Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het
Die aartsvaders het nou al verskillende altare gebou om hulle aanbiddingsplekke te merk. Hier lees ons van die eerste opdrag wat die Here self gee vir ‘n aartsvader om ‘n altaar te bou. In taal wat herinner aan ‘n pelgrimstog sê God vir Jakob: “Maak jou klaar en gaan na Bet-El toe en bly daar. Bou vir My daar ’n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het.”
Die opdrag was nie net om hom te herinner aan die belofte wat hy self gemaak het met sy reis na Haran nie, hoewel hy ook duidelik verbind aan: “die God wat my gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ook al gegaan het.”
Dit is in die eerste plek om seker te maak dat Jakob en sy familie hulle reinig van alle afgodsbeelde wat nog by hulle was. Dit het natuurlik Laban se afgodsbeeldjies ingesluit wat Ragel gesteel en saamgebring het na Kanaän toe.
Ná die afgodsbeelde en ook oorringe begrawe is onder die groot boom by Sigem en het hulle die trek aangedurf. Die verwysing na oorringe is nie so duidelik nie, behalwe dat twee latere verhale verwys na oorringe wat gebruik is om afgodsbeelde te maak.
Miskien wou Jakob voorkom dat daar weer afgode van die oorringe gemaak word, soos dit die geval was met die goue kalf in die woestyn van Aäron (Eks. 32:2-4), en die efodbeeld wat Gideon ná sy oorwinning oor die Midianiete gemaak het (Rigt. 8:24-27). Die volk is by beide geleenthede verlei om afgode te aanbid.
Dit is interessant hoe die Here Jakob se gehoorsaamheid eer deur die volke van die omgewing bang te maak vir Jakob en sy seuns sodat hulle nie agtervolg is en verantwoordelik gehou is vir die uitwissing van Sigem en sy mense nie.
Met die aankoms by Bet-El is die siklus voltooi. Die Here het sy gebede vir beskerming beantwoord en Jakob het sy gelofte kom betaal. Die Here herhaal aan hom sy beloftes van vroeër sowel as sy naamsverandering, Hy voeg ‘n nuwe belofte by van konings waarvan hy die voorvader sou wees.
Bet-El is egter ook die plek waar Debora, die vrou aan wie Rebekka as kind gedrink het, begrawe is onder die groot boom wat hulle Huilboom genoem het. Die eerste van drie hartseer gebeure in die verloop van ‘n baie kort tyd.
Die volgende hartseer gebeure het Jakob met gemengde gevoelens gelaat. Aan die een kant is sy twaalfde en laaste seun gebore, maar sy lieflingvrou, Ragel, is met die bevalling dood. Hy verander die naam wat sy die seun gegee het, Ben-Oni – seun van my smart – na Ben-jamin – seun van my regterhand. Dit was op die pad na Efrata naby Bethlehem.
Die hoofstuk sluit af met ‘n stukkie familiegeskiedenis waarin die derde hartseer verhaal vertel word, dié van Ruben wat gemeenskap gehad het met Bilha, sy pa se slavinvrou. Miskien wou hy voorkom dat Ragel se slavinvrou nou bó sy ma Lea verhef word. Miskien wou hy sy pa se gesag uitdaag. ‘n Mens weet nie.
Al wat die skrywer sê oor die saak: “Israel het dit te hore gekom”, sonder om verder daaroor uit te brei. Jakob het ‘n manier gehad om nie dadelik te reageer op iets negatiefs nie, soos stadig-werkende gif, en ‘n mens dink by voorbaat dat Ruben êrens aan die pen sal ry vir dié onverskoonbare skande wat hy oor Jakob bring.
Die feit dat Ruben probeer om verantwoordelikheid te neem vir die situasie wanneer die broers in opstand kom teen die voortrekkery van Josef (Gen. 37:21-22), en uiteindelik dit regkry om volle verantwoordelikheid te neem vir Benjamin toe dié Egipte toe ontbied word (Gen. 42:37), spaar hom egter nie die gramskap van sy pa.
Op Jakob se sterfbed begin Jakob om Ruben te prys: “Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!” (Gen. 49:3). Maar laat dan die giftige geweld van sy vervloeking op Ruben los: “Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie, want soos stormwater was jy onstuimig: jy het jou vergryp aan ’n vrou van jou vader, jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het.” (Gen. 49:4).
Geen wonder dat Levitikus later presies hierdie tipe bloedskande verbied, dié met die tweede vrou van jou pa (Lev. 18:8). Bloedskande saam met al die ander vergrype aan seksualiteit buite die veilige ruimte van die huwelik om was sterk afgewys.
Die laaste mededeling in die hoofstuk is van Jakob se besoek aan sy pa Isak wat op dié stadium in Abraham se oorspronklike plek by Mamre, dit is Hebron, gebly het. Isak is in die hoë ouderdom van honderd en tagtig jaar dood. Hy het ’n vol lewe gehad, sê die skrywer en is deur sy twee seuns Esau en Jakob begrawe.
Boodskap
Weereens kan ‘n mens nie anders as om die refrein deur die boek Genesis raak te sien nie. Die belangrikste twee goed wat die Godsverhouding en die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge in gevaar gestel het, was afgodery en onsedelikheid.
Ek het nou al ‘n hele paar keer daaroor geskryf, en wil dit nie herhaal nie, behalwe om net te onderstreep dat dié boodskap van Genesis, soos dit in wette in Levitikus uiteindelik neergelê het, die identiteit en moraliteit van die volk van God gestempel het, soos dit van niks anders geld nie. Dit is daarom ook in die hart van die Tien Gebooie opgeneem.
Die eerste tafel van die wet kan opgesom word in ‘n aandrang op ‘n onverhandelbare lojaliteit aan God wat alle afgode daarmee van die tafel afhaal. Die tweede tafel van die wet kan opgesom word in ‘n aandrang op ‘n onverhandelbare lojaliteit aan die naaste, wat ouers insluit, wat moord en steel uitsluit, wat egbreuk en valse getuienis uitsluit, en jou begeerte na iets van jou naaste van die tafel afhaal.
Ek is eintlik net verstom met die integriteit waarmee die Bybel aan mekaar gesit is. Die verhale in Genesis illustreer die wette in die res van die Pentateug. Die riglyne wat God gee vir die lewe is nie uit die lug gegryp nie. Dit is ingebed in die lewe van die volk. En ‘n mens ignoreer die geopenbaarde wil van God op eie risiko.
View all posts in this series
- God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
- Die Pentateug
- Hoe lees ons die verhale in die Bybel?
- Lees, Luister, Leef
- Genesis – Die oorsprong van alle dinge
- Genesis in sy ontstaanswêreld
- Die verskille oordonder die ooreenkomste.
- Indeling
- Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep
- Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie
- Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde
- Genesis 4 – Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld
- Genesis 6 – God is bedroef dat Hy die mens gemaak het, maar begenadig Noag
- Genesis 7 – Ek het jou gesien en bevind jou regverdig
- Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark
- Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens
- Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
- Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek
- Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys
- Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram
- Genesis 14 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog
- Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram
- Genesis 16 – Abram val vir die versoeking om self ‘n nageslag te voorsien
- Genesis 17 – Lewe naby My en wees onberispelik
- Genesis 18 – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop
- Ekskursus: Kan God van gedagte verander?
- Genesis 19 – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees
- Genesis 20 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag
- Genesis 21 – Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het
- Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien
- Genesis 23 – Sara word begrawe in die Makpelagrot as vervulling van die landsbelofte
- Genesis 24 – God gee vir Isak ‘n gasvrye vrou wat hom vertroos na die dood van Sara
- Genesis 25:1-18 – Abraham omhels die roeping van God enduit
- Genesis 25:19-34 – Esau minag sy eersgeboortereg en verkoop dit aan Jakob
- Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee
- Genesis 27:1-45 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan
- Genesis 27:46-28:22 – Die Godsverhouding en die beskerming van die huwelik bevestig die geloofsgemeenskap
- Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban
- Genesis 31 – Die Here stuur Jakob as ‘n ryk man weer terug na Kanaän
- Genesis 32 – Jakob worstel enduit met God en word verander van bedrieër na begenadigde
- Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom
- Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord
- Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het
- Genesis 36 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in
- Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte
- Genesis 38 – Tamar tree as verlosser op in Juda se afvalligheid en losbandigheid
- Genesis 39:1-20 – Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly
- Genesis 39:21-40:23 – Josef lê drome uit in die tronk met God se hulp
- Genesis 41 – Josef se lot word dramaties verander van vergete na vrugbaar
- Genesis 42 – Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte
- Genesis 43 – Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle barmhartig en genadig sal wees
- Genesis 44 – Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring
- Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was
- Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef
- Genesis 47-48 – Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns
- Genesis 49-50 – Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms
- Oor die woord van Sarai
Tags: Genesis
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/