Lees, Luister, Leef
Ek nooi jou uit om die Pentateug “geestelik” te lees, as God se woord aan jou in jou spesifieke omstandighede. Dit is wat die woord Lectio Divina beteken – geestelike lees. Die inligting wat ek in elke hoofstuk gee, help jou net om sin te maak van gedeeltes wat moeiliker is om te verstaan en gee jou ’n groter raamwerk om jou eie verstaan by in te pas en ook te toets, sodat jy nie van die spoor afgaan met moeiliker gedeeltes nie.
Ek glo dat die hele Bybel God se woord aan jou is, en daarom moet jy dit ook binne jou verhouding met Hom lees, presies wat elkeen van die boeke van die Pentateug eintlik sê.
Ek het al baie maniere van lees deur die loop van die Bybelskool voorgestel. Die een wat vir myself die beste werk, is soos volg:
- LEES – Raak stil voor die Here. Lees die teksgedeelte deeglik deur, desnoods 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het (sinopsis van wat my tref) en dink na oor wat jou daarin tref.
- LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte wil sê. Waar raak hierdie gedagte jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help my sin maak van my eie ervarings in die lig van God se Woord.
- LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
Die proses sal gou só deel van jou manier van lees word, dat jy dit eintlik outomaties sal kan doen: lees, luister, leef. Jy is welkom om dit só te gebruik of aan te pas vir jou eie behoeftes.
Lectio Divina
Indien jy ’n meer omvattende Lectio Divina metodiek wil gebruik, kan jy hierdie een van Alice Fryling (The Art of Listening) gebruik wat ek self baie sinvol vind, hoewel ’n mens meer tyd hiervoor opsy moet sit. Dit werk met 6 bewegings:
- Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te wees. Gebruik musiek, óf ’n Psalmvers, óf ’n meditasie oefening, óf net die stilte van die omgewing. Dink na oor wat sleg was die afgelope dag (week). Vra die Here vir vergifnis, verandering, vertroosting. Dink na oor wat goed was die afgelope dag (week). Sê vir die Here dankie daarvoor. Bid vir insig in jou lees van die Bybel.
- Lectio – lees die Skrifgedeelte, hardop indien moontlik, en fokus op die verse of gedagtes wat jou tref. Dink na oor temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees my bydrae en dink na oor wat jou daarin tref.
- Meditatio – kies een gedagte, en oordink die praktiese impak van die gedagte op jou lewe. Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte wil sê. Waar raak die gedagtes in die Bybel jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die boodskap van dié gedagte vir jou dag en lewe? Besluit hoe jy gaan reageer daarop.
- Oratio – antwoord God in gebed daarop. Fokus op dit wat jy ervaar die Here op jou hart lê. Doen ook voorbidding. Skryf dit alles neer in jou joernaal.
- Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat. Dit kan ’n paar minute wees of langer. Spandeer een keer ’n week ’n bietjie meer tyd hieraan.
- Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
Riglyne vir Bybelstudiegroepe en Bybelskole
Laat elkeen die gedeeltes lees wat ek hier publiseer en vir hulle persoonlike stiltetyd gebruik soos hierbo beskryf.
Kom ooreen op die aantal hoofstukke wat julle elke week gaan lees. Julle kan byvoorbeeld kies om die aantal hoofstukke te lees wat ek weekliks hanteer, en dan een keer ’n week by mekaar te kom om dit te bespreek. Julle kan dit natuurlik ook oor ’n langer tydperk deurlees.
Gebruik dan die volgende proses vir julle byeenkoms:
- LEES – Raak stil voor die Here. Gebruik van die voorstelle hierbo van die Silencio van Lectio Divina. Laat elkeen een kort teksgedeelte voorlees uit die hoofstukke wat julle gelees het, en deel wat hom of haar daarin getref het. Gebruik julle joernale. Deel dan met mekaar watter temas julle raakgesien het in die onderskeie bydraes. Watter ander gedagtes wil julle byvoeg? Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld?
- LUISTER – Dink na oor wat God vir julle as groep deur al die gedagtes wil sê. Waar raak hierdie gedagtes julle lewe in die praktyk? Wat vra dit van julle? Wat belowe dit vir julle? Wat moet julle dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir julle lewe?
- LEEF – Besluit hoe julle daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Doen ook voorbidding. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God julle gee met julle saamgaan tot die volgende byeenkoms. Leef dit uit.
Indien die stof in ’n Bybelskool hanteer word, en daar baie deelnemers is, kan die groep óf in kleiner groepe opgedeel word, met ’n kleingroepleier wat die gesprek in elke kleiner groep begelei, waarna terugvoer gegee word aan die hele groep.
Óf die leier van die Bybelskool kan in wisselwerking met die groep meer tyd spandeer om hulle insigte en vrae te fasiliteer en hoofstuk vir hoofstuk deur die Bybelteks te werk. Fokus telkens op wat die afgelope week se leeswerk vir julle van God sê, van mense, en van die wêreld.
Probeer om deelnemers se verstaan van die Bybelteks op te helder, veral in die hantering van hulle insigte en vrae. Lei die gesprek altyd ook in die rigting van die betekenis daarvan vir julle as gemeente, en vir elkeen persoonlik. En beklemtoon dat ons eers regtig die teks verstaan wanneer ons begin om dit wat ons lees ook uit te leef.
View all posts in this series
- God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
- Die Pentateug
- Hoe lees ons die verhale in die Bybel?
- Lees, Luister, Leef
- Genesis – Die oorsprong van alle dinge
- Genesis in sy ontstaanswêreld
- Die verskille oordonder die ooreenkomste.
- Indeling
- Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep
- Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie
- Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde
- Genesis 4 – Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld
- Genesis 6 – God is bedroef dat Hy die mens gemaak het, maar begenadig Noag
- Genesis 7 – Ek het jou gesien en bevind jou regverdig
- Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark
- Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens
- Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
- Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek
- Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys
- Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram
- Genesis 14 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog
- Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram
- Genesis 16 – Abram val vir die versoeking om self ‘n nageslag te voorsien
- Genesis 17 – Lewe naby My en wees onberispelik
- Genesis 18 – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop
- Ekskursus: Kan God van gedagte verander?
- Genesis 19 – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees
- Genesis 20 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag
- Genesis 21 – Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het
- Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien
- Genesis 23 – Sara word begrawe in die Makpelagrot as vervulling van die landsbelofte
- Genesis 24 – God gee vir Isak ‘n gasvrye vrou wat hom vertroos na die dood van Sara
- Genesis 25:1-18 – Abraham omhels die roeping van God enduit
- Genesis 25:19-34 – Esau minag sy eersgeboortereg en verkoop dit aan Jakob
- Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee
- Genesis 27:1-45 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan
- Genesis 27:46-28:22 – Die Godsverhouding en die beskerming van die huwelik bevestig die geloofsgemeenskap
- Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban
- Genesis 31 – Die Here stuur Jakob as ‘n ryk man weer terug na Kanaän
- Genesis 32 – Jakob worstel enduit met God en word verander van bedrieër na begenadigde
- Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom
- Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord
- Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het
- Genesis 36 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in
- Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte
- Genesis 38 – Tamar tree as verlosser op in Juda se afvalligheid en losbandigheid
- Genesis 39:1-20 – Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly
- Genesis 39:21-40:23 – Josef lê drome uit in die tronk met God se hulp
- Genesis 41 – Josef se lot word dramaties verander van vergete na vrugbaar
- Genesis 42 – Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte
- Genesis 43 – Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle barmhartig en genadig sal wees
- Genesis 44 – Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring
- Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was
- Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef
- Genesis 47-48 – Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns
- Genesis 49-50 – Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms
- Oor die woord van Sarai
Tags: Genesis
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Heinrich, die term apokaliptiek is afgelei van ‘n Griekse woord wat “openbaring” beteken. Dit verwys na literatuur wat geskryf is oor die toekomstige oordeel aan die einde van die tyd. Dit word gekenmerk deur simboliek en hemelse agente wat optree. Apokaliptiese geskrifte verwag dat God die ou onvolmaakte orde sal vernietig en die wêreld na sy oorspronkilke paradys-agtige toestand sal herstel. Dit is Bybelse boeke soos Daniël (hfst 7-12) en Openbaring, asook Bybelgedeeltes soos Jesaja 24-27 en Matteus 24-25.
Heinrich Du Preez
| #
Hi
Ek wil graag weet wat beteken apokapliptiese boeke
Chris van Wyk
| #
Hi Kobie,
Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele
Matteus is die enigste wat hierdie gelykenis van Jesus vertel (Matt 13:51-52).
Nuwe en ou skatte
51 “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” het hulle geantwoord. 52 En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat ‘n leerling in die koninkryk van die hemele geword het, soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.” (Bybel 2020-vertaling).
Daarom rond Jesus ‘n gesprek af wat Hy oor sy geestelike familie gehad het (“Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” – Matt 12:50). Hy het in die loop van die gesprek sewe gelykenisse oor die koninkryk van die hemele vertel, die gelykenisse van die saaier, onkruid, mosterdsaad, suurdeeg, verborge skat, pêrel en treknet.
Jesus het hierdie gelykenisse vertel, sodat dié wat ore het om te hoor, kan hoor (Matt 13:9-17). Die ongemaklike waarheid was dat daar talle Jode was wat juis nie wou hoor nie, en daarom was die gelykenisse vir hulle onverstaanbaar. Die gelykenisse was net verstaanbaar vir dié wat ore gekry het van sy Vader om te hoor (Matt 13:11), dié wat bereid was om te doen wat God vra (Matt 12:50).
Jesus vra dan die disspels of hulle regtig verstaan wat Hy deur die gelykenisse geleer het. Hy moet seker maak dat hulle verstaan voor Hy verder die evangelie met hulle deel.
Op hulle positiewe antwoord vertel Jesus dan ‘n verdere gelykenis, die gelykenis van die huiseienaar en sy voorraadkamer, om hulle te bevestig in hulle verstaan van die evangelie. Hulle is soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy voorraadkamer haal.
Dit is trouens ‘n beskrywing van wat met elke skrifkenner gebeur wat tot insig kom. Wanneer hy of sy deel word van Jesus se familie, omdat hulle bereid is om die wil van God te doen, word hulle leerlinge in die koninkryk van die hemele. En kry hulle die voorreg om kreatief te werk met beide die nuwe – Jesus se lering – en die oue – die Skrif van die OT. Saam vorm dit die Woord van God.
Boodskap en betekenis
Hierdie gelykenis is ‘n absoluut fundamentele uitspraak oor die relevansie van beide die Skrif – die Ou Testament – en die boodskap van Jesus – die uiteindelike Nuwe Testament. Elkeen wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemele sal nuut kyk na die openbaring van God, sê Jesus.
Aan die een kant sal hulle ‘n nuwe perspektief op die waarde van die oue kry – die OT. Aan die ander kant sal hulle insig kry in die waarde van die nuwe – die NT. Trouens, deur die bril van die openbaring van Jesus – die NT – sal hulle juis die oue nuut kan waardeer – die OT.
Charles Quarles gebruik hierdie gelykenis van Jesus as die invalshoek van sy teologie van Matteus – A Theology of Matthew: Jesus Revealed as Deliverer, King, and Incarnate Creator. Hy sê dat daar ‘n goeie saak uit te maak is daarvoor dat Matteus die gelykenis ook outobiografies verstaan het. Dit is nie net waar van elke skrifkenner nie, maar ook van Matteus wat ‘n kenner van die OT was.
Daarvan getuig die talle aanhalings wat hy uit die OT maak. Onder andere is daar 19 profesieë uit die OT wat Matteus op Jesus van toepassing maak as getuienis dat dit in Hom vervul is.
Vir jou verstaan van die oue en die nuwe en die blywende waarde van albei sal dit die moeite werd wees om die verwysings in hierdie lys na te gaan en te oordink.
Matteus stel Jesus aan ons voor as die vervulling van die volgende OT profesieë:
1. Matteus 1:22-23 sê Jesaja 7:14 is vervul in Jesus dat die Messias uit ‘n maagd gebore sou word.
2. Matteus 2:6 sê Miga 5:2 is vervul in Jesus dat die Messias in Bethlehem gebore sal word.
3. Matteus 2:15 sê Hosea 11:1 is vervul in Jesus dat die Messias uit Egipte geroep sal word.
4. Matteus 2:18 sê Jeremia 31:15 is vervul in Jesus dat ‘n kindermoord in sy tyd sou plaasvind.
5. Matteus 3:3 sê Jesaja 40:3 is vervul in Jesus dat ‘n profeet in die woestyn die koms van die Here sou voorberei.
6. Matteus 4:14-16 sê Jesaja 9:1-2 is vervul in Jesus dat die Messias na die nasies van Galilea sou kom.
7. Matteus 8:17 sê Jesaja 53: 4 is vervul in Jesus dat die Messias ons siektes en swakhede sou dra as ‘n offerlam.
8. Matteus 10: 35-36 sê Miga 7:6 is vervul in Jesus dat die Messias familielede teen mekaar sou draai.
9. Matteus 11: 5 en 15:31 sê Jesaja 26:19; 29:18; 35:5; 42:18; en 61:1 is vervul in Jesus dat die Messias blindes sal laat sien, lammes sal laat loop, die dowes laat hoor, dooies sal opwek en die evangelie aan die armes sal verkondig.
10. Matteus 11:10 sê Eksodus 23:20 en Maleagi 3:1 is vervul in Jesus dat ‘n boodskapper die koms van die Messias sou voorafgaan.
11. Matteus 12:18-21 sê Jesaja 42:1-4 is vervul in Jesus dat die Messias nie luid of pretensieus sou wees nie.
12. Matteus 13:14-15 sê Jesaja 6: 9-10 is vervul in Jesus dat die Messias se leer misverstaan sou word.
13. Matteus 13:35 sê Psalm 78:2 is vervul in Jesus dat die Messias met gelykenisse die mense sal leer.
14. Matteus 15: 8-9 sê Jesaja 29:13 is vervul in Jesus dat God se volk teen hom sou rebelleer en valse dinge oor Hom sal versprei.
15. Matteus 17: 10-13 sê Maleagi 4:5 is vervul in Jesus dat die koms van die Messias voorafgegaan sal word deur die koms van ‘n Elia-figuur.
16. Matteus 21:5 sê Jesaja 62:11 en Sagaria 9: 9 is vervul in Jesus wat die Messias se oorwinning in Jerusalem voorspel.
17. Matteus 26:31 sê Sagaria 13:7 is vervul in Jesus dat die Messias se dissipels hom sou verlaat.
18. Matteus 27: 9 sê Sagaria 11:13 is vervul in Jesus dat die Messias vir dertig silwerstukke verraai sou word.
19. Matteus 27:35,43,46 sê Psalm 22:1-2, 6-8,18 is vervul in Jesus dat mense vir die Messias se klere sou loot en Hom bespot en dat die Vader hom sou verlaat tydens sy lyding vir die kwaad.
Chris van Wyk
| #
Hi Pieter (ek sal nog antwoord oor die doop – net vasgedraai), ek gaan daaroor skryf in my Prontuit die Waarheid reeks vanaf die begin van Julie af.
Pieter
| #
Middag Chris
Jy het nie ‘n skrywe oor Lent wat meer die laaste 40 dae van Jesus na die kruis verduidelik.
Groete
Pieter
Kobie Marais
| #
Verduidelik asb vir my Matteus 13vers 52
Chris van Wyk
| #
Dankie, Jan. Eintlik verstommend hoe diep die Noag-verhaal ingebed is in die hele Bybel. Dit het selfs ‘n invloed op die “sinode”-sitting in Jerusalem (Hand 15) gehad en op ons siening van die doop (1 Pet 3). Noag is nie ‘n liggewig nie. Ons ignoreer hom tot ons skade.
Jan Louw
| #
Baie waardevol. Dankie Chris
Chris van Wyk
| #
Hi Denver, jy kan dit kry by https://bybelskool.com/matteus/
Denver
| #
Ek soek graag meer inligting oor Matteus