Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte

655804-breathtaking-space-artOns kom by die vyfde en in vele opsigte die belangrikste fase van die verbondsgeskiedenis in Genesis.  Dit is die familiegeskiedenis van Jakob, maar word ook die Josef-siklus genoem, omdat Josef so ‘n belangrike rol in hoofstuk 37-50 speel. Trouens, Josef is die eerste persoon wat in die familiegeskiedenis van Jakob genoem word en is die hoofkarakter waarom dié uitmuntend saamgestelde verhaal wentel.

‘n Mens kan die verhaal in twaalf episodes indeel wat ook die manier vorm waarop ons dit gaan lees:

  1. Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte – Gen. 37
  2. Tamar word in die gelyk gestel teenoor Juda – Gen. 38
  3. Josef weerstaan Potifar se vrou – Gen. 39:1-20
  4. Josef lê drome uit in die tronk – Gen. 39:21-40:23
  5. Josef se lot word dramaties verander – Gen. 41
  6. Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte – Gen. 42
  7. Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle goedgesind sal wees – Gen. 43
  8. Juda pleit vir Benjamin se lewe toe God hulle sonde aan die lig bring – Gen. 44
  9. Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was – Gen. 45
  10. Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef – Gen. 46
  11. Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns – Gen. 47-48
  12. Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms – Gen. 49-50

Josef en sy drome – 37:1-11

Josef se verhaal begin op sewentienjarige ouderdom.  Dit is die jaar 1898 v.C.  Hy word bekendgestel as ‘n klikbek, ‘n witbroodjie en ‘n dromer.

Die feit dat hy slegte stories oor sy broers by sy pa aandra is die enigste negatiewe ding wat in die hele verhaal oor hom persoonlik vertel word.  In elke ander situasie tree hy met groot oorleg en wysheid op, selfs in die toetsing waaraan hy sy broers in Egipte later in die verhaal onderwerp.

Die feit dat hy deur sy pa voorgetrek word met besondere klere is nog ‘n negatiewe ding wat oor hom vertel word, hoewel dit natuurlik sy pa se skuld was.  Dit verklaar die begin van die afkeer wat sy broers aan hom gekry het.  Omdat hulle geweet het dat Jakob liewer vir Josef was as vir hulle kon hulle niks goeds oor hom sê nie.

Die feit dat hy as ‘n dromer bekend gestel word, is egter die eintlike belangrike ding wat oor hom gesê word.  Dit is aan die een kant van uiters groot belang in die verloop van die verhaal. Nie net kom sy drome waar nie, maar sy uitleg van drome is ‘n kontak met God wat in dié verhaal baie meer agter die skerms werk as wat dit die geval was met Abraham, Isak en Jakob.

Trouens, daar is net een geval in dié veertien hoofstukke waar God direk praat met iemand in ‘n visioen, en dit is met Jakob, soos dit vroeër ook gebeur het.  Josef en al sy mense moet staatmaak op die interpretasie van drome om God se wil vir hulle lewe agter te kom.

Die feit dat hy twee keer dieselfde tipe droom kry, al verskil van die detail, vorm later deel van sy insig dat ‘n dubbele droom eintlik net een droom is, soos hy die twee drome van farao interpreteer.  “Die droom het twee keer na u toe gekom omdat die saak vas staan by God.  Hy sal dit binnekort uitvoer.” (Gen. 41:32).

Maar, aan die ander kant het die drome sy broers se afkeer verdiep omdat dit hulle laat dink het dat sy verbeelding op loop gesit het met hom.  “Dink jy dalk jy sal oor ons regeer?” vra hulle hom.  Gelukkig het Josef nie geweet hoe waar dié droom was nie, en het dit op dié stadium net die afguns van sy broers op hom verdiep.

Selfs sy pa was nie baie tevrede met die implikasies van die droom nie en het hom berispe. Asof Josef natuurlik sy eie drome kon bepaal … wat ‘n mens laat besef dat hier iets agter die skerms besig was om te gebeur.  In die donker dade van mense bewerk God die hoop vir die toekoms.

Josef word ‘n slaaf in Egipte – 37:12-36

Josef word dan deur Jakob gestuur om by Sigem te gaan kyk of alles reg is met sy broers en hulle vee.  En ‘n mens besef onmiddelik dat sy pa se beskerming nie daar in die veld enige effek op sy broers sal kan hê nie.  Josef word eintlik vir die wolwe gegooi.

Hy kry sy broers uiteindelik in Dotan, maar loop hom vas in ‘n hinderlaag waar hulle beplan om hom dood te maak.  “Dan sal ons sien wat word van sy drome,” sê hulle.  Ruben beplan om hom te red en stel voor dat hy eerder in ‘n put gegooi word.  Juda besluit egter dat Josef aan die Ismaelitiese/Midianitiese (waarskynlik uitruilbare terme) handelaars verkoop moet word wat op pad Egipte toe was.

So beland Josef in Egipte by Potifar en word die storie opgemaak dat ‘n roofdier Josef opgeëet het tot Jakob se groot verdriet: “Ek sal bly treur oor my seun tot ek by hom in die dood is.” So erg was dit vir Jakob.  Hy sou eers met sy seun verenig word meer as twintig jaar later.

View all posts in this series

Genesis


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: