Skip to main content

Tag: Genesis

Genesis 49-50 – Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms

Soos ek in die vorige bydrae gemeld het, sluit die boek Genesis in die laaste twee hoofstukke af met die volgende drie temas:

  • Jakob seën die res van sy seuns – Gen. 49:1-28
  • Josef stel sy broers gerus met Jakob se dood dat God steeds vir hulle sal sorg – Gen. 49:29-50:21
  • Josef herinner sy broers met sy eie dood dat God hulle sal terugneem na die beloofde land – Gen. 50:22-26

Dit is drie baie belangrike temas in die lig van die nuwe situasie waarin hulle hulle nou in Egipte bevind.  Al drie temas vertolk die toekoms vir die groeiende Godsvolk.

  • Jakob lewer sy seën in die vorm van ‘n laaste testament waarin sy toekomsvisie vir sy kinders en hulle nageslagte uitgespel word.
  • Josef fokus ook op die toekoms. Aan die een kant fokus hy in die onmiddelike toekoms op sy lojaliteit aan sy broers.  Hy begrond dit in God se sorg vir hulle.  Hy sal hulle nie anders hanteer as wat God dit doen nie.
  • Josef fokus egter aan die ander kant ook op God se sorg in die verre toekoms, d.w.s. selfs ná hy dood is. Hy verklaar stellig dat God hulle sal terugbring in Kanaän as vervulling van sy belofte aan hulle.

Die hoop op ‘n land van hulle eie word daarmee brandende gehou.  Al sou dié tydperk in die geskiedenis van die Godsvolk meer as vier eeue duur, sou daar ‘n dag aanbreek waarin die Here hulle sou uitlei.  Daarvan vertel die boek Eksodus ons.

Continue reading

Genesis 47-48 – Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns

Die laaste vier hoofstukke van Genesis brei uit oor die wyse waarop Jakob en sy seuns in Egipte vestig vir die fase van nasiebou, hoewel dit nie net ‘n lang tyd sou neem nie, maar ook groot ontberinge sou insluit.  Die volgende temas word aangestip in die proses:

  • Jakob seën die farao met hulle eerste ontmoeting – Gen. 47:1-12
  • Josef verstewig die farao se greep op die mense en sy land – Gen. 47:13-26
  • Jakob seën Josef se twee seuns – Gen. 47:27-48:22
  • Jakob seën die res van sy seuns – Gen. 49:1-28
  • Josef stel sy broers gerus met Jakob se dood dat God steeds vir hulle sal sorg – Gen. 49:29-50:21
  • Josef herinner sy broers met sy eie dood dat God hulle sal terugneem na die beloofde land – Gen. 50:22-26

Ons lees die eerste drie temas as ‘n eenheid en daarna ook die laaste drie temas in die volgende bydrae.

Continue reading

Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef

Die fokus in die verhaal van Josef skuif terug na sy pa, Jakob, en sal só bly tot aan die einde van die boek Genesis.

Met sy vertrek uit Kanaän bring Jakob ‘n offer aan God by Berseba, die eerste keer dat ons weer só ‘n spesifieke aktiwiteit van aanbidding van hom waarneem.  Let op hoe dié offer baie spesifiek aan “die God van sy pa Isak” gebring word.

Die goeie nuus oor Josef het Jakob se vertroue in God weer laat opvlam, al was daar tye waarin die smart sy lewe só oorheers het, dat hy met minder oorgawe van sy geloof in God getuig het.  Dit sien ‘n mens in die beskrywings van sy smart waarin dit lyk asof hy glad nie met die Here daaroor in gesprek getree het nie, maar net verslae gesit het in sy verdriet (Gen. 37).  ‘n Mens sien dit in sy aanvanklike weiering om Benjamin saam te stuur: “Netnou gebeur daar iets met hom!”  (Gen. 42).  En ‘n mens sien dit in die gelatenheid waarmee hy die tweede keer ingee om Benjamin te stuur, en in sy gebed wel God, die Almagtige, aanroep om barmhartigheid vir sy kinders in Egipte, maar daarby half fatalisties voeg: “En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” (Gen. 43).

Die Here roep daarom in ‘n visioen vir Jakob dié nag en bevestig dat Hy inderdaad die God van sy vader Isak is.  En anders as wat die geval was met Abraham en Isak gee die Here vir Jakob verlof om na Egipte te trek.  Dit is die plek waar die Here hulle nou ‘n groot nasie wil maak voordat Hy hulle almal weer na Kanaän, die beloofde land, sou laat terugkom.

Continue reading

Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was

Die broers se eerlike ontbloting van hulle skuld aan die verlede roer Josef só diep dat hy dit nie meer kan regkry om homself te bedwing nie.  Hy stuur alle diensknegte weg en bars uit in trane in sy eie selfontbloting aan hulle: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?

Hy sien egter hulle vrees en laat hulle nader kom om self te kan agterkom dat dit werklik hy, Josef, is.  Die opgekropte spanning in Josef borrel oor in ‘n stortvloed van woorde waarin hy soveel as moontlik probeer inprop van alles wat die afgelope twee dekades sedert hulle hom verkoop het, gebeur het.  Hy brei ook uit, met amper te veel detail, van wat hy voorsien vir die toekoms.

Continue reading

Genesis 44 – Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring

Hierdie hoofstuk is een van die belangrikste hoofstukke in die Josef-siklus.  Dit beantwoord die vraag of die familiebande wat hierdie geloofsgemeenskap aan mekaar verbind, sterk genoeg is om innerlike konflik en uiterlike uitdagings die hoof te bied.  Sal die broers lojaal bly aan mekaar, selfs al het hulle baie onder Jakob se bevoorregting van Josef en later Benjamin gely?  Sal die broers bereid wees om dié keer by Benjamin te staan wat in die moeilikheid gekom het?  Of sal hulle hom in die steek laat soos hulle dit vroeër met Josef gedoen het?

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.