Skip to main content

Oor die woord van Sarai

Ons lees in die verhaal van Abraham en Sarai in Egipte dat die Here Sarai beskerm van die belangstelling van die farao: “Maar die Here het die farao en sy huis met swaar plae getref oor Sarai die vrou van Abram.” (Gen 12:17). So vertaal die meeste vertalings dit.

Maar dit is nie al manier om dit te verstaan nie. In die Hebreeus staan daar dat die Here farao en sy huis met swaar plae getref het: “oor die woord (al-dabar) van Sarai“, die vrou van Abram.

Nou, die Hebreeuse dabar kan as “saak” vertaal word, soos dit gewoonlik in die tradisionale vertalings van die frase gedoen word. Dit wil sê, die Here tree dan op: “oor die saak van Sarai“. Sommige vertaal die frase dan ook net “oor Sarai” om dit eenvoudiger te stel.

Maar, die normale betekenis van die Hebreeuse dabar is eintlik “woord“. Indien dié vertaling gekies word, verander dit nogal die betekenis van wat hier gebeur! Dan gaan dit oor iets wat Sarai gedoen het, ‘n woord van haar, óf in gebed voor die Here óf in opdrag van Hom aan die farao.

As dié vertaling van dabar gekies word, was Sarai nie ‘n passiewe deelnemer in die vergryp van farao nie. Trouens, die enigste passiewe een was dan Abram wat niks gedoen het aan die dreigende situasie wat die belofte van die Here vir ‘n nageslag uit Sarai in die gevaar sou stel.

Die optrede van die Here kan dus taalkundig verbind word aan óf Sarai se woord (gebed) aan die Here oor haar situasie, óf Sarai se woord (profesie) van die Here af aan farao wat hulle met plae getref het.

Laasgenoemde interpretasie is veral aantreklik vir my in die lig van die feit dat dieselfde frase gebruik word deur Moses waar dit duidelik met die plaag van paddas geassosieer word. Hy bid daar (letterlik vertaal): “En Moses het uitgeroep na die Here oor die woord (al-dabar) van die paddas wat Hy oor farao gebring het.” (Eks 8:12).

Hierdie interpretasie word uiteraard nie deur ander gegewens gesteun nie wat ‘n mens versigtig moet maak om te veel daarin te lees. Maar, as dit ‘n geldige interpretasie is, beteken dit ten minste die volgende:

  1. Sarai was nie ‘n passiewe deelnemer in die aartsvaderverhale nie. Soos ons immers later sien in die ontvouing van die vervulling van die Here se beloftes ook aan haar.
  2. Sarai was ‘n verskuilde voorloper van die verlossing wat God deur Moses vir die volk deur plae uit Egipte sou verskaf eeue later.

Sou graag wou hoor hoe julle daaroor dink!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda