Skip to main content

Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark

4782847Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was …”  Dit is die evangelie in dié teks.  Dit hang saam met sy vroeëre besluit om ‘n verbond met Noag  te sluit (Gen. 6:18) wat in die volgende hoofstuk in ‘n omvattende verbond nie net met Noag nie, maar ook met sy nageslag beskryf sal word, trouens met “mens en dier” dat Hy nie weer die vloedwaters sal stuur om die aarde te oorweldig nie waarvan die reënboog die teken sou wees (Gen. 9:8-19).

Die fonteine van die waters onder die aarde word na ongeveer 150 dae van die begin van die sondvloed af toegemaak en die stortreën hou op.  God laat ‘n wind oor die aarde waai en die waters het begin terugtrek.  Vertalers kies om die woord a in vers 1 te vertaal met “wind” wat in die konteks sin maak.  Dit is egter merkwaardig om die soortgelyke situasie in Genesis 1:2 te onthou waar die woord a ook gebruik word, maar met “Gees” van die Here vertaal word, omdat dit in daardie konteks die beste pas.  God is deur “Gees” en “wind” betrokke by die ordening van die skeppingschaos, sowel as by die ordening van die vloedchaos.

Let op die duidelike daterings wat vir die verskillende fases gegee word.  Na nog ‘n 150 dae het die water so gesak dat die ark tot rus gekom het op die Araratberge.  Ararat is die Hebreeus naaam vir die bergreeks Urartu wat in die noorde van Mesopotamië geleë is, in die ooste van Turkye soos ons dit vandag ken.  40 dae later begin Noag met eers ‘n kraai en later ‘n duif wat hy loslaat, toets of dit veilig sou wees om die ark te verlaat.  Uiteindelik kom die duif met ‘n vars olyftakkie in sy bek.  Na nog sewe dae het hulle uiteindelik die ark verlaat in opdrag van die Here.  Hulle was ongeveer ‘n jaar in die ark.

God herhaal dan sy opdrag soos vroeër met die eerste skeppingsverhaal in Genesis 1 dat hulle: “moet wemel op die aarde en vrugbaar wees en baie word op die aarde.

Noag se reaksie is om ‘n altaar vir die Here te bou en van al die rein vee en die rein voëls brandoffers te bring.  Soos met Abel aanvaar die Here dié offer, waarop Hy by Homself gesê het dat Hy nie weer só ‘n ramp op die aarde sal laat kom vanweë die mens nie.  Hy kom tot die insig dat die mens wel “van sy jeug” af net slegte dinge bedink, maar die Here sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Hy in dié geval gedoen het nie.

Noag tree hier as ‘n prototipe van ‘n priester op wat die onderskeid tussen dít wat rein en dít wat onrein is, ken, ‘n brandoffer bring wat versoening kan doen, nie net vir homself en sy familie nie, maar vir die hele mensdom met ‘n effek selfs vir die aarde.  In die feit dat God dié offer aanvaar het, sal almal wat tussen God en mens/aarde gaan staan in ‘n versoenende rol, moed kon skep.

Teenoor die wrede gedig van Lameg, word vir ons interessant genoeg ook ‘n gedig van God opgeteken wat hierdie gedagtes van God in ‘n voorneme verewig:

So lank as die aarde bly bestaan,
sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
ook nie koue en winter,
somer en winter,
dag en nag nie.

Daarmee belowe God dat die normale ritmes van die aarde, soos dag en nag, en die seisoene nie sal ophou, ten minste tot aan die einde van die tyd, waarna Hy in die herstelde skepping sonder die effek van die sonde vir ewig met sy mense in gemeenskap kan lewe.

Die hoop vir ‘n nuwe begin brand dus sterk in hierdie hoofstuk, al word dit net hierna weer in die weegskaal gebring met die verhaal van Gam in Genesis 9 …

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Genesis


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda