Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom

655804-breathtaking-space-artWaar Jakob die agterhoede gevorm het in die trek oor die Jakkobrivier, neem hy nou die voortou.  Hy het verbygegaan tot heel voor, sy broer tegemoet.  Die ervaring by die rivier het hom heeltemal verander.  Esau het op sy beurt hom tegemoet gehardloop en omhels.  Die wedersiens was ‘n emosionele katarsis vir beide.

Let op met hoeveel waardering Jakob oor sy vroue en kinders praat. Dit is die mense wat God in sy liefde aan hom gegee het.  Dieselfde geld sy geskenke aan Esau, waarmee hy heel openlik en eerlik Esau se vriendskap probeer wen, waarskynlik veral in die lig van die bedrog waarmee hy hom vroeër hanteer het.  Hy tref die vergelyking met die wyse waarop ‘n mens God se goedgesindheid probeer wen, só wil hy dit met Esau doen.

Let egter ook op dat Jakob alle hulp wat Esau aanbied met ‘n sagte maar ferm antwoord van die hand wys. God was goed vir hom.  Hy wil nie nou van Esau afhanklik wees nie, en besluit ook om hom nie te vestig by Seïr nie. Dit was Esau se woonplek, die Edomitiese gebied oos van die Jordaan en nie deel van die beloofde land nie.  Jakob gaan vir eers net tot by Sukkot, baie naby aan die Jabbokrivier, waar hy vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak het.  Die plek is na die takkrale vernoem.

Uiteindelik druk Jakob deur tot by Sigem in Kanaän, die beloofde land, waar hy ‘n stuk grond vir honderd geldstukke by die seuns van Gamor, die pa van Sigem, gekoop het. Jakob het nou nie net self ‘n stuk grond besit in die beloofde land nie, maar ook daar ’n altaar gebou en dit genoem: “Die God van Israel is God”, ‘n duidelike verwysing na sy ervaring by die Jabbokrivier. Nog later sou hy sy belofte nakom om by Bet-El ‘n altaar te bou in erkenning dat die God wat daar aan hom verskyn het, sy belofte aan hom nagekom het, aan wie nou sy volle lojaliteit behoort het.

Sigem sou egter ook die plek van ‘n baie hartseer ervaring wees, soos ons in die volgende hoofstuk sal lees. Die beloofde land was steeds ‘n plek waar ongeregtigheid en onsedelikheid die botoon gevoer het.

Boodskap

Die kort hoofstuk vier die uitkoms van die pad wat God met Jakob gestap het.  Hy het nie net van ‘n bedrieër in ‘n begenadigde verander nie, maar van ‘n berekende skelm in ‘n nederige erkentlike mens.  God was inderdaad vir hom goed, nie net in terme van sy besittings en rykdom nie, maar veral in terme van die karakter- en geloofsvorming wat ons in hom kan raaksien.

Dat hy in Kanaän gaan bly, is nie net om onder sy broer se wakende oë uit te bly nie, maar om doelgerig gehoorsaam aan die Here te wees.  Hy is teruggeroep na die beloofde land, en dít is waar hy homself vestig, selfs al het dié land sommer gou weer ‘n uitsonderlike uitdaging gestel in terme van die onreg en onsedelikheid wat daar gefloreer het.

View all posts in this series

Genesis


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Môre Chris

    Dankie, dankie vir kosbare insigte uit jou studieleiding. Ek dink ek het jou studie van die betekenisvolle Genesis 32, toe Jakob God ontmoet het by die Jabbok drif gemis. Ek het dit nie per epos ontvang nie. Dis ‘n gebeurtenis wat in my eie lewe groot impak gekry het toe ek my nek gebreek het in ‘n motorongeluk eerskomende Saterdag, 15 jaar gelede… Ek sou baie graag jou studie wou lees, kan jy dit asb vir my stuur. Vrede en seën.

  • Dankie Chris, het dit gekry. Nie die plek om my storie te vertel nie, maar ek is ook 15 jaar gelede deur my Jabbok-drif, waarna God restorasie, vernuwing en nuwe betekenis in genade gegee het. Vandag loof en dank ek Hom vir ‘n nuwe kans…

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: