Skip to main content

Hoe lees ons die verhale in die Bybel?

655804-breathtaking-space-artOns fokus dus in hierdie rondte van die Bybelskool op die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug.  Ek gaan dit hoofstuk vir hoofstuk aan die orde stel.  Ek het drie doelwitte met hierdie manier van lees van die Bybel:

  • Ek fokus op die verstaan van die hoofstuk in sy konteks in die Bybelboek. Daarom gee ek ‘n indeling van die hoofstukke, verklaar sekere eksegetiese elemente wat belangrik is, en probeer die struktuur van die verhaal wat ter sprake is, vir jou oopbreek.
  • Ek gee net ‘n leeshulp vir die hoofstuk; dit is nie ‘n volledige kommentaar op die Bybelteks nie. Daarvoor moet die kommentare geraadpleeg word.  Ek wil daarmee vir jou help om te luister na wat die teks vir jou sê, soos wat die Heilige Gees jou begelei.
  • Ek probeer nadenke oor die Bybelteks stimuleer sodat jy by die betekenis daarvan vir jou lewe kan uitkom. Die Bybel is immers die Woord van God wat gemik is daarop om jou in gemeenskap met ander gelowiges te laat lewe met die oog op die koms van die koninkryk van God.  Ons lewe maak saak vir God.

Hierdie benadering fokus dus op die Bybel se narratiewe karakter.  Dit fokus op die geheel en die wyse waarop die onderskeie hoofstukke en boeke in die geheel inpas.

In die lees van die hoofstukke is dit goed om ‘n mentor van my, prof. Bethel Müller, se onderskeid van drie aspekte van verhale in gedagte te hou in ons lees daarvan.  Verhale in die Bybel het tipies drie eienskappe of kenmerkende karaktertrekke:

  • ‘n Verwysende karakter – ons lees bv. in die Genesis-verhale van die geboorte-ervaringe van die geloof, die oorsprong van geloof. Dit help ons dus verstaan wat gebeur in die God-mens-verhouding.  Só ook die res van die verhale in die Pentateug en regdeur die Bybel.
  • ‘n Onmiddellike karakter – ons kan onsself herken in die verhale, trouens moet onsself identifiseer met die geloofsverhale sodat ons kan deelneem in die werklikheid waarvan dit ons vertel. Dít is dus ook die uitnodiging aan jou om jouself te identifiseer met die wyse waarop die verhaal vertel word en die boodskap van die dele daarin wat jou aanspreek, vir jouself toe te eien.
  • ‘n Illustratiewe karakter – ons hoor in die verhale nuwe lewensmoontlikhede wat ons uitnooi om ons eie oorspronklike geloofservaringe te beleef. Die verhale in Genesis is as’t ware “lewensgroot” illustrasies wat die drakrag en handelingskrag van die geloof aandui.  Dit is dus eweneens ‘n uitnodiging om jou eie pad met God te loop met die verhale as jou begeleidende voorbeelde.

Vir dié wat voorheen ingeskakel het by my manier van lees van die Bybel, sal prof. Bethel se invloed herken in die Lees, Luister, Leef metodiek wat ek telkens beklemtoon, iets wat ek maar onlangs agtergekom het.  Dit is my manier om sy insigte te verwoord, maar daaroor netnou meer.

Met dié drie aspekte in gedagte in die lees van die Bybel is dit vanselfsprekend belangrik dat ons op geen manier hierdie verhale vervang met ons eie weergawe daarvan waarin net die “boodskap” daarvan belangrik is nie.  Ons mag nie die verhale reduseer tot een of meer belangrike dogmatiese boodskappe vir vandag nie, al is die versoeking soms sterk daarvoor.  Ons mag ook nie die verhale ontmitologiseer van hulle konkrete historisiteit – ek bedoel dit in die sin van werklike verhale – sodat ons uiteindelik net met ons eie weergawe daarvan sit nie.

Die verhale moet deeglik gelees word, intens na geluister word, en uiteindelik ‘n neerslag vind in die wyse waarop dit geleef word.

Prof. Bethel spreek daarom sterk kritiek uit op teoloë wat die teks óf verander óf verwerp en nie meer as gesaghebbend in hulle lewe aanvaar nie: “Is dit nie vreemd dat ons in die prediking ons teologiese samevatting, definisie en beredenering van die teks eerder vertrou as die vorm waarin die Heilige Gees dit Self aan ons gegee het nie?” (Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale, bl. 13).

Daarmee bedoel hy dat die finale kanon van die Bybel die vorm is waarin die Heilige Gees God se boodskap aan ons verpak het, en ons sal goed doen om daarmee erns te maak presies soos dit aan ons oorgelewer is.

Dit beteken dat ‘n mens ‘n sterk saak daarvoor kan uitmaak dat die eksegese van verhalende tekste soos die Pentateug daarom die literêre en historiese dimensies van die tekste – die plot, karakters, kultuur en konteks – moet ontdek en analiseer.  Hermeneuties moet ons daarna die vraag vra hoe die hoorder van die verhale vandag kan identifiseer met die fokuspunte of koördinate wat uit die teks na vore kom.

Ons moet in ons besig wees met die teks die punt ontdek waar die verhaal van die teks insny op ons verhaal, in ons ervaringsveld; die punt waar die teks ‘n transparant word vir vandag wat óns verhaal ‘n nuwe inleiding kan gee, sodat óns verhale beslissend verander en beïnvloed kan word; waar ons verhale ‘n nuwe rigting kry.

En dít is hoe ek die Bybel saam met julle gaan lees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Genesis


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda