Genesis 36 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in
Hierdie hoofstuk bevat die vierde kort fase van die verbondsgeskiedenis (hoofstuk 12-50) soos dit telkens met die frase: “die familiegeskiedenis”, in Genesis aangedui word. Die eerste fase was dié van Tera waarin die verhaal van Abraham egter heeltemal oorheers het aangesien hy die volle pad tot in Kanaän aangedurf het. Die tweede fase was dié van Ismael wat net kort vertel is, aangesien hy nie in Kanaän bly woon het nie, maar in Arabië. Die derde fase was die verhaal van Isak waarin die verhaal van Jakob baie prominent was wat geëindig het met Jakob weer terug in die land ná sy omswerminge in Haran.
Hierdie vierde fase van die verbondsgeskiedenis word ook kort vertel en fokus op die nageslag van Esau wat uiteindelik ook nie in die land Kanaän agter gebly het nie, maar hulle eie grondgebied in Seïr betrek het, die gebied van die latere Edomiete. Die frase word hier twee keer gebruik, maar handel oor dieselfde nasie. Die volgende hoofstuk sal die vyfde en laaste fase van die verbondsgeskiedenis vertel, die verdere geskiedenis van Jakob waarin Josef ‘n prominente rol gaan speel.
Dit is duidelik dat die ontwikkeling van die families vir Genesis belangrik is, veral die families van die uitverkore geloofsgemeenskap van Israel. Daarom word die geslagsregisters van beide die “verkose” families en die “verwerpte” families aangegee, maar met die verskil dat die “verkose” families se verhale ook vertel word, maar net die geslagslyste van die “verwerpte” families aangegee word. Die verkose families raak dus daarmee deel van God se verhaal met hierdie wêreld.
Die familiegeskiedenis van Esau word in vier afdelings hanteer.
- Esau se direkte familiegeskiedenis – 36:1-19
- Die nageslag van Seïr – 36:20-30
- Die konings van Edom – 36:31-39
- Die Stamhoofde van Esau – 36:40-43
Kort bespreking
1. Die name van die drie vroue wat hier aangegee word, verskil van die drie name vir Esau se vroue in Gen. 26:34 en 28:9. Daar is gesê dat Esau getrou het met Jehudit dogter van Beëri, en met Basemat dogter van Elon, sowel as met Magalat dogter van Ismael, Abraham se seun. Sy was die suster van Nebajot. Hier word gesê dat Esau getrou het met Ada dogter van Elon en met Oholibama dogter van Ana, dogter van Sibonen en met Basemat dogter van Ismael en suster van Nebajot.
Dit kan wees dat hier verskillende tekstradisies agter die verskille in name lê of selfs dat die vroue meer as een naam gehad het. Die belangrike punt om hierdie vroue se afkoms weer te beklemtoon, is om aan te dui dat Esau – en ook Ismael – met die plaaslike bevolking ondertrou het wat hulle vatbaar gemaak het vir afgodery en onsedelikheid.
Die “uitverkore” families het deurgaans dié uitdaging die hoof gebied, hoewel daar ook soms afdwalings was, soos ons onder andere in hoofstuk 38 gaan lees in die verhaal van Juda wat met Bat-Sua, die Kanaänitiese vrou, trou en toe met die uitgeslape Tamar, waarskynlik ook ‘n Kanaänitiese vrou, te doene gekry het. Hoewel die latere wet dié voorvaderlike gebruik om nie met Kanaäniete te ondertrou nie, vasgelê het (Deut. 7:3), het Tamar haar met haar optrede skielik binne die Messiaanse lyn bevind. Wonderlike uitkoms!
2. Die name van die seuns en kleinseuns wat vir Esau gebore is, kom ooreen met die geslagsregister wat in 1 Kronieke 1:35-42 aangegee word sowel as die konings en stamhoofde wat hier genoem word wat ooreenkom met die lys in 1 Kronieke 1:43-54. Dit bevestig die oorlewering hiervan as gesagvol.
3. Esau se nageslag se verkiesing van konings lank voor Israel dieselfde gedoen het, is betekenisvol. Koningskap in Israel was ‘n laat ontwikkeling en op versoek van die volk, soos die verhaal van Saul vir ons uitwys. Dit is ook duidelik dat hierdie lys van Edomitiese konings wys dat die konings mekaar nie direk opgevolg het nie. Elke keer is daar ‘n ander stad betrokke en die konings se name kom nie ooreen met die vorige koning nie. Dat daar later net met stamhoofde geregeer is, is waarskynlik aan die veldtogte van Dawid te wyte, wat Edom aan hom onderhorig gemaak het (1 Kron. 18:13; 2 Sam. 8:13-14).
4. Die verdere belang van die geslagsregister van Esau op dié punt in die verhaal is om die historiese verbintenis van Israel aan sy buurvolkere te beklemtoon. Hoewel Esau – en ook Ismael – nie die uitverkore seuns in terme van die Godsvolk was nie, is hulle steeds deel van die antieke verhale van die oorsprong van die Godsvolk. Die geskiedenis van Israel kan dus ook nooit losgemaak word van dit wat rondom hulle gebeur nie, selfs vandag nog.
5. Die belangrikste punt van hierdie eerste beskrywing van Esau se geslagsregister is waarskynlik dat dit die trek na ‘n ander land verduidelik. Daarmee het hy enige reg op die beloofde land verbeur. Hy het met sy vrouens en sy seuns en dogters en al die mense by hom sowel as met sy kleinvee en grootvee en al sy besittings wat hy in Kanaän bymekaargemaak het, weggetrek na ’n ander land toe, weg van sy broer Jakob af.
Die rede wat aangegee word, is dat hulle twee se besittings te veel was, sodat hulle nie saam kon boer nie. Die land waar hulle as vreemdelinge gebly het – let op die belangrike feit van “vreemdelingskap” na al die jare in die land! – kon nie hulle vee dra nie.
Die feit is egter dat Esau, die voorvader van die Edomiete die beloofde land verlaat het en in die Seïrberge gaan woon het. Enige aanspraak op die beloofde land word daarmee versaak, soos hy in der waarheid ook afstand gedoen het van sy eersgeboortereg.
View all posts in this series
- God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
- Die Pentateug
- Hoe lees ons die verhale in die Bybel?
- Lees, Luister, Leef
- Genesis – Die oorsprong van alle dinge
- Genesis in sy ontstaanswêreld
- Die verskille oordonder die ooreenkomste.
- Indeling
- Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep
- Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie
- Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde
- Genesis 4 – Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld
- Genesis 6 – God is bedroef dat Hy die mens gemaak het, maar begenadig Noag
- Genesis 7 – Ek het jou gesien en bevind jou regverdig
- Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark
- Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens
- Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
- Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek
- Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys
- Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram
- Genesis 14 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog
- Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram
- Genesis 16 – Abram val vir die versoeking om self ‘n nageslag te voorsien
- Genesis 17 – Lewe naby My en wees onberispelik
- Genesis 18 – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop
- Ekskursus: Kan God van gedagte verander?
- Genesis 19 – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees
- Genesis 20 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag
- Genesis 21 – Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het
- Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien
- Genesis 23 – Sara word begrawe in die Makpelagrot as vervulling van die landsbelofte
- Genesis 24 – God gee vir Isak ‘n gasvrye vrou wat hom vertroos na die dood van Sara
- Genesis 25:1-18 – Abraham omhels die roeping van God enduit
- Genesis 25:19-34 – Esau minag sy eersgeboortereg en verkoop dit aan Jakob
- Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee
- Genesis 27:1-45 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan
- Genesis 27:46-28:22 – Die Godsverhouding en die beskerming van die huwelik bevestig die geloofsgemeenskap
- Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban
- Genesis 31 – Die Here stuur Jakob as ‘n ryk man weer terug na Kanaän
- Genesis 32 – Jakob worstel enduit met God en word verander van bedrieër na begenadigde
- Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom
- Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord
- Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het
- Genesis 36 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in
- Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte
- Genesis 38 – Tamar tree as verlosser op in Juda se afvalligheid en losbandigheid
- Genesis 39:1-20 – Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly
- Genesis 39:21-40:23 – Josef lê drome uit in die tronk met God se hulp
- Genesis 41 – Josef se lot word dramaties verander van vergete na vrugbaar
- Genesis 42 – Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte
- Genesis 43 – Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle barmhartig en genadig sal wees
- Genesis 44 – Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring
- Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was
- Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef
- Genesis 47-48 – Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns
- Genesis 49-50 – Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms
- Oor die woord van Sarai
Tags: Genesis
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/