Die aarde is rond

Apollo 17 se foto van 1972 - NASA
Apollo 17 se foto van 1972 – NASA

Sommige mense het die idee dat voor Kopernikus niemand geweet het dat die aarde rond is nie, en dat die kerk eers daarna, in reaksie op die moderne wetenskap, tot inkeer gekom het en hulle kosmologie aangepas het tot wat ons vandag as die algemene beeld ken dat die aarde ‘n sfeer is wat in die ruimte voortspoed om die son.

Dit is nie korrek nie.

Eerstens, die Bybel praat nie net in digterlike taal van ‘n aarde wat op pilare bevestig is nie om daarmee die betroubaarheid van God se skepping uit te druk nie (Ps. 75:4). Die Bybel praat ook vanuit die waarneming dat die horison van die aarde nie ‘n reguit lyn beskryf nie, maar ‘n sirkel. Jesaja 40:22 praat bv. van die “sirkel van die aarde” – soos Peterson vertaal: “God sits high above the round ball of earth” wat die idee van ‘n geboë horison in spel bring. So ook Spreuke 8:27. Job 26:10 praat ook van ‘n sirkel op die aarde waar die grens tussen lig en donker te siene is, wat op dieselfde wyse ‘n aanduiding is dat die aarde nie net as ‘n plat oppervlak gesien is nie, maar ook as ‘n geboë of sferiese voorwerp.

Wat nog meer merkwaardig is, is dat drie verse te vore, in Job 26:7, van die aarde as ‘n liggaam gepraat word wat hang in die ruimte: “Hy laat die aarde hang waar niks is nie”. Die idee van ‘n aarde wat in die ruimte hang, “sonder pilare”, kom dus ook in die Bybel voor. Voorwaar nie iets wat mense gewoonlik in hulle idee van die kosmologie van die Bybel verreken nie!

Tweedens, die Grieke het al ses eeue v.C. die aarde as rond beskryf. Pythagoras word meesal gekrediteer met die eerste beskrywing daarvan, maar dit het gou gemeengoed in die Griekse wêreld geword, soos verskillende skrywers bevestig, onder andere Plato en Aristoteles. Erastothenes het selfs die omtrek van die aarde redelik akkuraat gemeet in die 3de eeu v.C. Ook die Romeine het hierdie idees oorgeneem soos ‘n mens by Cicero en Plinus kan agterkom, sowel as by die Islamitiese astronome.

Dié gegewens is belangrik, omdat ons moet onthou dat die Griekse taal en kultuur ‘n belangrike invloed uitgeoefen het op die Jode wat die OT in Grieks vertaal het (die LXX) en dié OT die Bybel van die eerste Christene was. Hulle moes dus kennis gedra het van die Griekse idees oor die kosmos. Die Griekse idees het ook ongetwyfeld ‘n belangrike invloed op die apostels en ander skrywers van die NT gehad.

Derdens, van die ou kerkvaders het die idee van ‘n ronde aarde van vroeg af gekoop, Augustinus, Boethius, Isodore van Seville (wat wel die aarde meer as ‘n wiel gesien het), Bede (wat baie spesifiek oor die lig/donker fenomeen as bewys van die sferiteit van die aarde geskryf het), hoewel daar ook ander teenstemme was, vóórdat die kerk van die 16de eeu met hulle stiksienige idees probeer het om Kopernikus stil te maak, deur sy boek ná sy dood te verban, en die aarde as plat probeer verklaar het, ook in die kerk se stryd teen Galileo.

Gelukkig het die idee van ‘n ronde aarde nie met dié teenstand gesneuwel nie, en weet ons vandag dat daar nie so iets soos ‘n plat aarde is nie.

Maar, dat die aarde rond is, is nie ‘n idee wat met die moderne wetenskap gekom het nie! Dit is ‘n idee wat alreeds van vroeg af op ‘n verskuilde manier in die Bybel aanwesig was en eksplisiet deur die Grieke en Romeine, sowel as van die ou kerkvaders gepropageer is.

Daar is eintlik niks nuuts onder die son nie …


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: