Skip to main content

Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef

Die fokus in die verhaal van Josef skuif terug na sy pa, Jakob, en sal só bly tot aan die einde van die boek Genesis.

Met sy vertrek uit Kanaän bring Jakob ‘n offer aan God by Berseba, die eerste keer dat ons weer só ‘n spesifieke aktiwiteit van aanbidding van hom waarneem.  Let op hoe dié offer baie spesifiek aan “die God van sy pa Isak” gebring word.

Die goeie nuus oor Josef het Jakob se vertroue in God weer laat opvlam, al was daar tye waarin die smart sy lewe só oorheers het, dat hy met minder oorgawe van sy geloof in God getuig het.  Dit sien ‘n mens in die beskrywings van sy smart waarin dit lyk asof hy glad nie met die Here daaroor in gesprek getree het nie, maar net verslae gesit het in sy verdriet (Gen. 37).  ‘n Mens sien dit in sy aanvanklike weiering om Benjamin saam te stuur: “Netnou gebeur daar iets met hom!”  (Gen. 42).  En ‘n mens sien dit in die gelatenheid waarmee hy die tweede keer ingee om Benjamin te stuur, en in sy gebed wel God, die Almagtige, aanroep om barmhartigheid vir sy kinders in Egipte, maar daarby half fatalisties voeg: “En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” (Gen. 43).

Die Here roep daarom in ‘n visioen vir Jakob dié nag en bevestig dat Hy inderdaad die God van sy vader Isak is.  En anders as wat die geval was met Abraham en Isak gee die Here vir Jakob verlof om na Egipte te trek.  Dit is die plek waar die Here hulle nou ‘n groot nasie wil maak voordat Hy hulle almal weer na Kanaän, die beloofde land, sou laat terugkom.

Let op dat Jakob al hoe meer op sy naam Israel genoem word.  Trouens, in vers 8 word sy nageslag die eerste keer in die Bybel “Israeliete” genoem, of soos dit in die grondteks verskyn: “kinders van Israel”.  Die verwagting dat Israel ‘n groot nasie sal word, begin al hoe groter groei.

Waar Jakob se familiegeskiedenis in Genesis 37 net die naam van Josef bevat het, word hier nou al die name van Jakob se kinders en kleinkinders gegee.  Let op hoe die skrywer beklemtoon dat dit al sy seuns en kleinseuns was, ook sy dogters en kleindogters. Die hele familie word saamgevat Egipte toe.

Saam met die familie van Josef in Egipte was hulle sewentig mense altesaam, ‘n simboliese getal van volkomendheid.  Dit herinner ons ook daaraan dat dit oor die familie as geloofsgemeenskap gaan in Genesis en nie oor die individue nie, selfs al speel hulle ook hoe groot ‘n rol in die behoud van daardie geloofsgemeenskap.

Juda speel duidelik ‘n al hoe groter leiersrol en fasiliteer die blye wedersiens met Josef in die land Gosen in die Nyl-delta.  Jakob en Josef het mekaar omhels en: “lank so gestaan en huil.”  Vir Jakob het dit sy lewe tot ‘n volmaakte afsluiting gebring.  Sy wedloop is geloop.  Die stryd is gestry.  Hy kan in vrede saam met sy voorvaders begrawe word.

Josef reël dat dié streek hulle woonplek word, maar die skrywer vermeld wel die afkeur wat die Egiptenare aan kleinveeboere gehad het, ‘n stukkie onheilspellende nuus wat ‘n mens laat besef dat daar nog groot ontberings vir dié Godsvolk sou oorbly voor hulle uiteindelik rus sou kry met die Intog terug in die beloofde land jare later.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Genesis


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda