Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was

Die broers se eerlike ontbloting van hulle skuld aan die verlede roer Josef só diep dat hy dit nie meer kan regkry om homself te bedwing nie.  Hy stuur alle diensknegte weg en bars uit in trane in sy eie selfontbloting aan hulle: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?

Hy sien egter hulle vrees en laat hulle nader kom om self te kan agterkom dat dit werklik hy, Josef, is.  Die opgekropte spanning in Josef borrel oor in ‘n stortvloed van woorde waarin hy soveel as moontlik probeer inprop van alles wat die afgelope twee dekades sedert hulle hom verkoop het, gebeur het.  Hy brei ook uit, met amper te veel detail, van wat hy voorsien vir die toekoms.

Josef beklemtoon tussen die baie detail oor die hongersnood en sy planne vir die toekoms twee baie belangrike goed.

1.  Die eerste klem is dat hulle nie moet sleg voel of bang wees omdat hulle hom verkoop het nie, want dit was alles deel van God se planne vir hulle almal. Hy gaan sover as om te sê: “Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God.” Vier keer beklemtoon hy God se werk in die gebeure tot dusver: “God het my voor julle uit gestuur om lewens te red.

Dat hulle hom verkoop het, is so.  Maar, dié slegte bedoelings het in God se planne ‘n goeie uitkoms gehad.  Die hele familie het daarby baat gevind deurdat hulle nou in Egipte aan die lewe gehou sou kon word sodat: “baie aan die dood sal ontkom.

Waar Juda se offer in die vorige hoofstuk Messiaanse trekke gehad het, is dié verklaring van Josef eweneens ‘n aanduiding van wat die Here Jesus met sy kruisdood jare later sou vermag, ‘n ewige toekoms waardeur baie aan die ewige dood sal kan ontkom.

Watter ongelooflike geestelike insig.  Dit gee ‘n mens ‘n nuwe perspektief op wat Paulus in Romeine 8 skryf oor God se planne met ons in Christus Jesus.  Nie net kan ons saam met hom bly wees oor die feit dat God alles ten goede laat meewerk nie: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Rom. 8:28).

Ons kan in die lig van die Josefverhaal met groter waardering die boodskap van die volgende vers ook aangryp: “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.” (Rom. 8:29).  Soos Josef sy broers as ”eerste” vooruitgegaan het, sodat “baie broers” uiteindelik nie net aan die lewe gehou kon word deur die kos in Egipte nie, maar in die proses ook geestelike volwasse kon word, só het Jesus dit ook vir ons gedoen.

Ons is ook besig om te groei om soos Jesus te word.  En Hy doen dit op ‘n besondere wyse deur presies die onontwykbare lyding waaraan ons in hierdie lewe blootgestel word.  Sommige daarvan verdiend, soos dit die geval was met Juda en sy broers.  Sommige daarvan onverdiend, soos dit die geval was met Josef.

Dat alles ten goede meewerk, dra dus nie net die boodskap dat alles aan die einde uitwerk nie, maar dat ons in die proses die tipe mense word wat God van ons wil maak.  Lyding – verdiend en onverdiend – is die smeltkroes van geestelike groei.

Wat ons daaruit moet leer, is dat sonder lyding min van waarde ooit in ons eie lewe tot stand kom.  En daarmee saam, dat ons moet toelaat dat dié geestelike proses in ander se lewe sy loop neem.  Ons moet ander nie te gou afskryf, omdat hulle nie op dieselfde plek in hulle geestelike lewe as ons is nie.

2.  Die tweede klem is op die gemeenskap van die familie wat herstel moet word. Soos Juda dit in die toespraak in hoofstuk 44 gedoen het, só fokus Josef op sy pa Jakob en verwys dertien keer na hom.  Hy kan nie ‘n sekonde langer wag dat sy pa na hom in Egipte toe moet kom sodat hy vir hom kan sorg in die laaste deel van sy lewe nie.  Hy wil hulle almal as familie rondom sy pa verenig: “Dan is Pa naby my: Pa en Pa se seuns en kleinseuns, die kleinvee en grootvee en alles wat Pa besit. Ek sal vir Pa daar onderhou … So sal Pa nie verarm nie: Pa en Pa se familie en almal by Pa … Maak gou en bring vir Pa hierheen.

Met dié het Josef sy broers omhels en hulle kon hulle harte skoon huil.  Toe eers het die broers tot verhaal gekom en self begin om met Josef te praat en hulleself te vergewis dat hulle nie droom nie.  Die nagmerrie van die verlede het nou ‘n beter toekoms gebring as wat hulle self sou kon droom.

Die wedersiens het die broers nie net met mekaar versoen nie, maar ook tot ‘n groot welwillendheid aanleiding gegee sodat hulle deur die farao met groot gasvryheid ontvang is en ‘n vrugbare deel van Egipte in die Nyldelta aangebied is.

Let op hoe Josef hulle egter telkens gerus stel dat die verlede regtig agter hom lê: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.”  Die sleg van die verlede was regtig sleg, maar Josef kon die doel wat God daarmee gehad het, omarm, en daarom sy broers omhels en vergewe, veral ná die belydenis van Juda wat hom oortuig het dat hulle verander het.

Jakob se hart het gaan stilstaan toe die nuus aan hom oorgedra is – hy was stomgeslaan – maar hy het hulle aanvanklik nie geglo tot die nuus deur die werklikheid van die waens bevestig is nie.  Sy reaksie is roerend.  Hy het hom met die broers se reis na Egipte op die barmhartigheid van die Here beroep dat Benjamin behoue sou terugkeer, maar nou het hy sy verlore seun, Josef, op die koop toe teruggekry.  God se barmhartigheid was meer as oorvloedig: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.

View all posts in this series

Genesis


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Sjoe, ek het die insig nou baie geniet. My arme broer het begin bou aan kaste toe hy na die tyd hoor sy klient stel nie meer belang nie. Na baie dink aan hoop wat ek vir hom kon gee, kom ek op die (Gen 45) gedeelte af. “Alles werk ten goede mee…” Is dit nou nie iets kosbaar om te koester nie? Baie dankie, ek sal weer hier kom inloer. Seen vir julle! Hendri van Centurion.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: