“The human mind is more deceitful than anything else. It is incurably bad. Who can understand it?” I, the Lord, probe into people’s minds. I examine people’s hearts. I deal with each person according to how he has behaved. I give them what they deserve based on what they have done.” (Jer 17:9-10 – NET Bible)
Jeremia maak hier uitsprake oor die menslike kondisie. Hy gebruik die Hebreeuse woord lēḇ (hart) van die mens in sy figuurlike betekenis in vers 9. Daarom word hart daar met “mind” vertaal. ’n Mens kan dit ook vertaal met “character, disposition, inclination, loyalty, concern”.
In die eerste plek, sê Jeremia dus, is ons gedagtes “meer bedrieglik as enigiets anders“, “deceitful” soos dit in Engels weergegee word. Die woord ʿāqōḇ word in die Hebreeus gebruik. Die prentjie wat hierdie woord na vore roep, is dié van ongelyke, stamperige grond wat ‘n mens telkens onkant vang en laat struikel. Jy kan dus nie staatmaak op die integriteit van ander of selfs jou eie gedagtes nie.
In die tweede plek, sê Jeremia, is ons gedagtes “ongeneeslik sleg“, “incurably bad“. Die woord ānǔš word in Hebreeus gebruik. Die prentjie wat die woord oproep, is dat ons gedagtes aan ‘n ernstige ongeneeslike siekte lei, soos dit van Dawid se kind by Batseba gesê word (2 Sam 12:15). Sommige vertaal die woord daarom as “disastrous”! Ons gedagtes is “rampspoedig”!
Daarom, sê Jeremia, kan geen mens ons gedagtes volledig verstaan nie. Dit is bedrieglik en ongeneeslik sleg, rampspoedig.
Die evangelie in die teks is dat God dit kan deurvors en verstaan, sê Jeremia in vers 10. Hy verstaan ook nie net ons gedagtes nie, maar ook ons emosies, dié dinge wat baie keer ons gedagtes bepaal.
Die Hebreeuse woord kilyā (niere) word in vers 10 gebruik vir “hart”. Telkens wanneer kilyā (niere) in kombinasie met lēḇ (hart) gebruik word, dui kilyā op die geheime gevoelens van ’n mens, in onderskeid van lēḇ wat dan op die intellek of gedagtes van die mens dui.
Trouens, God begryp nie net ons gedagtes en gevoelens nie. Hy het die geneesmiddel daarvoor. Die geneesmiddel lê in die vertroue op die fontein van lewende water wat Hy verskaf (vgl vers 13), ’n beeld van die wyse waarop sy Woord ons lewe en gedagtes rig op sy pad. Lees meer by my bydrae: Jeremia 17 – Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand.
Dit is dus net die mens wat sy vertroue op die Here stel, wat na sy wil vra, en dit gehoorsaam wat die noodwendige gevolge van sulke bedrieglike gedagtes en gevoelens kan ontsnap, soos Psalm 1 dit ook so duidelik stel. Die mens wat sy behae in die wet van die Here vind, dit dag en nag oordink: “sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” (Ps 1:3)
In die NT hak Paulus hierby aan in Romeine 12:1-2 en sê dat ons in die eerste plek ons liggame as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer moet gee. Dit is die wesenlike plek waar ons godsdiens begin. In die tweede plek moet ons ons denke laat vernuwe deur dit in gelid te bring met God se gedagtes waarin sy Woord ’n sentrale rol speel. Lees meer by my bydrae: Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig.
Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Elmarie AlliesonEENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
Chris van WykonSpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
Retha RouxonSpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
Chris van WykonPsalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
Japie MartinonPsalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
Chris van WykonGenesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
Louis ScheunonGenesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
Chris van WykonInleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
Betsy BesteronInleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
Chris van WykonHosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
RenieronHosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
Elma BoschonLukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
Onlangse kommentaar