Skip to main content

Jeremia 28 – Die Here vee Gananja van die aarde af weg

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie teenstand van die profeet Gananja kom in dieselfde konteks van die priesters en die volk aan wie Jeremia se boodskap gebring het.  Let op dat dit in die vyfde maand van daardie jaar gebeur, want in die sewende maand van dieselfde jaar is die oordeel van die Here oor Gananja voltrek (vers 17).

Gananja, waarskynlik ’n Assiriër uit Gibeon, slaan Jeremia se woorde in die wind met ’n profesie dat Nebukadnesar binne 2 jaar verslaan sou word en die tempelgoedere sowel as koning Jojagin sou terugkeer.  In woorde wat duidelik gemik is teen Jeremia se simboliese juk, verklaar Gananja dat die Here die juk van die koning van Babel sal verbreek.

Jeremia antwoord dat hy dit ook graag só sou wou hê, maar die ongemaklike waarheid is dat die Here vas besluit het op die ballingskap.  As daar dan voorspoed sou wees, soos Gananja voorspel, moet dit op een of ander manier bewys word, anders is hy doodgewoon ’n valse profeet.

In die voortslepende onderonsies tussen dié twee – waarin Gananja onder andere ’n juk op Jeremia se nek as simbool van die stelligheid van sy boodskap, gebreek het, en Jeremia op sy beurt dít met ’n ysterjuk vervang het – is Gananja dood as gevolg van sy misleiding, soos Jeremia inderdaad voorspel het, skaars twee maande ná Gananja se eerste weerstand.

Weereens lees ons nie van enige reaksie van Sedekia nie.

Boodskap

Dit is maklik om ná die tyd wys te wees oor die woord van die Here. Om God se woord egter te verkondig vóór daar nog iets sigbaar is van God se beloftes, vat baie meer moed.  ’n Mens doen goed om nie in die Naam van die Here iets te verkondig, as jy nie wéét dit kom van Hom af nie.  Die omgekeerde is natuurlik ook waar. Ás jy iets hoor wat die Here wil hê dat mense moet weet, kan jy die verantwoordelikheid daarvan nie ontwyk nie.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.