Skip to main content

Die aarde is rond

Apollo 17 se foto van 1972 - NASA
Apollo 17 se foto van 1972 – NASA

Sommige mense het die idee dat voor Kopernikus niemand geweet het dat die aarde rond is nie, en dat die kerk eers daarna, in reaksie op die moderne wetenskap, tot inkeer gekom het en hulle kosmologie aangepas het tot wat ons vandag as die algemene beeld ken dat die aarde ‘n sfeer is wat in die ruimte voortspoed om die son.

Dit is nie korrek nie.

Eerstens, die Bybel praat nie net in digterlike taal van ‘n aarde wat op pilare bevestig is nie om daarmee die betroubaarheid van God se skepping uit te druk nie (Ps. 75:4). Die Bybel praat ook vanuit die waarneming dat die horison van die aarde nie ‘n reguit lyn beskryf nie, maar ‘n sirkel. Jesaja 40:22 praat bv. van die “sirkel van die aarde” – soos Peterson vertaal: “God sits high above the round ball of earth” wat die idee van ‘n geboë horison in spel bring. So ook Spreuke 8:27. Job 26:10 praat ook van ‘n sirkel op die aarde waar die grens tussen lig en donker te siene is, wat op dieselfde wyse ‘n aanduiding is dat die aarde nie net as ‘n plat oppervlak gesien is nie, maar ook as ‘n geboë of sferiese voorwerp.

Wat nog meer merkwaardig is, is dat drie verse te vore, in Job 26:7, van die aarde as ‘n liggaam gepraat word wat hang in die ruimte: “Hy laat die aarde hang waar niks is nie”. Die idee van ‘n aarde wat in die ruimte hang, “sonder pilare”, kom dus ook in die Bybel voor. Voorwaar nie iets wat mense gewoonlik in hulle idee van die kosmologie van die Bybel verreken nie!

Tweedens, die Grieke het al ses eeue v.C. die aarde as rond beskryf. Pythagoras word meesal gekrediteer met die eerste beskrywing daarvan, maar dit het gou gemeengoed in die Griekse wêreld geword, soos verskillende skrywers bevestig, onder andere Plato en Aristoteles. Erastothenes het selfs die omtrek van die aarde redelik akkuraat gemeet in die 3de eeu v.C. Ook die Romeine het hierdie idees oorgeneem soos ‘n mens by Cicero en Plinus kan agterkom, sowel as by die Islamitiese astronome.

Dié gegewens is belangrik, omdat ons moet onthou dat die Griekse taal en kultuur ‘n belangrike invloed uitgeoefen het op die Jode wat die OT in Grieks vertaal het (die LXX) en dié OT die Bybel van die eerste Christene was. Hulle moes dus kennis gedra het van die Griekse idees oor die kosmos. Die Griekse idees het ook ongetwyfeld ‘n belangrike invloed op die apostels en ander skrywers van die NT gehad.

Derdens, van die ou kerkvaders het die idee van ‘n ronde aarde van vroeg af gekoop, Augustinus, Boethius, Isodore van Seville (wat wel die aarde meer as ‘n wiel gesien het), Bede (wat baie spesifiek oor die lig/donker fenomeen as bewys van die sferiteit van die aarde geskryf het), hoewel daar ook ander teenstemme was, vóórdat die kerk van die 16de eeu met hulle stiksienige idees probeer het om Kopernikus stil te maak, deur sy boek ná sy dood te verban, en die aarde as plat probeer verklaar het, ook in die kerk se stryd teen Galileo.

Gelukkig het die idee van ‘n ronde aarde nie met dié teenstand gesneuwel nie, en weet ons vandag dat daar nie so iets soos ‘n plat aarde is nie.

Maar, dat die aarde rond is, is nie ‘n idee wat met die moderne wetenskap gekom het nie! Dit is ‘n idee wat alreeds van vroeg af op ‘n verskuilde manier in die Bybel aanwesig was en eksplisiet deur die Grieke en Romeine, sowel as van die ou kerkvaders gepropageer is.

Daar is eintlik niks nuuts onder die son nie …


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!