Skip to main content

God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe

655804-breathtaking-space-artDie eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, is die verhaal van God se genade wat geloofsgemeenskappe laat floreer.

Van die begin af voeg God in sy genade families saam in ‘n geloofsgemeenskap (Genesis).  Sy genade word sigbaar in die konkrete lewe van hierdie geloofsgemeenskap (Eksodus).  Sy genade word ook spesifiek sigbaar in die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge (Levitikus).  Dit is ook duidelik dat God nie van stryk gebring word deur teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap nie (Numeri).  In sy genade bring Hy self sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling (Deuteronomium).

Dit is die boodskap van die Pentateug, ook genoem die Tora.  ‘n Mens kan hierdie aspekte van God se genade vir gelowiges as volg in die vyf boeke van die Pentateug raaksien:

  • Genesis begrond die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge. Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal.  Hy het nie net alles gemaak nie. Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word.  Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskap.
  • Eksodus begrond die verhaal van Israel in die hoop van verlossing. Die God van Abraham is ook die God van Moses, Jahwe, wat sy volk deur die trek deur die woestyn uit die slawerny van Egipte verlos en bring na die land van die belofte.  Hy sluit met hulle ‘n verbond waarvan die inhoud in die wet en veral die Tien Gebooie wat op Sinai gegee is, beskryf word.  God se dinamiese teenwoordigheid by sy mense word herstel deur die gawe van die Tora en die bou van die tabernakel.  Sy genade word daarmee sigbaar in die konkrete lewe van die geloofsgemeenskap.
  • Levitikus fokus op verhoudinge begrond op die opdragte van God uit die tabernakel aan Moses, die Levitiese Kode, wat riglyne vir die Groot Versoeningsdag verskaf sowel as die volk se verhouding met God en met mekaar soos beskryf in die Heiligheid Kode. Die fokus van die boek op offers en heiligheid het alles te make met verhoudinge, met God en met mekaar. Sy genade word sigbaar in die verhoudinge van die geloofsgemeenskap onderling en met God.
  • Numeri is saamgestel rondom twee dele van die reisverhaal “in die woestyn” en vertel die verhaal van twee generasies. Die eerste deel vertel die verhaal van die trek van die volk van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land.  Dit eindig met die gebrek aan vertroue van die volk in God om die land in te neem en die begin van die gevolglike verdere omswerwinge in die woestyn.   Die tweede deel fokus op kwessies van leierskap en priesterskap en eindig met die voorbereiding van die tweede generasie om die beloofde land in te neem.  God se genade oorkom die uitdagings wat teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap aan Hom stel.
  • Deuteronomium fokus op die impak van die verlede, hede en toekoms. Dit is opgebou rondom drie “preke” van Moses wat hulle help om te onthou waar hulle vandaan kom, vir hulle riglyne gee om na te luister en uit te leef in ‘n verbondsverhouding met die Here asook vir hulle ‘n profetiese vooruitkyk gee na die lewe in die land waar vertroue op die beloftes van God lewensbelangrik sal wees.  God se genade bring sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling.

Hierdie eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug, gee daarmee dus nie net die agtergrond vir die vestiging van die volk Israel in Kanaän nie.  Die Pentateug – as geheel ook die Tora genoem – vorm ook baie spesifiek die begronding van die lewe van die geloofsgemeenskap in Israel.  Aan die hand van die inhoud van hierdie vyf boeke kon die gehoorsaamheid van die volk van God getoets en beoordeel word.  Die legitimiteit van hulle spiritualiteit en moraliteit is daarom ook telkens aan hulle getrouheid aan die inhoud van dié vyf boeke gemeet, soos dit in die Profete en ander Geskrifte van die OT telkens duidelik word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Genesis


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.