Jeremia 28 – Die Here vee Gananja van die aarde af weg

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie teenstand van die profeet Gananja kom in dieselfde konteks van die priesters en die volk aan wie Jeremia se boodskap gebring het.  Let op dat dit in die vyfde maand van daardie jaar gebeur, want in die sewende maand van dieselfde jaar is die oordeel van die Here oor Gananja voltrek (vers 17).

Gananja, waarskynlik ’n Assiriër uit Gibeon, slaan Jeremia se woorde in die wind met ’n profesie dat Nebukadnesar binne 2 jaar verslaan sou word en die tempelgoedere sowel as koning Jojagin sou terugkeer.  In woorde wat duidelik gemik is teen Jeremia se simboliese juk, verklaar Gananja dat die Here die juk van die koning van Babel sal verbreek.

Jeremia antwoord dat hy dit ook graag só sou wou hê, maar die ongemaklike waarheid is dat die Here vas besluit het op die ballingskap.  As daar dan voorspoed sou wees, soos Gananja voorspel, moet dit op een of ander manier bewys word, anders is hy doodgewoon ’n valse profeet.

In die voortslepende onderonsies tussen dié twee – waarin Gananja onder andere ’n juk op Jeremia se nek as simbool van die stelligheid van sy boodskap, gebreek het, en Jeremia op sy beurt dít met ’n ysterjuk vervang het – is Gananja dood as gevolg van sy misleiding, soos Jeremia inderdaad voorspel het, skaars twee maande ná Gananja se eerste weerstand.

Weereens lees ons nie van enige reaksie van Sedekia nie.

Boodskap

Dit is maklik om ná die tyd wys te wees oor die woord van die Here. Om God se woord egter te verkondig vóór daar nog iets sigbaar is van God se beloftes, vat baie meer moed.  ’n Mens doen goed om nie in die Naam van die Here iets te verkondig, as jy nie wéét dit kom van Hom af nie.  Die omgekeerde is natuurlik ook waar. Ás jy iets hoor wat die Here wil hê dat mense moet weet, kan jy die verantwoordelikheid daarvan nie ontwyk nie.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: