Die boek Jeremia

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie boek van Jeremia is nie direk deur die profeet Jeremia geskryf nie, maar grotendeels gedikteer aan Baruk, sy sekretaris, soos dit in die boek vir ons aangegee word (vgl. Jer. 32:12; 36:4 vv.; 45:1).  Baruk het ook op gesette tye die inhoud aan die leiers en die volk in die tempel gaan voorlees in opdrag van Jeremia (Jer. 36:8 vv.) en uiteindelik groot dele daarvan herskryf (Jer. 36:32), nadat Jojakim ’n groot deel daarvan verbrand het (Jer. 36:23).

Die Griekse vertaling (LXX) van die boek van Jeremia verskil redelik drasties van die Hebreeuse teks (MT) wat ons vandag in ons Bybels het.  Nie net is dit omtrent ’n agste korter in lengte nie weens die weglating van woorde en frases en soms hele perikope nie (bv. 33:14-26; 39:4-13), maar die orde van die hoofstukke verskil ook.  Die profesieë teen die nasies, hfst. 46-51, verskyn in die Griekse teks reeds ná hfst. 25:13.

Omdat daar onder die Hebreeuse boekrolle van Jeremia wat by Qumran in die veertigerjare van die vorige eeu ontdek is, ook een Hebreeuse rol gevind is wat met die Griekse vertaling ooreenstem, wil dit lyk asof daar ten minste twee verskillende Hebreeuse teks tradisies vir die boek Jeremia in omloop was.  Omdat die LXX deur die vroeë kerk gebruik is, was die korter teks dus waarskynlik die boek van Jeremia wat in Jesus se tyd gebruik is.  Die langer Hebreeuse teks het egter mettertyd voorrang begin geniet, en is dit in ons kanon ingesluit onder andere weens die invloed van Luther wat die MT verkies het.

 

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Pieter de Jager

    Hi Chris, ek het nogal dinge in gemeen met jou. Voel ek ken jou op n manier.
    1 Een van jou digitale vriende is my broer Stefaan de Jager.
    2 Ek het vir jou respek leer kry oor jou afwysing van die gaykultus.
    3 Die Woord is jou passie. Sterkte en seën toegewens met die bybelskool
    4 Ek deel jou voorliefde vir die profeet Jeremia. Ek is juis in hierdie tyd van isolasie met n studie besig oor die boek Jeremia. Ek glo dat hierdie profeet in besonder vandag aktueel is in die verkondiging van die goddelike gerig oor die wêreld.
    5. Julle het n pragtige orrel. Die beste in die suidelike halfrond! Ek self het saam met kweekskool studies ook KOD klasse aan die konservatorium van Stellenbosh geloop.
    Sëenwense vi n mooi bediening.
    Ek is VDM Emeritus in Reddersburg.

    • Hi Pieter, ja ek en Stefaan ken mekaar goed. Lekker om van jou te hoor. Jeremia is steeds baie toeganklik in terme van sy persoon, nie net sy boodskap nie. Hy spreek my aan in sy worstelende getrouheid. Jy is welkom om ons Tennebrae diens môreoggend van 09:00 af op Youtube te luister, want dit het twee koorstukke in waarin die orrel sterk leiding neem: https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw/. Baie seën vir jou ook.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: