Skip to main content

God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe

655804-breathtaking-space-artDie eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, is die verhaal van God se genade wat geloofsgemeenskappe laat floreer.

Van die begin af voeg God in sy genade families saam in ‘n geloofsgemeenskap (Genesis).  Sy genade word sigbaar in die konkrete lewe van hierdie geloofsgemeenskap (Eksodus).  Sy genade word ook spesifiek sigbaar in die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge (Levitikus).  Dit is ook duidelik dat God nie van stryk gebring word deur teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap nie (Numeri).  In sy genade bring Hy self sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling (Deuteronomium).

Dit is die boodskap van die Pentateug, ook genoem die Tora.  ‘n Mens kan hierdie aspekte van God se genade vir gelowiges as volg in die vyf boeke van die Pentateug raaksien:

Continue reading

Die Pentateug

655804-breathtaking-space-artDie Hebreeuse Bybel wat ons as die OT ken, staan vir die Jode as die Tenak bekend.  Dit is ‘n akroniem gevorm uit die eerste Hebreeuse letter van die drie dele van die OT – t-n-k.  Dit is dieselfde boek wat ons ken as die Ou Testament:

  • die Torah, of Wet (Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel),
  • die Nevi`îm, of Profete (dit sluit die Vroeë profete soos Josua tot Konings, die Latere profete soos Jesaja, Jeremia en Esegiël, en die twaalf Kleiner profete soos Amos, Hosea en die ander in) en
  • die Ketivîm, of Geskrifte, (wat die Psalms, wysheidsliteratuur soos Spreuke en die ander historiese geskrifte soos Rut, Ester, Esra-Nehemia en Kronieke insluit).

Continue reading

Hoe lees ons die verhale in die Bybel?

655804-breathtaking-space-artOns fokus dus in hierdie rondte van die Bybelskool op die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug.  Ek gaan dit hoofstuk vir hoofstuk aan die orde stel.  Ek het drie doelwitte met hierdie manier van lees van die Bybel:

  • Ek fokus op die verstaan van die hoofstuk in sy konteks in die Bybelboek. Daarom gee ek ‘n indeling van die hoofstukke, verklaar sekere eksegetiese elemente wat belangrik is, en probeer die struktuur van die verhaal wat ter sprake is, vir jou oopbreek.
  • Ek gee net ‘n leeshulp vir die hoofstuk; dit is nie ‘n volledige kommentaar op die Bybelteks nie. Daarvoor moet die kommentare geraadpleeg word.  Ek wil daarmee vir jou help om te luister na wat die teks vir jou sê, soos wat die Heilige Gees jou begelei.
  • Ek probeer nadenke oor die Bybelteks stimuleer sodat jy by die betekenis daarvan vir jou lewe kan uitkom. Die Bybel is immers die Woord van God wat gemik is daarop om jou in gemeenskap met ander gelowiges te laat lewe met die oog op die koms van die koninkryk van God.  Ons lewe maak saak vir God.

Hierdie benadering fokus dus op die Bybel se narratiewe karakter.  Dit fokus op die geheel en die wyse waarop die onderskeie hoofstukke en boeke in die geheel inpas.

Continue reading

Lees, Luister, Leef

655804-breathtaking-space-artEk nooi jou uit om die Pentateug “geestelik” te lees, as God se woord aan jou in jou spesifieke omstandighede. Dit is wat die woord Lectio Divina beteken – geestelike lees.  Die inligting wat ek in elke hoofstuk gee, help jou net om sin te maak van gedeeltes wat moeiliker is om te verstaan en gee jou ’n groter raamwerk om jou eie verstaan by in te pas en ook te toets, sodat jy nie van die spoor afgaan met moeiliker gedeeltes nie.

Ek glo dat die hele Bybel God se woord aan jou is, en daarom moet jy dit ook binne jou verhouding met Hom lees, presies wat elkeen van die boeke van die Pentateug eintlik sê.

Continue reading

Genesis – Die oorsprong van alle dinge

655804-breathtaking-space-artDie woord Genesis beteken oorsprong of begin.  So lui die Griekse titel van die boek.  Die Hebreeuse titel berecsjît beteken: “ In die begin”.  Genesis begrond daarmee die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge.

Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal.  Hy het nie net alles gemaak nie. Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word.  Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskappe.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda