Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
Dit is duidelik uit Bybelse perspektief dat Noag en sy nageslag die nuwe begin van God met die hele aarde is. In die name van die nageslag van dié drie seuns, Sem, Gam en Jafet, kan die hele ontplooiing van die bekende nasies van daardie tyd gesien word: “Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.” (Gen. 10:32).
Die geslagsregister is duidelik hier geplaas om dit aan Noag se verhaal te koppel, maar kronologies kom dit ná die verhaal van Babel, soos ‘n mens ook aflei uit die verhaal van Peleg, nageslag van Sem, waarvan gesê word: “in sy tyd is die land/aarde verdeel”. Kronologies kom hoofstuk 11 dus eintlik vóór hoofstuk 10.
Die hoofstuk is uiteraard opgebou rondom die nageslagte van dié drie seuns van Noag:
- Die nageslag van Jafet – 10:2-5
- Die nageslag van Gam, in baie meer besonderhede – 10:6-20
- Die nageslag van Sem, waaruit die Hebreërs, onder andere Abraham en Israel gebore is – 10:21-31
Vers 1 is ‘n inleiding en vers 32 ‘n opsommende opmerking.
Dieselfde geslagsregister kom in 1 Kronieke 1:5-23 voor. Genesis 10 het egter meer detail as die Kronis se weergawe. Daar is groter klem hier op die verspreiding van die nasies oor die aarde, ongeveer 70 in getal, wat tradisioneel as verteenwoordigend van al die mensegroepe in die wêreld geneem word. Daar is eintlik 71, maar sommige geleerdes tel nie die Filistyne afsonderlik nie, omdat hulle as deel van die Kaslugiete gelys word. Ander geleerdes tel weer nie vir Nimrod afsonderlik nie.
Die sewentig nasies is natuurlik nie volledig verteenwoordigend van die hele aarde se nasies nie, maar verteenwoordig net die nasies waarmee Israel gereeld te doene gekry het. Sommige geleerdes verbind ook dié getal aan die nageslag van Jakob wat ook ‘n sewentigtal is (Gen. 46:27). Soos Wenham sê: “Israel is thus a microcosm of the wider family of humanity described in this chapter.”
Dit is ook interessant hoe die onderlinge verbintenis van mense met mekaar bevestig word, presies soos Noag dit gebid het, ten minste vir Jafet en Sem: “Mag God aan Jafet ‘n ruim woonplek gee, mag hy welkom wees in die tente van Sem.”
Die nageslag van Jafet – 10:2-5
Gomer word met ‘n groep uit suid-Rusland in die noorde geïdentifiseer wat van Indo-Europese oorsprong was. Magog word geassossieer met Anatolië, hoewel daar baie teorieë daaroor is. Lees my bydrae daaroor by Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk. Die Mediërs, waarvan ons ook in Daniël lees, was min of meer waar Iran vandag is. Die Grieke het aanvanklik aan die kusstreke van Turkye geleef, maar het later ook die huidige Griekeland betrek. Tubal en Mesek was twee nasies in Klein-Asië ongeveer waar Kappadosië vandag is. Tiras is ‘n onbekende volk, hoewel sommige hulle as ‘n seerower volk wat in Klein-Asië gewoon het, beskou.
Askenas word met die Skittiërs geassosieer, maar Rifat en Togarma (miskien naby Haran) is onbekend. Elisa was waarskynlik ‘n naam vir Siprus, Tarsis kan met verskeie plekke geassosieer word (vgl. Jona en Handelinge), die Kittiërs word ook met Siprus geassossieer, en die Rodaners (moontlik eerder Dodana) met Griekeland.
Die hele groep nasies het vernaamlik na die kusstreke versprei, soos Genesis sê: “volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.” Dit dui in die breë op die Middelandse See gebied. Onthou ook dat die Mediërs en Grieke eers in die tyd van die Kronis na die ballingskap die botoon internasionaal gesproke sou begin aangee. Hier word daarom minder inligting oor hulle gegee.
Die nageslag van Gam – 10:6-20
Die afstammelinge van Gam word baie meer volledig aangegee, moontlik omdat Israel deur hulle geskiedenis nader kontak as met die nageslag van Jafet gehad het. Hulle word in vier hoofgroepe aangedui: Kus (Soedan), Egipte, Put (Libië) en Kanaän (Palestina/Israel).
KUS
Al vyf nasies wat uit Kus afgestam het, word met Arabië geassossieer: Seba, Gawila, Sabta, Rama, en Sabteka. Ook Skeba en Dedan.
Nimrod word uitgesonder as die eerste maghebber op die aarde, ‘n dapper jagter, interessant genoeg, ook in die oë van die Here. Daar is selfs ‘n spreekwoord oor hom geformuleer. Sy koninkryk word egter in Mesopotamië beskryf met die name van die groot stede Babel, Erek, Akkad, en Kalne, almal in Sinar, ‘n ander naam vir Babilonië. Hy het ook nog stede gebou in Assirië: Nineve, Regobot-Ir, Kalag en Resen.
EGIPTE EN PUT
Al die name wat hier genoem word, word met nasies geassossieer, soos die meervoudvorme aandui. Nie almal is vir ons bekend nie, soos julle uit die lysie kan sien.
Die nasies wat genoem word, is die Ludeërs (moontlik Libië), Anammers, Lehabeërs (ook moontlik Libiërs), Naftoagiete, Patrosane (noord-Egipte) en Kaslugiete (onbekend) uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane (Kreta, op ander plekke geassossieer met oorsprong van die Filistyne.
KANAÄN
Uit Kanaän het gekom Sidon (Fenisië), en verder ‘n aantal volke waarmee ons veral in die woestyntyd en Intog in Israel te doene gaan kry, Het (die Hetiete wat waarskynlik ‘n gemengde afkoms het), die Jebusiete (vroeë Jerusalem), Amoriete (Sirië), Girgasiete, Hewiete (Kanaän), Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat (al vyf nasies geassossieer met die gebied wat ons vandag kan as Lebanon).
Met verloop van tyd, sê Genesis, het hierdie Kanaänitiese stamme versprei en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa (Filistynse stad) in die rigting van Gerar (in die Negev woestyn) en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. Hierdie laaste vier stede word spesifiek geassossieer met die vervloeking van Kanaän weens sy pa Gam se vernedering van sy oupa Noag, soos dit die geval sal wees met die manne wat die engele wat vir Lot kom besoek wil verkrag, en die gramskap van die Here op die lyf loop (Gen. 19).
Die nageslag van Sem – 10:21-31
Sem se geslagsregister word laaste gelys om dit meer direk te skakel aan dié van Abraham wat net hierna in hoofstuk 12 sal volg. Dit is ook Sem se nageslag uit wie die Messias gebore sou word. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Interessant genoeg word beklemtoon dat sy oudste broer Jafet was waarmee die positiewe verbintenis van Israel met van die ander Meditereense volkere beklemtoon word.
Die nageslag van Sem bestaan uit: Elam (suidelike deel van Iran), Assirië (Mesopotamië), Arpaksad (die voorvader van die groter groep Hebreërs waaruit die nageslag van Abraham kom), Lud (moontlik deel van Assirië) en Aram (Damaskus).
Ons het bitter min inligting oor Us (moontlik dieselfde plek waarvandaan Job kom), Gul, Geter en Mas (Mesopotamië?) nie, die nageslag van Aram.
Uit Arpaksad, die vader van die Hebreërs, het Selag gekom, en uit Selag Heber. Vir Heber is twee seuns gebore, Peleg (die naam beteken “verdeling”, voorvader van Abraham), en Joktan (waarskynlik ‘n deel van Arabië). Van Peleg word verder gesê dat: “in sy tyd is die land verdeel”. Dit verwys waarskynlik na die verstrooiing by die toring van Babel wat in hoofstuk 11 vertel gaan word.
Die Hebreeuse woord vir land is presies dieselfde as die woord vir aarde – êrêtz – en net die konteks bepaal watter betekenis ‘n mens gebruik. Omdat die skrywer op hierdie punt juis met die geslagte in die tyd van die verhaal van die toring van Babel werk (Gen. 11), is dit meer waarskynlik dat hier van die verdeling van die aarde gepraat word. ‘n Mens moet dus miskien eerder vertaal: “in sy tyd is die aarde verdeel.” Kronologies moet hoofstuk 11 dus vóór hoofstuk 10 geplaas word.
Uit Joktan het nog ander nasies gekom: Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal wat almal waarskynlik met Jemen geassossieer kan word. Dan ook Abimael, Skeba, Ofir (die plek bekend vir sy goud), Gawila, en Jobab wat waarskynlik met Arabië geassosieer kan word. Dit geld ook Mesa en Sefar waarvan gesê word dat dit in die oostelike bergwêreld geleë was.
View all posts in this series
- God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe - October 5, 2016
- Die Pentateug
- Hoe lees ons die verhale in die Bybel?
- Lees, Luister, Leef
- Genesis – Die oorsprong van alle dinge - October 6, 2016
- Genesis in sy ontstaanswêreld
- Die verskille oordonder die ooreenkomste
- Indeling
- Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep - October 7, 2016
- Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie - October 8, 2016
- Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde - October 10, 2016
- Genesis 4 – Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood - October 11, 2016
- Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld - October 12, 2016
- Genesis 6 – God is bedroef dat Hy die mens gemaak het, maar begenadig Noag - October 13, 2016
- Genesis 7 – Ek het jou gesien en bevind jou regverdig - October 15, 2016
- Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark - October 16, 2016
- Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens - October 18, 2016
- Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
- Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek - October 19, 2016
- Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys - October 21, 2016
- Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram
- Genesis 14 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog - October 22, 2016
- Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram - October 24, 2016
- Genesis 16 – Abram val vir die versoeking om self ‘n nageslag te voorsien - November 14, 2016
- Genesis 17 – Lewe naby My en wees onberispelik - November 15, 2016
- Genesis 18 – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop - November 16, 2016
- Ekskursus: Kan God van gedagte verander?
- Genesis 19 – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees - November 17, 2016
- Genesis 20 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag - November 18, 2016
- Genesis 21 – Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het - November 19, 2016
- Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien - November 21, 2016
- Genesis 23 – Sara word begrawe in die Makpelagrot as vervulling van die landsbelofte - November 22, 2016
- Genesis 24 – God gee vir Isak ‘n gasvrye vrou wat hom vertroos na die dood van Sara - November 23, 2016
- Genesis 25:1-18 – Abraham omhels die roeping van God enduit - November 24, 2016
- Genesis 25:19-34 – Esau minag sy eersgeboortereg en verkoop dit aan Jakob - November 25, 2016
- Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee - November 26, 2016
- Genesis 27:1-45 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan - November 30, 2016
- Genesis 27:46-28:22 – Die Godsverhouding en die beskerming van die huwelik bevestig die geloofsgemeenskap - December 1, 2016
- Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban - December 2, 2016
- Genesis 31 – Die Here stuur Jakob as ‘n ryk man weer terug na Kanaän - December 3, 2016
- Genesis 32 – Jakob worstel enduit met God en word verander van bedrieër na begenadigde - December 5, 2016
- Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom - December 6, 2016
- Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord - December 7, 2016
- Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het - December 8, 2016
- Genesis 36 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in - December 9, 2016
- Genesis 37 – Josef die dromer word ‘n slaaf in Egipte - December 10, 2016
- Genesis 38 – Tamar tree as verlosser op in Juda se afvalligheid en losbandigheid - December 12, 2016
- Genesis 39:1-20 – Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly - December 13, 2016
- Genesis 39:21-40:23 – Josef lê drome uit in die tronk met God se hulp - December 14, 2016
- Genesis 41 – Josef se lot word dramaties verander van vergete na vrugbaar - December 15, 2016
- Genesis 42 – Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte - December 16, 2016
- Genesis 43 – Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle barmhartig en genadig sal wees - December 17, 2016
- Genesis 44 – Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring - December 19, 2016
- Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was - December 20, 2016
- Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef - December 21, 2016
- Genesis 47-48 – Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns - December 22, 2016
- Genesis 49-50 – Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms - December 23, 2016
- Oor die woord van Sarai - June 20, 2018
Ken
Wat was die tydperk tussen Noag en die Toring van Bavel
Chris van Wyk
Die tydperk tussen Noag en die verwarring van taal by Babel is min of meer 340 jaar as ‘n mens die Bybelse gegewens in die Hebreeuse teks as verwysingspunt neem. Kyk hier vir ‘n bespreking: https://creation.com/images/pdfs/tj/j31_1/J31_1_80-87.pdf