Jeremia as priester-profeet
In teenstelling met die ander veertien Skrifprofete in die Bybel (die drie groot profete: Jesaja, Jeremia, Esegiël en die twaalf kleiner [korter] profete: Hosea, Amos, Obadja, Jona, Miga, Joël, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, Maleagi —Daniël word by die Geskrifte geplaas,hoewel hy in die NT as profeet genoem word: Markus 13:14), weet ons relatief baie van die profeet Jeremia.
Hy was die seun van Gilkija, `n priester uit Anatot (vandag Almon), in die grondgebied van Benjamin, so 5 km noord–oos van Jerusalem (Jer. 1:1). Jeremia was daarom eintlik self `n priester, maar iemand wat die Here vroeg reeds as “profeet vir die nasies” geroep het (Jer. 1:5). Op grond van Jeremia 32 se grondtransaksie, waar Jeremia as losser optree vir een van sy familielede, kan ons ook aflei dat Jeremia `n redelik welgestelde man was.