spreek daarom ons hele menswees aan.

Die Psalms help ons om nie net “oor” God te praat nie, maar “met” Hom.  Dit is dan ook die fokus van die volgende Bybelskool oor die laaste en vyfde Psalmboek – Psalm 107-150.  Ek wil jou help om aan die hand van dié Psalms met God besig te raak.

Ons gaan die 43 Psalms van die vyfde Psalmboek elke weeksdag lees, behalwe Psalm 119 wat weens die lengte daarvan in 22 dele gelees gaan word.  Dit gee 64 “Psalms” wat in die derde en vierde kwartaal gelees gaan word.  Die bydraes begin 31 Augustus en eindig 7 Desember.  As jy dit nog nie gedoen het nie, skryf in by Bybelskool om dié bydraes elke weeksdag te ontvang.

EERSTE BYEENKOMS: 2 SEPTEMBER 18:00-19:00 IN DIE KONSISTORIE

Hier is ‘n visuele lusmaker van die belangrikste verse in dié reeks:

By Chris van Wyk

Die praktiese waarde van die Psalms

Psalm107Die Psalms bly steeds die mees praktiese boek in die Bybel.  Dit leer ons hoe om na God te luister en insig te kry in sy wil vir ons lewe.  Dit leer ons hoe om te bid, beide wanneer dit sleg gaan en wanneer dit goed gaan.  Daarom is daar klaagpsalms sowel as lofpsalms.  Die wye verskeidenheid van Psalms leer ons dus hoe om God te loof en te aanbid in alle omstandighede.  En dit leer ons hoe om saam met ander vir Hom te leef.

Die Psalms spreek daarom ons hele menswees aan.  Dit spreek ons intellek aan deur nie net God se betroubaarheid in die verlede in spel te bring nie, maar ook sy beloftes vir die toekoms (kognitief).  Dit leer ons hoe om van harte gehoorsaam te wees veral in hoe die wet as God se riglyne vir die lewe ons tot liefde vir mekaar en ons naaste kan inspireer (konatief).  Dit help ons ook om emosioneel gesond voor God te lewe deur vir ‘n wye reeks emosies plek te maak en maniere te gee om daaraan in ons verhouding voor God uiting te gee (affektief).

Continue reading

Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)

Psalm107Psalmboek 5 (Ps. 107-150) werk met die veronderstelling dat die terugkeer uit ballingskap al plaas gevind het (Ps. 107:2-3: “2So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het 3en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.”), en loof God vir sy heerskappy oor die nasies (Ps. 108) en fokus op die toekoms wat deur Hom moontlik word vir die volk.

  • Psalm 107 funksioneer dus as ’n inleiding vir hierdie deel en loof die Here vir sy goedheid en liefde waaraan daar geen einde is nie. Dit is ook ‘n dankpsalm.
  • Psalm 146-150 sluit die vyfde Psalmboek, trouens die hele boek van die Psalms, af met vyf Halleluja-lofliedere.
  • Die hart van dié Psalmboek vind ons in Psalm 119 wat op uitgebreide manier die geluk uitspel van een wat sy vreugde in die wet van die Here vind. Dit funksioneer dus as ‘n uitgebreide uitleg van Psalm 1.  Psalm 119 is ‘n alfabetiese akrostiese Psalm waarvan elke opeenvolgende groep van agt verse elke keer met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Ons gaan dit dan ook oor 22 dae lees om reg te laat geskied aan elke eenheid.

Drie ander reekse Psalms fokus die aandag op omgekeerde wyse op die toekoms, hede en verlede van Israel.

Continue reading

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: