Genesis 20 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag
Hierdie verhaal vertoon groot ooreenkomste met Abram se verblyf in Egipte toe daar ‘n hongersnood was in Kanaän (Gen. 12). Hierdie keer trek Abraham na die grens tussen Kanaän en Egipte en gaan bly daar tussen Kades en Sur in Gerar op die suid-oostelike grens van Kanaän.
Soos die vorige keer in Egipte gee Abraham voor dat Sara sy suster is. Hierdie keer gee hy vir ons meer detail. Sy is inderdaad sy halfsuster. Hulle het dieselfde pa, Tera, maar ‘n ander ma (Gen. 20:12).
Die koning van Gerar, Abimelek, laat haar haal om met haar te trou. In twee drome die nag waarsku God hom om nie met ‘n getroude vrou te trou nie. Dit sal hom sy dood kos. Soos Abram by die Here gepleit het vir die regverdiges in Sodom en Gomorra, pleit Abimelek vir sy onskuldige nasie, want hy het dit onskuldig en sonder slegte bedoelings gedoen.
Interessant genoeg kom ‘n mens in die tweede droom agter dat die Here agter die skerms gewerk het om te keer dat Abimelek teen God sondig – let wel nie teen Abraham of Sara nie! – en het hom gekeer om aan haar te raak.
Abraham word as ‘n profeet beskryf – die eerste persoon wat so genoem word in die Bybel – wat vir Abimelek sou intree deur gebed, een van die belangrikste take van ‘n profeet. Hulle was mense wat naby aan God gelewe het en daarom as Intersessors en Woordvoerders van God opgetree het. Jy kan hier meer daaroor lees.
Abimelek het na God geluister, maar nie sonder om Abraham te betig vir sy “onbehoorlike gedrag”! ‘n Mens kon verseker meer verwag het van iemand wat naby aan God gelewe het: “Wat het jou besiel om so iets aan te vang?” Voorwaar, sou ‘n mens saamstem.
Abraham se reaksie verskoon hom nie, maar gee ‘n mens insig in die geweldige uitdaging om God te dien in ‘n omgewing wat sedeloos en goddeloos lewe. Abraham moes egter leer om die Here te vertrou, al was daar geen ondersteuning in die samelewing of selfs in sy wyer familiekring nie.
Abraham en Sara word oorlaai met rykdom en word die vryheid van die land aangebied. Let op hoe Abimelek spesifiek vir Sara uitsonder om te wys dat alles in orde is, en sodat niemand sou skinder oor wat moontlik tussen hulle kon gebeur het nie.
Abraham se gebed herstel die situasie vir Abimelek en sy mense sodat die normale verwagting van vrugbaarheid herstel, ironies, want die volgende hoofstuk vertel vir ons dat Sara uiteindelik die seun van die belofte ontvang het. Dit is selfs moontlik dat sy al swanger was met dié episode in Gerar. Wie weet!
Boodskap
1. Dit tref my hoe God oor sonde dink. Wat moontlik tussen Abimelek en Sara kon gebeur het – en onthou Dawid het doelbewus dié grens oorgesteek met Batseba – sou nie net op ‘n horisontale vlak vir hulle probleme geskep het nie, maar in hulle vertikale verhouding met God. Dawid erken dit in sy roerende boetepsalm as hy sê: “Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.” (Ps. 51:6).
Sonde het altyd met God se wil vir die lewe te make. Waar ons dit oortree, bring ons nie net ons eie verhoudinge met mekaar in gedrang nie, maar nog dieper ons verhouding met God. Dit is waarom sonde ook nie deur ‘n verskoning uit die weg geruim kan word tussen mense nie. Dit behels altyd vergifnis van God se kant af, soos die gebed van Abraham inderdaad bewerk, selfs al was Abraham in die eerste plek eintlik verantwoordelik vir die gevaarsituasie vir Abimelek en Sara.
2. Dit tref my ook hoe God in die midde van dié potensiële dilemma optree. Mense kon miskien dink dat Sara by Abimelek swanger geraak het, wat God se hele idee van die kind van die belofte in die gedrang sou gebring het. Die Here sorg dat dit vir almal duidelik is dat Hy aan die werk is, beide in die feit dat Abimelek nie die troue voltrek nie, sowel as in die publieke bewussyn van wat hier aan die gang was. God werk in ons gedagtes en gedrag op subtiele en tog helder maniere.
Dit versterk my vertroue op God dat Hy op soortgelyke maniere in my lewe sal optree. Dat Hy my kan bewaar van die onnosel dinge wat ek onwetend kan doen. Dat Hy my sal lei in gedagtes en gedrag om in gehoorsaamheid aan Hom te volhard. Dat Hy my in die gelyk sal stel as ek oop en eerlik lewe.
3. Dit tref my ook watter rol van profete verwag word: Intersessors en Woordvoerders. Ek weet nie almal is profete soos wat Abraham was, en soos wat ons in die lewe van Moses, Samuel, Elia, Elisa en die ander groter en kleiner profete van die OT kon sien nie. Maar gelowiges het almal ‘n rol in ander se lewe in terme van voorbidding en getuienis. Dit is ‘n profetiese rol. Wanneer jy naby aan die Here lewe, is dit eintlik onmoontlik om nie voorbidding te doen en vanuit jou verhouding jou oortuigings met ander te deel nie. Moet dus nie jou verhouding met God verwaarloos nie, en kom jou verantwoordelikheid na om te bid en te getuig.
View all posts in this series
- God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
- Die Pentateug
- Hoe lees ons die verhale in die Bybel?
- Lees, Luister, Leef
- Genesis – Die oorsprong van alle dinge
- Genesis in sy ontstaanswêreld
- Die verskille oordonder die ooreenkomste.
- Indeling
- Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep
- Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie
- Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde
- Genesis 4 – Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld
- Genesis 6 – God is bedroef dat Hy die mens gemaak het, maar begenadig Noag
- Genesis 7 – Ek het jou gesien en bevind jou regverdig
- Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark
- Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens
- Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
- Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek
- Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys
- Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram
- Genesis 14 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog
- Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram
- Genesis 16 – Abram val vir die versoeking om self ‘n nageslag te voorsien
- Genesis 17 – Lewe naby My en wees onberispelik
- Genesis 18 – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop
- Ekskursus: Kan God van gedagte verander?
- Genesis 19 – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees
- Genesis 20 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag
- Genesis 21 – Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het
- Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien
- Genesis 23 – Sara word begrawe in die Makpelagrot as vervulling van die landsbelofte
- Genesis 24 – God gee vir Isak ‘n gasvrye vrou wat hom vertroos na die dood van Sara
- Genesis 25:1-18 – Abraham omhels die roeping van God enduit
- Genesis 25:19-34 – Esau minag sy eersgeboortereg en verkoop dit aan Jakob
- Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee
- Genesis 27:1-45 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan
- Genesis 27:46-28:22 – Die Godsverhouding en die beskerming van die huwelik bevestig die geloofsgemeenskap
- Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban
- Genesis 31 – Die Here stuur Jakob as ‘n ryk man weer terug na Kanaän
- Genesis 32 – Jakob worstel enduit met God en word verander van bedrieër na begenadigde
- Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom
- Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord
- Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het
- Genesis 36 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in
- Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte
- Genesis 38 – Tamar tree as verlosser op in Juda se afvalligheid en losbandigheid
- Genesis 39:1-20 – Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly
- Genesis 39:21-40:23 – Josef lê drome uit in die tronk met God se hulp
- Genesis 41 – Josef se lot word dramaties verander van vergete na vrugbaar
- Genesis 42 – Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte
- Genesis 43 – Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle barmhartig en genadig sal wees
- Genesis 44 – Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring
- Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was
- Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef
- Genesis 47-48 – Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns
- Genesis 49-50 – Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms
- Oor die woord van Sarai
Tags: Genesis
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/
Chris van Wyk
| #
Hi Frans – ek het ‘n paar gedagtes oor vas geplaas by: https://bybelskool.com/die-plek-van-vas-in-geloofsgewoontes/. Daarin is ‘n pdf van Calvyn oor vas.
Frans Scheepers
| #
Ek soek na handleiding vir die tyd waarin ons is, vir die pandemie. Veral oor intense gebed.
Chris van Wyk
| #
Dankie Chantelle – jy kan my bydraes oor Esegiël hier bereik: https://bybelskool.com/esegiel-blad/
Chantelle
| #
Baie Dankie hier oor Baie ekstra kennis by gelas 🙏👋, ek is op soek na notasoor die boek Esegiel.
Kan my kontak op my epos Dankie
Groete
Chantelle du Plessis
Chris van Wyk
| #
Hi Anton
Dit is nie my punt nie, maar die punt van die Dordtse Leerreëls op grond van die Skrif. Hier is dit in konteks aangehaal:
1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).
2. Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16).
3. Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15).
4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).
5. Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29).
6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlor is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos.
7. Hierdie uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping ‘n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid in sonde en verderf verval. Die uitverkorenes is dus nie beter of waardiger as die ander nie, maar verkeer saam met die ander in die gemeenskaplike ellende. Nogtans het Hy hulle, uit volkome vrye welbehae van sy wil en uit louter genade, tot die saligheid in Christus uitverkies. God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Deur sy Woord en Gees roep en trek God die uitverkorenes kragdadiglik tot gemeenskap met Hom. Hy het dus besluit om aan die uitverkorenes die ware geloof in Christus te gee, hulle te regverdig en te heilig en om hulle, wat kragtig in die
gemeenskap van sy Seun bewaar word, uiteindelik as bewys van sy barmhartigheid en tot lof van sy oorvloedige en heerlike genade te verheerlik. Soos geskrywe is: In Christus het God Hy ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons vir sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde (Ef 1:4,5,6); en elders: Die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook
verheerlik (Rom 8:30).
8. Hierdie uitverkiesing is nie veelvoudig nie, maar een en dieselfde vir almal wat salig word, in die Ou sowel as in die Nuwe Testament. Die Skrif verkondig immers aan ons net een welbehae, voorneme en raad van die wil van God. Hiervolgens het Hy ons van ewigheid af uitverkies tot die genade sowel as tot die heerlikheid, tot die saligheid sowel as tot die weg na die saligheid wat Hy voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef 1:4,5; 2:10).
9. Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.
10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as ‘n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. Dit bestaan wel hierin dat Hy sekere bepaalde mense uit die hele menigte van sondaars as sy eiendom aangeneem het. Soos geskrywe is: Toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, …, is vir haar (nl Rebekka) gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat (Rom 9:11,12,l3); en: Daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe (Hand
13:48).
11. God self is alwys, onveranderlik, alwetend en almagtig, en daarom kan sy daad van uitverkiesing nie ongedaan gemaak, oorgedoen, verander, herroep of afgebreek word nie. Die uitverkorenes kan ook nie verwerp of in getal verminder word nie.
12. Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur verskillend en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenhede en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem. Hierdie onfeilbare vrugte van die uitverkiesing is die ware geloof in Christus, die kinderlike vrees van God, die droefheid oor die sonde volgens die wil van God, die honger en dors na die geregtigheid, ensovoorts (2 Kor 13:5).
13. Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur ‘n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te
wandel.
14. Hierdie leer van die Goddelike uitverkiesing is verder, volgens die wyse besluit van God, deur die profete, deur Christus self en deur die apostels in sowel die Ou as die Nuwe Testament verkondig. Daarna is dit in die heilige Skrifte bekend gemaak en bewaar. Daarom moet dit vandag nog op die regte tyd en plek in die kerk van God – waarvoor dit in die besonder bestem is – uiteengesit word. Hierdie leer moet egter oordeelkundig, met gelowige eerbied en heilige ontsag, sonder ‘n nuuskierige ondersoek na die weë van die Allerhoogste, verkondig word. Dit alles moet gebeur tot eer van die heilige Naam van God en tot ‘n lewende troos vir sy volk (Hand 20:27; Rom 12:3; 11:33,34; Heb 6:17,18).
15. Verder toon die heilige Skrif hierdie ewige en onverdiende genade van ons uitverkiesing baie duidelik aan en verkondig dit nadruklik aan ons. Dit getuig bowendien dat nie alle mense uitverkies is nie, maar dat sommige nie uitverkies is nie of in die ewige uitverkiesing van God verbygegaan is. God het besluit om hulle, na sy volkome vrye, regverdige, onberispelike en onveranderlike welbehae, in die gemeenskaplike ellende te laat bly. Daarin het hulle hulleself deur hulle eie skuld gestort. God het immers besluit om nie aan hulle die saligmakend~ geloof én die genade van die bekering te gee nie. Om sy geregtigheid te openbaar, het God besluit om hierdie mense aan hulleself oor te laat, hulle onder sy regverdige oordeel te laat bly en om hulle nie alleen oor hulle ongeloof nie, maar ook oor al hulle ander sondes te veroordeel en ewig te straf. Dit is die besluit van die verwerping, wat God hoegenaamd nie tot bewerker van die sonde maak nie, want dit sou ‘n godslasterlike gedagte wees. Inteendeel, dit sê juis dat God ‘n gedugte, onberispelike en regverdige Regter is wat die sonde straf.
16. Hulle wat die lewende geloof in Christus, die vaste vertroue, die gewetensrus, die beoefening van kinderlike gehoorsaamheid en die roem in God deur Christus nog nie ten volle ervaar nie – ofskoon hulle die middele gebruik waardeur God hulle beloof, het om hierdie dinge in ons te bewerk – moet nie mismoedig word wanneer hulle van die verwerping hoor nie. Hulle moet hulleself ook nie onder die verworpenes reken nie, maar ywerig voortgaan om die middele te gebruik, vurig verlang na die tyd van oorvloediger genade en dit ook met eerbied en ootmoed verwag. Hulle wat ernstig begeer om hulle tot God te bekeer, om Hom alleen gehoorsaam te wees en van die liggaam van die dood verlos te word, maar op die pad van die vroomheid en die geloof nog nie so ver gekom het as wat hulle wel wou nie, behoort nog minder die leer van die verwerping te vrees. Die barmhartige God het immers beloof dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus en die geknakte riet nie sal verbreek nie. Maar
hierdie leer is tereg verskriklik vir almal wat God en die Verlosser, Jesus Christus, verag en hulleself geheel en al aan wêreldse sorge en sondige begeertes oorgegee het. Dit sal so bly solank hulle hulle nie met erns tot God bekeer nie.
17. Die Woord van God, waaruit ons die wil van God leer ken, getuig daarvan dat die kinders van die gelowiges heilig is. Hulle is nie van nature heilig nie, maar kragtens die genadeverbond waarin hulle saam met hulle ouers opgeneem is. Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie (Gen 17:7; Hand 2:39;1 Kor 7:14).
18. Teen iemand wat oor hierdie genade van die onverdiende uitverkiesing en gestrengheid van die regverdige verwerping in opstand is, stel ons die woorde van die apostel: O, mens, wie is jy wat teen God antwoord? (Rom 9:20); en ook die woorde van ons Saligmaker: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? (Matt 20:15). Maar ons wat hierdie verborgenhede godvresend en met eerbied aanbid; roep saam met die apostel uit: O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken of wie was sy raadsman gewees? Of wie het iets aan Hom gegee, dat dit vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid! Amen (Rom 11:33-36).
Anton
| #
Chris, jou punt 7 is tog duidelik onwaar. Jy sê: “Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.”
Verder aan sê jy egter: “So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak.”
Hoe kan dit die ongelowiges se skuld wees dat hulle nie glo nie as God die saligmakende geloof van hulle weerhou?
Yvonne
| #
Ds Chris ek is so dankbaar dat ek al u hardewerk mag gebruik en geniet…..seenwense….mag ek vra vir n korreksie , tel dit vanoggend op tydens my stilte tyd Gen 26…die voorlaaste paragraaf by u boodskap noem u Sara se naam ipv Rebekka…dis nie kritiek nie asb…gedurende die inperking en weens my swak gehoor is Bybelskool van groot seen vir my…baie dankie