Indeling

655804-breathtaking-space-artDit is opmerklik dat die indeling van die boek Genesis op verskillende maniere gedoen kan word.  Telkens gee elke indeling ook ‘n unieke manier om na die inhoud van die boek te kyk en ‘n oorhoofse prentjie van die boodskap van Genesis te vorm.  Ek gee daarom ‘n paar maniere om die boek in te deel sodat jy ‘n gevoel kan begin kry van wat regtig onder die oppervlak aangaan in hierdie boek van die ontstaan en begin van alles.

Die eerste indeling is die belangrikste.  Dit is die indeling van die verhaal van Genesis in twee hoofdele, hfst. 1-11 en 12-50.  Daarmee is Genesis die verhaal van die:

  1. Oergeskiedenis (‘n onbepaalde tyd), wat die begin van alles vertel, met ‘n fokus op vier sleutel gebeure: Skepping, Sonde, Vloed en die Nasies. Dit het ‘n meer universele karakter – Genesis 1-11.
  2. Aartsvaders (ongeveer 300 jaar) wat die begin van die heilsgeskiedenis van God met sy volk – Abraham en sy “saad” – vertel, met eweneens vier sleutel karakters: Abraham, Isak, Jakob en Josef. Dit het ‘n meer verbondskarakter – Genesis 12-50.

Dit sluit goed aan by die samestellers van die boek se indeling van Genesis.  Hulle het ‘n geykte frase: “Dit is die (familie)-geskiedenis van …”  (tôledôt) op elf plekke in die boek ingespan.  Hierdie frase deel die boek in tien fases in (2 van dié frases handel opeenvolgend oor dieselfde geskiedenis en word daarom deur die meeste geleerdes as een onderafdeling geneem).

Die eerste vyf fases het met die verhaal van die oergeskiedenis te make.  Die laaste vyf fases het met die verbond met die aartsvaders te make.  Daarmee het die boek die volgende tien onderafdelings:

  • Die OERGESKIEDENIS
    • Die geskiedenis van die hemel en aarde – Genesis 2:4;
    • Die boek van die geskiedenis van Adam (die “boek” is waarskynlik ‘n skriftelike bron, die enigeste plek waar van ‘n boek gepraat word in Genesis) – Genesis 5:1;
    • Die geskiedenis van Noag – Genesis 6:9;
    • Die geskiedenis van Noag se seuns: Sem, Gam en Jafet – Genesis 10:1;
    • Die geskiedenis van Sem – Genesis 11:10;
  • Die VERBONDSGESKIEDENIS
    • Die geskiedenis van Tera – Genesis 11:27;
    • Die geskiedenis van Ismael – Genesis 25:12;
    • Die geskiedenis van Isak – Genesis 25:19;
    • Die geskiedenis van Esau – Genesis 36:1,9 (die frase word hier twee keer gebruik, maar handel oor dieselfde nasie);
    • Die geskiedenis van Jakob – Genesis 37:2.

As ‘n mens die boek só lees, dan verwoord die indeling die tien “families” waarop Genesis fokus wat ook die skepping as sodanig insluit, binne die groter raamwerk van die skepping van die heelal, die nasies en Israel.

Dit is opmerklik dat drie van die sleutel karakters in die verhaal eintlik as ‘n onderafdeling van die familiestorie van hulle pa vertel word:

  • Abraham is deel van Tera se storie (11:27),
  • Jakob is deel van Isak se storie (25:19), en
  • Josef is deel van Jakob se storie (37:2).

Dit wys net hoe integraal die verhale van individue met dié van families en geloofsgemeenskappe verweef is.  Dit is ook duidelik dat die familie lyne van beide die “verkose” families en die “verwerpte” families aangegee word. Die verskil is egter, dat die “verkose” families se storie ook vertel word, maar net die geslagslyste van die “verwerpte” families vertel word.  Die verkose families raak deel van God se storie met hierdie wêreld.

Dogmatici het hierdie twee breë temas as uitgangspunt vir die teologie geneem: Skepping en Verbond (Du Rand, König).  ‘n Mens kan ook Paulus se teologie met dié twee terme beskryf veral vanuit die herinterpretasie wat sy ontmoeting met die Messias in die NT daaraan gee (Wright).

Ander indelings

Ek noem nog twee moontlikhede om Genesis in te deel.  ‘n Mens kan Genesis in drie dele verdeel wat ook goeie sin van die inhoud van die boek maak.  Dan is dit die verhaal van:

  • Die ontstaan van die wêreld – Genesis 1;
  • Die ontstaan van die nasies – Genesis 2-11;
  • Die ontstaan van Israel – Genesis 12-50.

Ek hou ook veral van die indeling van die boek as vier Roepingsverhale wat opgebou is rondom God se beloftes (Brueggemann):

  • Die voorgeskiedenis – die Soewereine (sovereign) roeping van God – Genesis 1-11;
  • Die Abraham verhaal – die Omhelsde (embraced) roeping van God – Genesis 12-25;
  • Die Jakob verhaal – die Konflikterende (conflicted) roeping van God – Genesis 26-36;
  • Die Josef verhaal – die Verborge (hidden) roeping van God – Genesis 37-50.

Hierbenewens is dit ook opmerklik dat daar twee ander stories is wat ‘n eenheid aan die boek Genesis gee.  Dit brei uit op die derde aspek van God se opdrag in Genesis 1-2 aan die mens – bewoon, bewerk en bewaar – en koppel dit aan die ingryping van God se genade.  Dit vind ons in die twee verhale van God se bewaring:

  • Die storie van Noag – God bewaar mense in die vloed – Genesis 6-9;
  • Die storie van Josef – God bewaar mense in die hongersnood – Genesis 37-50.

Watter een van bogenoemde indelings jy ook al kies, dit is duidelik dat dié boek ‘n fundametele vertrekpunt is vir die nadenke oor God, die skepping en menswees, en die wyse waarop ons bestaan op hierdie wêreld.

View all posts in this series

Genesis


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: