“The human mind is more deceitful than anything else. It is incurably bad. Who can understand it?” I, the Lord, probe into people’s minds. I examine people’s hearts. I deal with each person according to how he has behaved. I give them what they deserve based on what they have done.” (Jer 17:9-10 – NET Bible)
Jeremia maak hier uitsprake oor die menslike kondisie. Hy gebruik die Hebreeuse woord lēḇ (hart) van die mens in sy figuurlike betekenis in vers 9. Daarom word hart daar met “mind” vertaal. ’n Mens kan dit ook vertaal met “character, disposition, inclination, loyalty, concern”.
In die eerste plek, sê Jeremia dus, is ons gedagtes “meer bedrieglik as enigiets anders“, “deceitful” soos dit in Engels weergegee word. Die woord ʿāqōḇ word in die Hebreeus gebruik. Die prentjie wat hierdie woord na vore roep, is dié van ongelyke, stamperige grond wat ‘n mens telkens onkant vang en laat struikel. Jy kan dus nie staatmaak op die integriteit van ander of selfs jou eie gedagtes nie.
In die tweede plek, sê Jeremia, is ons gedagtes “ongeneeslik sleg“, “incurably bad“. Die woord ānǔš word in Hebreeus gebruik. Die prentjie wat die woord oproep, is dat ons gedagtes aan ‘n ernstige ongeneeslike siekte lei, soos dit van Dawid se kind by Batseba gesê word (2 Sam 12:15). Sommige vertaal die woord daarom as “disastrous”! Ons gedagtes is “rampspoedig”!
Daarom, sê Jeremia, kan geen mens ons gedagtes volledig verstaan nie. Dit is bedrieglik en ongeneeslik sleg, rampspoedig.
Die evangelie in die teks is dat God dit kan deurvors en verstaan, sê Jeremia in vers 10. Hy verstaan ook nie net ons gedagtes nie, maar ook ons emosies, dié dinge wat baie keer ons gedagtes bepaal.
Die Hebreeuse woord kilyā (niere) word in vers 10 gebruik vir “hart”. Telkens wanneer kilyā (niere) in kombinasie met lēḇ (hart) gebruik word, dui kilyā op die geheime gevoelens van ’n mens, in onderskeid van lēḇ wat dan op die intellek of gedagtes van die mens dui.
Trouens, God begryp nie net ons gedagtes en gevoelens nie. Hy het die geneesmiddel daarvoor. Die geneesmiddel lê in die vertroue op die fontein van lewende water wat Hy verskaf (vgl vers 13), ’n beeld van die wyse waarop sy Woord ons lewe en gedagtes rig op sy pad. Lees meer by my bydrae: Jeremia 17 – Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand.
Dit is dus net die mens wat sy vertroue op die Here stel, wat na sy wil vra, en dit gehoorsaam wat die noodwendige gevolge van sulke bedrieglike gedagtes en gevoelens kan ontsnap, soos Psalm 1 dit ook so duidelik stel. Die mens wat sy behae in die wet van die Here vind, dit dag en nag oordink: “sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” (Ps 1:3)
In die NT hak Paulus hierby aan in Romeine 12:1-2 en sê dat ons in die eerste plek ons liggame as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer moet gee. Dit is die wesenlike plek waar ons godsdiens begin. In die tweede plek moet ons ons denke laat vernuwe deur dit in gelid te bring met God se gedagtes waarin sy Woord ’n sentrale rol speel. Lees meer by my bydrae: Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig.
Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar